Toyota US Woordfees
Reckless Daughter: Joni Mitchell: ’n resensie | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-17"Wat is ’n Woordfees sonder die musiekmissionarisse wat ’n ikoon huldig? Kerneels Breytenbach en Danie Marais het ’n besondere kennis van kontemporêre musiek en kan heerlik gesels. Toe bring hulle Desmond Painter aan boord, en siedaar: ’n Wenresep!"
Boesak en die doelbewuste on-onthou | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-17"Meer as Boesak se lewe word só belig, talle helde van wie die name lank nie meer genoem word nie, word vir ’n oomblik weer hardop uitgespreek."
Die vegetariër is spektakulêr en deksels moeilik | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-17"Wat Jaco Bouwer met die stel aangevang het, is reeds die geld vir die kaartjies werd. Gooi dan nog die musiek en die akteurs en die ligte by, dan prut die koue pampoen en die vuurwarm rissies gou vir ’n feesmaal."
Laaste kans: ’n boekebrekfis met Marita van der Vyver
2023-10-17"Hoewel hierdie boek nie ’n Covid-storie is nie, gebeur daar dinge, en op ’n manier is dit tog ’n bewusmaking van die skaduwee van die pes wat oor ons gehang het. Die karakters weet nie wat op hulle wag nie, hoewel die lesers ’n vermoede het ..."
Katvis deur Annelie Botes: ’n boekbespreking | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-16"Dit sou makliker wees om die son te oortuig om in die weste op te kom as om Annelie te oortuig om ’n boek halfpad te los." Maryke Roberts het ’n gesprek met Chris Botes, Annelie Botes se man, gelei. Annelie sterk tuis aan na ’n hele paar operasies en kon nie die fees bywoon nie.
Wegwêreld: ’n Instagram-resensie | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-16"Welgedaan, Parel Vallei; julle vat mens weg. Na ’n goeie, hoopvolle plek toe. Mens wens met jeugdige passie dat die hele land se mense hierdie toneelstuk kan sien."
Persverklaring: Debuutvertoning van My broer, Gertjie by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-13Die filmmaker Niel van Deventer se dokumentêre film My broer, Gertjie is die verhaal van Gert Vlok Nel soos gesien deur die oë van sy broer en grootste ondersteuner, Elias. Die debuutvertoning vind 13 Oktober om 18:00 by die Neelsie Cinema as deel van die Toyota US Woordfees 2023 plaas.
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Danneline Ramsden oor Die antie soek ’n Ben10
2023-10-12"Sommige vroue het ’n baie jong gees en verkies iemand jonger. Sommige vroue hou van ouer mans en dis hulle persoonlike voorkeur. Soms voldoen mans en vroue nie aan mekaar se verwagtinge nie en dan het dit niks met ouderdom te doen nie."
Elmarié Dercksen gesels oor "You had me at hello": ’n 2023 Toyota US Woordfees-gesprek
2023-10-11"Ons almal het sulke 'You had me at hello'-oomblikke met boeke: daardie openingsin wat jou asem wegslaan, jou boei om verder te lees, en jou bybly lank nadat die boek toegemaak is. Dit verklap baie van die skrywer se stem en styl ook."
Die vorm van verlies: Gielie Hoffmann gesels met Eben Venter oor Decima by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-10"Wat deurentyd roerend was tydens hierdie boekgesprek, was hoe hierdie grootse dier, Decima – in al Eben Venter se vertellings en vorme van haar – die skrywer steeds bewoë laat."
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Dis Zamar lekker
2023-10-09"Musiek bring mense bymekaar oor grense wat andersins nie met net woorde oorskrybaar is nie."
Persverklaring: Wenner van die Toyota US Woordfeeskortverhaalkompetisie 2023
2023-10-09Die wenner van die Toyota US Woordfees-kortverhaalkompetisie van 2023 is nou bekend.
Tuis ek’s liefie by die Toyota US Woordfees 2023: ’n Instagram-resensie
2023-10-09"Gaan kyk dit, dink na. En gaan praat met jou ma, jou kind, jou man, jou vrou, jou partner. Hoekom tree ons op soos wat ons binne ons verhoudings optree – jaar na jaar na jaar?"
Windroos by die Toyota US Woordfees 2023: ’n Instagram-resensie
2023-10-09"Sonder vooropgestelde verwagtinge is ek totaal deur Windroos oorweldig. Boonzaaier se beeldryke innovasie met sy programmatiese nabootsings van die wind in bo- en ondertone in die overture, sowel as die soortgelyke reënmotiewe in 'Weskuswind', kleur die tekstuur in sagte, sensitiewe skakerings, wat ’n gevoel van teerheid oordra."
Persverklaring: Max du Preez lewer die eerste PEN Afrikaans-lesing oor die stand van mediavryheid in Suid-Afrika by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-06Die veteraanjoernalis, analis en kommentator Max du Preez sal praat oor die verskillende gedaantes van Vrye Weekblad teen die agtergrond van uitdagings vir uitdrukkingsvryheid waarmee hulle deur die jare te doen gekry het.
Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Luna Paige oor haar optrede saam met die Zolani-jeugkoor
2023-10-06"Wat is die belang vir gehore? Wel, eerstens, topklas vermaak. Hoendervleismooi harmonieë. My musiek soos hulle dit nog nooit gehoor het nie. En laastens, maar nie die minste nie, die geleentheid om die Zolani-jeugkoor te leer ken en moontlik in die toekoms te kan ondersteun, of hulle uit te nooi om by ander geleenthede te kom optree. Op die ou end wil ons almal gesien en gehoor word."
Press release: Luna Paige shares the stage with the Zolani Youth Choir in her show Saam (all)een at Toyota US Woordfees 2023
2023-10-05The highlight of the show promises to be the long-awaited collaboration between Luna Paige, composer and choir arranger Franco Prinsloo and the Zolani Youth Choir. Paige met the choir leader, Mr Odwa Mvunga, many years ago. After meeting and sharing the stage with Franco Prinsloo at Woordfees 2022, and reconnecting with the Zolani Youth Choir at the Montagu Art Deco Festival earlier this year (2023), she decided the time was right to invite this community youth choir to join her on stage.
Die Kaappunters by die Toyota US Woordfees 2023: "Ons sing oor versoening," vertel Riku Lätti
2023-10-04"Die Kaappunters is protesmusiek, maar dit is ook bedoel om protesmusiek te wees op so ’n manier dat dit eintlik vermaaklik (ook) moet wees. Met die Kaappunters wil ons eerlik praat met mekaar, want dit is deur hierdie stilte waar die bose mense die oorhand kry en mense vyandig maak, in die naam van die Afrikaner, die sogenaamde wit Afrikaner, teen die res van die land. Dit is nie wat ons wil hê nie. Ons is groter, ons is saam met die res van Suid-Afrika."
Hans steek die Rubicon oor: ’n filmresensie
2023-10-03"Jare lange ervaring en opgeboude kennis word opsy geskuif oor ’n oom nie ’n slimfoon kan werk nie, of ’n tannie gehoorapparate nodig het. Ons ontneem hulle van hul waarde, maar beroof onsself van ’n kans om te leer. Ons het werk om te doen." Lees Réney Warrington se resensie van hierdie film wat ook by die Toyota US Woordfees 2023 vertoon word.
Bygewerkte, chronologiese program | Die EasyEquities-skrywersfees | 9–14 Oktober 2023 | Toyota US Woordfees
2023-10-03Enkele wysigings het plaasgevind. Laai die bygewerkte en chronologiese program van vanjaar se EasyEquities-skrywersfees by die Toyota US Woordfees 2023 hier af.