Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Luciferpsalm

Johan Martin T Labuschagne Poësie 2017-01-18

"gevleuelde, gevalle kind
van (r-)ewolusie,
jy ken die hel van die Hemel ..."

Op ’n skemeraand so koel soos trane

Jaco Fouché Poësie 2017-01-11

“Haar gesig was goedhartig, ’n stoel by ’n vuur,
Haar lyf nou slank: chef de partie op dieet.”

Mens

Jaco Fouché Poësie 2017-01-11

“Wat is verkwisting as dit nie hierdie vrees om elfuur in die aand is nie?
Wat is vrees as dit nie oor verlies gaan nie?”

Dankie dat ek nie soos hy is nie

Johan Gericke Poësie 2016-12-20

"toe antwoord hy
en die haan kraai drie maal vir my,
want eers toe herken ek Hom"

Gewyde (offer)gawes

Francois Meyer Poësie 2016-12-20

"met my gewyde gawes is die olyftak
uit jou mondheiligdom geneem"

Hooglied

Sunelle Geyer Poësie 2016-12-19

"Ek voel Jou in die dag se dinge
soos ’n Roy Starke
borduurkant na binne
karos om my gedraai"

Nelspruit

Elna van Niekerk Poësie 2016-12-12

"Nelspruit is nie meer
in die grotte
en diere
en die avo’s en mango’s ..."

Tarentaal

Elna van Niekerk Poësie 2016-12-12

"as daar ’n tarentaalveertjie in my tuin is
moes daar ’n tarentaal gewees het"

Ter vye van oorlewing

Gideon C du Toit Poësie 2016-12-09

"Met die draai van die seisoen
het die boom begin bot"

Beloofde land

Vincent Oliphant Poësie 2016-12-09

"Toe het hy ’n oomblik weggekyk
en sy leiers het hom verlaat"

Die werker

Vincent Oliphant Poësie 2016-12-09

"Met sy kosblik soos ’n Bybel onder sy arm
wag die werker in die oggendskemer"

die skedel breek oop

Susanne Pike Poësie 2016-12-09

"die skedel breek oop
die nasie lag"

Op hierdie mense en dinge, dan

Jaco Fouché Poësie 2016-11-28

"Op die deurnaggeselser, die slow dancer met die jean wat afsak, die gapende kroegmeisie."

Vir ’n sterfling

Jaco Fouché Poësie 2016-11-28

"Nou aan die einde van ’n lewe
vol swoeg en sonde
moet jy die drumpel oorsteek ..."

I thought it was you

Sue Woodward New writing 2016-11-25

"... my eyes were tired
from the glare of dark men"

screensaver

Sue Woodward New writing 2016-11-25

"I choose a leatherback
with whimsical face
and remember
that turtles are our myth"

under the bridge

Sue Woodward New writing 2016-11-25

"and the footsteps of the people with jobs
hurrying past the sleepers"

11 Kwatryne deur Johann de Lange

Johann de Lange Poësie 2016-11-23

"Drie dik polieste dromend op ’n ry,
’n vierde het elders sitplek gekry:
soos die Butcher Boys van Alexander
is elk vlesig deur sy droom verander."

’n Kissie as

Johann de Lange Poësie 2016-11-23

"op ’n reëngrys dag moet jy
kaalvoet die water in by Drieankerbaai"

My hart is ’n soutpilaar

Caren Kearley Poësie 2016-11-18

"Hier moet jy my nou alleen los
buite die hekke van jou hel
in my triestige verdrietige bouval."

Top