Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Spookradio 302 FM

Eugene Pienaar Slypskole 2022-11-17

Lees die finale weergawe van Eugene Pienaar se storie, "Spookradio 302 FM". Hy het deelgeneem aan die LitNet-slypskool Om te skryf.

Geld kan nie als koop nie

Stefaans Coetzee Slypskole 2022-11-17

Lees die finale weergawe van Stefaans Coetzee se storie, "Geld kan nie als koop nie". Hy het deelgeneem aan die LitNet-slypskool Om te skryf.

’n Gebed en die wasmasjien

Stanley Cierenberg Fiksie 2022-11-10

"Ek kyk na haar, dan na die twee wasmasjiene en lag.
 'Jy moenie lag nie, dis waar.'
'Is waar, Ousus, ons mense moet tog leer om reg te bid. Dinge kan soveel beter wees.'"

Droomvanger

Antoinette Venter Fiksie 2022-10-13

"Sy verbeel haar die droomvanger wat sy bo die matras vasgemaak het, knipoog toe sy sê: “Seun, van vandag af is ek en jy nie meer niemand nie. Ons is Nickie en Jan-Frederik Bothma van Kamp Daisy."

Skrikkelwraak

Jannie van Niekerk Fiksie 2022-09-15

"Die koerante het my die 'skrikkeljaar-reeksmoordenaar' gedoop. Dit is seker gepas, al het ek tot dusver oor ’n tydperk van twintig jaar nog net drie mense doodgemaak en is daar nog net een moord oor."

My fok, George

Sidney Gilroy Fiksie 2022-08-04

"Buitekant woer die enorme kragopwekker rustig voort. Hy glimlag vir sy sekretaris wat oorkant hom met ’n dagboek in die hand staan. ’n Goue pen sweefhang oor die bladsye."

’n Nuwe klimaat

Andries Visagie Fiksie 2022-07-24

Andries Visagie skryf ’n kortverhaal: "Die professor gee gehoor aan Blaine van Wyk. Hy gee gehoor aan die oppertouleier se vaderlike aanbeveling. Hy gee gehoor aan prof Callie Steenkamp se ystereis. Werwelend stuur hy sy terugtrekking, sy onvoorwaardelike jammerlappie, sommer ook sy bedanking uit die Letterkundekommissie die überruim binne allie pad na Centurion."

Lottomiljoenêr

Jannie van Niekerk Fiksie 2022-07-06

"’n Bekende handelsbank wat my op die swartlys vir krediet geplaas het, wil ewe skielik my geld vir my belê teen ’n verstommende hoë rentekoers."

Die rooi tekkies

Hendie Grobbelaar Fiksie 2022-05-25

"Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem. Onskadelik."

Nonnetjie van Aardt se laaste dag op aarde

Maretha Maartens Fiksie 2022-05-24

"Mans is ons gewoond, het sy nog gedink. Hulle is ons handigheid, ons geskrop en gemop gewoond. Hulle staan aan die ander kant van die streep en los ons op die terrein wat ons vir onsself afgebaken het, hulle ten goede."

Wind

Anton Döckel Fiksie 2022-05-23

"In die stormwind moes Aaron uit sy kamer kom om die windpomp te gaan vasmaak, want die dam loop oor. Die windpomp skree: Wat draai jy my arm so agter my rug in op? Ons loer deur die gordyne; bang dat Windvoёl ons sal sien. Aaron loop koes-koes; hy is ook bang. Golwe waai oor die dam se walle. So moet die see seker lyk, sê Sussie, net groter ... baie groter. Maar rond, sê ek."

Hipoksie

Adelle van Wyk Fiksie 2022-05-20

"Elizabeth, dit is onnodig om so plat te praat. Dié sou sy nou al moes gehoor het oor die kussingsloop as Ester se praat nog gewerk het. Pal is sy reggehelp, asof háár Afrikaans vuil skollegoedwater is."

Duine

Johann Crous Fiksie 2022-05-19

"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms gestaan het."

My broer Japie

Jan Daniels Fiksie 2022-03-22

"Eendag in die winter het Japie koud en nat uit eie beweging by die huis aangekom. Maar hy was nie alleen nie. Daar was ’n vrou saam met hom. My ma het toegesien dat Japie en sy metgesel hulself versorg, droë klere aantrek, en vir hulle kos gegee om te eet."

Mooi Berta

Ferdi Wheeler Fiksie 2022-03-03

"Mooi Berta, haar ou stralende self, was laaste om die lesinglokaal te verlaat – net voor die professor, wat eers sy tas moes pak. By die deur het sy haar lang wimpers vir hom gefladder en mooi geglimlag en sy ou hart bly gemaak."

Kommadagga-kortverhaal: "We breathed"

Jodie Groener Fiksie 2021-11-29

"Toe Danielle bykom, lê sy in die gras op ha maag. Haar gesig is dik en warm. Sy kyk in die rigting van Perry se stem. Danielle sien waar sy op haar rug lê. Outjie skyn ’n phone lig op ha." – Lees Jodie Groener se Kommadagga-kortverhaal.

Kommadagga-kortverhaal: "Eendag is eendag"

Kenneth Williams Fiksie 2021-11-17

"Ek het my kombuisie en twee kamers uitgemeet met ’n stok en ge-imagine die furniture binne-in die vertrekke." – Lees Kenneth Williams se Kommadagga-kortverhaal.

Kommadagga-kortverhaal: "As Daddy maar net kon weet"

Daylen Tobias Fiksie 2021-11-11

"Deesdae het jy nogal ’n houding." Hy spoel sy hande af. "En moetie eers van die ander storie praat nie." – Lees Daylen Tobias se storie waaraan sy by LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool in Somerset-Oos gewerk het.

Die proefleser

Christo Meyer Fiksie 2021-10-26

"Hoe durf hy? Ken hy my agtergrond? Ek was vir baie jare ’n taalonderwyser. Dis op aandrang van ’n goeie vriend in die uitgewersbedryf dat ek my op proeflees begin toespits het. Sommige mense is nou maar eenmaal net ondankbaar en klaar. Hy is natuurlik ontevrede oor ek sy werk so skerp gekritiseer het."

Met my oë

Ronel Bester Fiksie 2021-10-19

"Kan ek deur jou oë kyk en jy deur myne? Dan sal jy kan sien en verstaan dat ek nooit gekies het om so te kyk nie."

Top