Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk
2017-11-20"Die taalgebruik is deurgaans verruklik. Elke woord is perfek op sy plek. Daar is geen irriterende maniertjies, mooiskrywery, herhaling of clichés nie."
Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n resensie
2017-11-17"Lees gerus Shéri – Nes ek is – dit sal jou nuut en anders na mense met gestremdhede en jou eie lewe laat kyk."
Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald: ’n resensie
2017-11-15"Terreur in Kaboel vertel die hartverskeurende verhaal van ’n vrou wat haar man, seun en dogter in ’n wrede terreur-aanval in Afganistan verloor."
Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n resensie
2017-11-15"Hy het ’n meesterlike en kompakte speurverhaal saamgestel met geen pretensie nie, en dan is dit nog almal se gunsteling-speurder, Bennie Griessel, wat die vreemde moord van die verbleikte lyk moet oplos."
Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge: ’n lesersindruk
2017-11-15"Vreedsame revolusie is nie ’n omvattende studie van die tydperk onder bespreking nie, en neem meer die vorm aan van die verhaal van een persoon se herinneringe, hoewel die skrywer ook deur middel van voetnote ’n wetenskaplike geurtjie aan die publikasie verskaf."
Wilde klawer deur Vita du Preez: ’n resensie
2017-11-14"Wilde klawer slaag daarin om jou deurlopend te boei en inderwaarheid as gevangene te hou totdat antwoorde ontknoop en McKenna die geheime van lank gelede ontsyfer."
Queen of the Free State deur Jennifer Friedman: ’n lesersindruk
2017-11-14"Die omslag en titel van Jennifer Friedman se 'memoires' het dadelik my aandag getrek; die boek stel nie teleur nie en die outobiografiese vertellings is nie selfvertroetelend nie."
Die goddelike komedie. Liefde laat die son en sterre sing: ’n resensie
2017-11-10"Die goddelike komedie slaag uitmuntend daarin om La Divina Commedia uit die Middeleeue te gaan uithaal, en dit lewendig en in Afrikaans in die 21ste eeu te laat sing."
Tussen vriende deur Derick van der Walt: ’n resensie
2017-11-09"Tussen vriende hanteer, behalwe die tema van vriendskap en verhoudinge, ook temas soos ontrouheid, kanker, kinders wat oorsee bly, ouderdom en siekte, kinders wat na hulle ouers moet omsien, die besluit om te emigreer of nie."
Hoë hakke met hoogwater deur Jacolet van den Berg: ’n boekbespreking
2017-11-07"Hoë hakke met hoogwater is in die geheel ’n aangename leeservaring met optimale karakterontginning en die uiteenlopende perspektiewe op menswees en temas as sterkpunte."
Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge deur Niël Barnard
2017-11-06"Miskien is dit omdat ek ’n politieke dier is, maar ek kon dit nie neersit nie. ’n Ware 'page-turner'."
geskoei deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie
2017-11-01"Hy is nou duidelik, soos hy dit noem, ’n ou toppie, uncle. Maar hier is nie juis selfbejammering nie. Nee, daar’s kort besinnings en ook kort-kort humor en ’n geesdriftige lewensblyheid."
Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n resensie
2017-10-31"Van Niekerk help ons om ’n spieël voor die leser te hou, nie alleen die spieël rakende jou eie sterflikheid nie, maar ook die spieël gegewe jou reaksies en optrede met betrekking tot ander se lyding, sterwe en dood."
My storie van hoop deur Hykie Berg: ’n resensie
2017-10-31"Dit het my laat dink aan die probleme van ons land in Suid-Afrika: hoë werkloosheidsyfers, mense wat hoop soek in bottels en hole met tik en dagga, mense sonder rigting. En ek wens ek kan in elkeen se hand ’n Hykie-hoopboek stop sodat hulle kan lees van die ander kant en dat dit 12 baie presiese nuanses van stappe kos om die lig te sien."
Gister is verby deur Juanita Aggenbach: ’n resensie
2017-10-31"Die uitbeelding van kanker en kankerbehandeling wys daarop dat dit jou hele lewe oorneem en dat daar ’n fisieke en ’n psigiese dimensie daaraan verbonde is. Dit is veral ’n verhaal van oorwinning oor borskanker."
Die Boendoesbaai-ding deur Rudi Venter: ’n resensie
2017-10-31"Anders as die tradisionele speurverhaal is hier nie ’n moord in die ware sin van die woord betrokke nie en kan hierdie speurverhaal die grondslag lê vir die jong leser om speurverhale te geniet."
Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 deur Johan Bergh: ’n resensie
2017-10-31"In die finale instansie sal die versameling toesprake en korrespondensie in Johan Bergh se boek vir navorsers van groot hulp wees omdat hulle nie meer in ’n groot verskeidenheid van bewaarplekke en publikasies daarvoor hoef te gaan soek nie, en daardeur is ’n ontsaglik groot diens aan die geskiedeniswetenskap bewys."
Uit die Beek deur Barend Vos: ’n resensie
2017-10-27"Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel."
Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
2017-10-26"Met Boereverneukers volg Du Plessis sterk in die spore van sy voorgangers, die joernalis-historici, en lewer hy ’n aangename bydrae tot die Afrikaanse boekeskatkis."
Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie
2017-10-26"’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..."