NB-Uitgewersportaal

NB-Uitgewers is die grootse plaaslike algemene uitgewery in die Suid-Afrikaanse boekemark en is die markleier in volwasse fiksie, kinder- en jeugboeke en niefiksie. NB Publishers is the largest general publisher in the South African book market, and the leader in adult fiction, nonfiction and children’s and youth fiction.
 

Bekendstelling van Rykdom in eenvoud

2012-07-31 Die skrywer Willem Nicol gesels hierdie Augustus tydens die bekendstelling van sy jongste boek, Rykdom in eenvoud, oor die oplossings vir ’n gejaagde lewe.

Boekbekendstelling: Kry my by die gewone plek aguur

2012-07-31 Michiel Heyns sal op 15 Augustus by The Book Lounge met Loftus Marais gesels by die bekendstelling van die digter se jongste bundel, Kry my by die gewone plek aguur.

Dink soos 'n wenner: Koelkop-bekendstelling

2012-07-30 Die sportsielkundige Jannie Putter se jongste boek, Koelkop, word op 15 Augustus by die Centurion Mall bekendgestel.

Om en om en om die gedagte van geel

Bibi Slippers 2012-07-27 Bibi Slippers het die onlangse bekendstelling van Petra Müller se jongste bundel, om die gedagte van geel, bygewoon.

Bloedfamilie deur MS Burger

2012-07-26 MS Burger se debuut kortverhaalbundel vorm ’n tematiese eenheid wat, soos die titel aandui, rondom familie gesentreer is.

William Gumede se Restless Nation: Making Sense of Troubled Times

2012-07-26 ’n Ontleding van hedendaagse Suid-Afrikaanse politieke kwessies deur William Gumede.

Bekendstelling van ’n Klein lewe deur Wilna Adriaanse

2012-07-26 Moet nie die bekendstelling van Wilna Adriaanse se jongste roman op 2 Augustus by die Exclusive Books in Tygervallei misloop nie.

Bitch, Please! I’m Khanyi Mbau verskyn binnekort by NB-Uitgewers

2012-07-20 In dié biografie onthul die sepiester Khanyi Mbau alles oor haar kortstondige huwelik as 19 jarige met die miljoenêr Mandla Mthembu en haar affair met die sakeman Theunis Crous.

Bloots, saamgestel deur Peter van Noord en Karin Eloff

2012-07-18 "Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons."

Joe Speedboot deur Tommy Wieringa

2012-07-10

Die dertienjarige Fransie, verlam na ’n fratsongeluk, raak bevriend met Joe Speedboot, ’n seun met baie planne en ’n wil van staal.

Storieman Omnibus 1 in Augustus beskikbaar

2012-07-10 Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in.

Lokprent: Boereoorlogstories 2, saamgestel deur Jeanette Ferreira

2012-07-05 Die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 is helderder as ooit in die Afrikaanse leser se geheue. Verkope van die eerste bundel, getitel Boereoorlogstories, het alle verwagting oorskry en het reeds 'n tweede druk van die tweede uitgawe daarvan genoodsaak.

Lokprent: Mieke rock uit deur Jana du Plessis

2012-07-05 Geskei op 25, en dít met net 'n BA-graad op haar naam. Wat op aarde gaan Mieke met haarself maak?

Bekendstelling van Petra Müller se nuwe digbundel

2012-07-05 Petra Müller se <em>Om die gedagte van geel</em> word op 18 Julie by The Book Lounge bekendgestel.

Nuut by NB-Uitgewers dié Julie

2012-07-02 Hier is ses nuwe titels van NB-Uitgewers om die koue uit te hou.

Lokprent: Rodriguez deur Piet van Rooyen

2012-06-29 Spanning uit die boonste rakke deur ’n bekroonde skrywer.

Lokprent: 'n Klein lewe deur Wilna Adriaanse

2012-06-29 Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is.

Bekendstelling: Eindstryd

2012-06-21 Eindstryd deur Willie Esterhuyse word Dinsdag 3 Julie by The Book Lounge bekend gestel. Henry Jeffreys sal die gesprek voer met Esterhuyse.

Lokprent: Boerekryger deur Albert Blake

2012-06-21 Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, 'n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf.

Go'el Yisra'el - Verlosser van Israel boekbekendstelling met Hebreeuse ontbyt tydens Vryfees: 11 Julie 2012

2012-06-19 Lux Verbi nooi jou vriendelik uit om ’n heerlike Hebreeuse ontbyt saam met skrywer Marzanne Leroux-Van der Boon te kom geniet.
Top