Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2022-10-20Is jy in graad 9 en wonder jy hoe jy die munte in jou spaarvarkie vir die feesseisoen kan laat vermeerder? Die geldsomme in hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gaan jou dalk nie daarmee kan help nie, maar dit sal jou in staat stel om deeglik voor te berei vir jou vierde-kwartaal-eksamen. Daarna kan jy met ’n geruste hart gaan vakansie hou.
Onderwyshulp en leesbegrip: Johan Anker beantwoord lesers en opvoeders se navrae
2022-10-19’n Onlangse artikel oor skoolkinders se onvermoë om behoorlik te lees het aandag getrek en lesersnavrae ontlok. Hier beantwoord Johan Anker die navrae.
Graad 11: Wiskundige geletterdheid – tweede vraestel en memo
2022-10-13As jy in graad 11 is, weet jy dat Wiskunde meer as net kinderspeletjies is. Stuur jou ouers om die magnetiese getalle op die yskas te gaan rangskik, graad 11-leerder, want LitNet bied hulp vir jou. Gebruik Lee-Ann West se oefenvraestel en memo om jou aan die begin van die kwartaal met jou Wiskundige geletterdheidshersiening help.
Graad 10: Wiskundige Geletterdheidsvraestel en -memo, hersiening
2022-10-04Is jy in graad 10 en spandeer jy gedurende die skoolvakansie eerder tyd in die kombuis as voor jou boeke? Hierdie Wiskundige Geletterdheidsvraestel deur Lee-Ann West kan jou wys hoe om Wiskunde in alledaagse omstandighede te gebruik – soos wanneer jy besig is om resepte uit te werk om kos vir jou maats te maak. (Wanneer die skool weer begin, gaan dit jou ook help. Dan het jy reeds ’n voorsprong met jou voorbereiding vir die laaste kwartaal!)
Onderwyshulp: Hoe wyd lê die betekenis van lees? Die toepassing van metakognisie en modellering
2022-10-04"’n [M]ens kan ’n hele sin vlot en vloeiend lees, maar nog altyd niks daarvan verstaan nie." Is jy ’n onderwyser of opvoeder wat agterkom dat kinders sukkel om met begrip te lees? Johan Anker se artikel het raad.
Nuwe Alles-In-Een Graad 1, 2 en 3: Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboekoefeninge
2022-09-27Is jou kind in graad 1, 2 of 3 en neem hulle Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die skool? Best Books, ’n druknaam van NB-Uitgewers, deel hierdie week gratis oefeninge uit hul werkboeke om vir LitNet-lesers ’n voorsmaak te gee van wat hulle in hierdie boeke kan aantref.
Graad 10: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-09-27Dis amper tyd vir die lente-vakansie! As jy in graad 10 is, moenie toelaat dat Wiskunde vir jou hooikoors gee nie. Laai Lee-Ann West se vraestel en memo gratis hier af en laat dit jou van jou kwale genees.
Graad 4: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal
2022-09-27Lente is in die lug! Voordat jy begin dink skool is vir die voëls, hersien vir oulaas jou Wiskunde met Lee-Ann West se vraestel en memo. Dis spesiaal opgestel vir leerders in Graad 4.
Reguit met Robinson: Dissipline in die klaskamer
2022-09-22Te oordeel aan nuusberigte, word dissipline in die klaskamer ’n al hoe groter probleem. Daar is voorvalle van onderwysers wat geïntimideer, selfs aangerand word. Freek Robinson het gaan kers opsteek by twee mense wat daagliks hiermee te doen het. Santie van der Merwe is ’n kliniese sielkundige en Faeed Amardien is ’n onderwyser.
Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-19Is jy in graad 8 en kan jy nie meer wag vir die blaaskans voor die vierde kwartaal nie? Hierdie Afrikaans Huistaal-vraestel deur Eugene van der Westhuizen kan jou deur die laaste voorbereiding van die derde kwartaal se toetsreeks laat skaats.
Graad 11: Wiskundige geletterdheid – vraestel en memo, derde kwartaal
2022-09-15As jy na die getal kyk, voel dit jy sien al dubbel van al die spanning gedurende jou toetsreeks? Jy hoef nie jou oë te laat toets nie, graad elf-leerder, want LitNet bied hulp. Lee-Ann West se oefenvraestel en memo kan jou met jou toetsreeks se Wiskundige geletterdheidsvoorbereiding help.
Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede
2022-09-14"My droom is dat elke leerder in Suid-Afrika ’n kwaliteitopvoeding sal ontvang, ongeag die area waarin hulle woon. Net omdat dit ’n no-fee-skool is, beteken dit nie dat hierdie leerders nie kan presteer nie. As jy vir ’n kind die geleentheid skep, en jy maak die commitment om saam met hulle die pad te stap en altyd hul nommer-een-ondersteuner te wees, selfs na skool, kan enige kind presteer."
Die inspirerende onnie agter Kakamas se tienertoneelprestasies
2022-09-08"Met 240 leerders is ons ’n klein skool, so almal moet alles doen, of daar is niks. My beste akteurs en aktrises is rugbyspelende landbouseuns, die kaptein van die hokkiespan, die dux-leerder …" – Ontmoet vir Barnie Mans, die onderwyser van Kakamas wie se tienertoneelgroep die land aan die brand speel.
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 8 en wonder jy wat het hierdie Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets deur Dewald Koen met die prys van eiers te doen? Nogal baie! Dit kan jou gedurende die toetsreeks help met jou voorbereiding. (Dit het ook met die prys van aartappels te doen, maar jy gaan die toets gratis hier moet aflaai om te sien waarom dit so is.)
Graad 9: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal
2022-09-06Is jy in graad 9 en het jy geweet dat ’n TV in die ou dae hierdie beeld as ’n toets vertoon het as die uitsending nie wou slaag nie? Moenie ’n outydse TV wees nie! Gebruik Dewald Koen se toets en slaag Afrikaans Eerste Addisionele Taal sonder onderbrekings!
Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal-taaltoets en memo
2022-09-01’n Vraag oor ’n sin se struktuur
Maak die graad 8-klas so suur.
Die onnie geniet dit terdeë
Dat LitNet gratis hulp gee
Om hul punte die hoogtes in te stuur!
Verrykingswiskunde met Pieta van Deventer: Cantor met sy oneindige aantal punte met nul maat
2022-09-01Nul is nie niks nie! Lees hierdie artikel om uit te vind wat dit beteken.
Vlooi en die geheim by die Kunstekaap: ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Marinda Engelbrecht
2022-08-25"Vir 60 minute laat ons kinders vergeet van die moontlike swaarkry en seerkry van die lewe. Ons laat hulle die magic en mooi ervaar."
Graad 7: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo, derde kwartaal
2022-08-19Daar was eens ’n graad sewe
wie se broek nie kon ophou bewe.
Sê LitNet: “Hierdie Afrikaans-vraestel kan jou red!
Laai af en werk uit; dis boonop groot pret!
Jy kan na volpunte strewe."
Persverklaring: Vlooi vier sy verjaardag en is terug op die planke | Press release: Kipper and his friends are back!
2022-08-19Aangesien Vlooi talle skole se voorgeskrewe leesreeks is, is dit werklik ’n wonderlike ervaring vir die grondslagfase om die karakters in lewende lywe in die Kunstekaap te aanskou. Hier is ook inligting oor kaartjieverkope.| Kipper is the prescribed reading series at many schools, and it is therefore a wonderful experience for the foundation phase to see these characters performing live on stage at the Artscape. Find out where to buy tickets.