Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-15

Is jy in graad 9 en laat die algebraïese formules jou kop draai? Hierdie gratis oefenvraestel en memo wat deur Lee-Ann Langeveld vir LitNet opgestel is, mag dalk ’n towerformule bevat wat jou die werk beter sal help verstaan. Laai die vraestel en memorandum gratis hier af.

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-11-09

Is jy in graad 8 en kyk jy eerder na die Krieketwêreldbeker as om vir jou eindeksamen voor te berei? Met behulp van hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy albei doen: voorberei vir jou eksamen én op hoogte bly van wat by die krieket aan die gang is (of minstens ’n som uitwerk wat met krieket te doen het). Laai hierdie gratis vraestel af en slaan jou punte vir ’n ses hierdie kwartaal!

Graad 4: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-30

Is jy in graad 4 en moet jy voorberei vir jou Wiskunde-eksamen? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveldt om jou somme te oefen, onder andere met ’n woordsom van ’n graad 4-leerder wat inkopies moet gaan doen. Vier hierdie feesseisoen fees nie net omdat jy goeie winskopies by die plaaslike mark raakloop nie, maar ook weens jou goeie punte!

Graad 6: NW-voorbereidingstoets en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-30

Is jy in graad 6 en droom jy oor hoe die maan tydens jou vakansie op die see sal skyn? As jy met hierdie gratis NW-vraestel van JC van Tonder vir jou eksamen voorberei, sal jy sien dat dit nie regtig is wat met die maan gebeur nie. Leer hier wat regtig gebeur, gaan skryf die eksamen – en kort voor lank sien jy blink rapportpunte én daardie helder weerkaatsing op die water.

Graad 7: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-27

Is jy in graad 7 en wonder jy oor die data wat jy kan gebruik om te bepaal watter rugbyspan hierdie naweek die Wêreldbeker kan wen? Hier is wenke vir wenners: Laai hierdie gratis vraestel van Lee-Ann Langeveldt af en oefen jou datahanteringsomme sodat jy teen Saterdagaand klaar is. Dan kyk jy die rugby met ’n rustige hart en met die wete dat jou goeie eksamenpunte jou ’n kampioen sal maak.

Graad 6: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-26

Is jy in graad 6 en wonder jy of daar lewe op ander planete is? In hierdie oefenvraestel van Rita Engelbrecht gaan jy daardie vraag moet kan beantwoord. Die vraestel gaan jou kennis toets, en sommer vuurwerke met betrekking tot jou punte bewerkstellig. Begin nou al voorberei vir jou eksamen en wees hierdie kwartaal ’n ster!

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 6 en dink jy nou al aan die vakansie wanneer jy net kan ontspan? Dink hoe slim sal jy hierdie vakansie klink as jy raai wat die waarskynlikheid is dat van een van jou maats die skoppensboer of koningin van harte sal optel! As hierdie nou veels te moeilik klink, laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt af en berei sommer terselfdertyd voor vir jou eksamen hierdie kwartaal. Daar bestaan ’n groot waarskynlikheid dat jy sommer ’n goeie punt op jou rapport sal behaal.

Graad 5: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-10-19

Is jy in graad 5 en is jy nou al baie lus vir die Desembervakansie? Die goeie nuus is dat jy in hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveldt ’n vraag aantref wat jou oor swem gaan laat nadink. Nog beter nuus is dat jy goeie punte vir jou Wiskunde-eksamen gaan kry as jy hierdie vraestel gebruik om voor te berei. (Die beste nuus is dis regtig ’n kort kwartaal en dis amper vakansie.)

Graad 2: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-28

Is jy in graad 2 en moet jy in Wiskunde uitwerk hoeveel kinders daar in jou klas is as ’n prentjie van een dogtertjie al die tyd vyf dogtertjies voorstel en ’n prentjie van een seun dalk sewe seuns? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry ’n maklike manier om vir oulaas vir die toetsreeks voor te berei. As jy wonder hoekom hierdie twee kinders so mistroostig lyk, is die antwoord: Hulle weet nie dis amper vakansie nie!

Graad 1: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 1 en kan jy tel hoeveel kameelperde op hierdie foto is? In die gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West wat jy hier kan aflaai, sal jy leer hoe om nie drie nie, maar ses kameelperde te verdubbel. Verdubbel sommer jou punte op jou rapport as jy vir oulaas hard vir jou toetsreeks voorberei.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-21

Is jy in graad 9 en voel jy soms ongelukkig oor hoe mense by die skool optree? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen af en berei voor vir jou Afrikaans Huistaal-toets hierdie kwartaal. Jy sal boonop in een van die leesstukke verstommende wenke raaklees oor hoe om boeliegedrag te hanteer.

Graad 3: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-18

Is jy in graad 3 en maak hierdie toebroodjies jou honger? Jy gaan jou honger na goeie punte kan stil deur hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann West af te laai om vir jou toets voor te berei. Agterna kan jy smul aan ’n toebroodjie van jou keuse. Die vraestel gaan jou boonop help om te bereken wat vyf van hulle jou altesaam gaan kos.

Graad 11: Lewenswetenskappetoets en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-11

Is jy in graad 11 en voel jy soos ’n vulkaan wil uitbars van spanning oor al die akademiese druk? Laat LitNet se gratis oefenvraestelle jou help. Laai Rita Engelbrecht se Lewenswetenskappe-vraestel af en hersien jou werk oor die menslike liggaam en leer sommer van vulkaniese eilande ook. Wanneer jy jou punte sien, sal jou volgende uitbarsting een van vreugde wees!

Graad 6: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-09-08

As jy ’n volwassene is, weet jy dalk van die poësie in die sneeuvlokkie waaroor TT Cloete gedig het. As jy in graad 6 is, kan jy dalk nou al jou oë begin oophou vir die Wiskundevorms rondom jou. Dis ook ’n goeie plan om Lee-Ann West se gratis oefenvraestel hier af te laai en vir jou Wiskundetoets hierdie kwartaal te oefen.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-31

Is jy in graad 9 en moeg daarvoor om slegte rapportpunte te kry? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Zelda Mans af, en kry uiteindelik jou leeueaandeel van goeie punte vanjaar. (As jy nie die idioom verstaan nie, kan die vraestel jou ook help. Daar is boonop lekker ander stories van natuurreservate om te lees.)

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-30

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Graad 10: Lewenswetenskappe – vraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-28

Is jy in graad 10 en leer julle hierdie kwartaal in Lewenswetenskappe van die hart? Teen hierdie tyd sal jy weet dat net jou ouers sulke outydse uitdrukkings soos "jou hart pomp tjoklits" gebruik en dat hierdie orgaan inderwaarheid ’n ander samestelling het. Laai egter hierdie vraestel deur Rita Engelbrecht gratis af om die soet smaak van goeie punte in die derde kwartaal se toetsreeks te proe.

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-22

"As jy vanjaar in graad 7 is, weet jy dat ’n refleksie nie altyd ’n weerkaatsing beteken nie (behalwe as jy ’n Afrikaans-toets skryf). Laai hierdie gratis oefentoets deur Lee-Ann West af, oefen begrippe soos refleksies en translasies ... en jou rapportpunte vertaal sommer van 'goed' na 'uitstekend'."

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-08

Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.

Graad 9: Wiskundetoets en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-04

Toe jy in graad 1 was, het alfabetletters beteken jy is besig om te leer lees. Noudat jy in graad 9 is, besef jy dat die alfabetletters ook deel van algebra is. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West af en kry jou ABC onder die knie (en kry sommer goeie punte op jou rapport hierdie kwartaal vir Wiskunde daarby).

Top