Kuberklas Kreatief

Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Publikasie is onderhewig aan keuring.

WF 2015: My ander self

Shivnarine Hercules Kuberklas Kreatief 2015-05-13

In ’n donker kamer, in ’n onbekende omgewing, lê Jhaan bewusteloos. Daar is ’n gevoel van angs in die lug.

WF 2015: Roem van die ruimte

Danie Brink Kuberklas Kreatief 2015-05-13

Liewe leser, jy ken my dalk nie, jy hoef ook nie, maar hierdie is ’n wilde verhaal wat moet uitkom. Nou, ek is ’n gr. 11-leerder met ’n groot belangstelling: die ruimte en spaceships. Ek wou nog altyd eendag soos ou Armstrong ruimte toe gaan en my oomblik van roem hê.

WF 2015: GMR: gevorderde mensgedrewe robot

Theon Wiese Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Dit is stil. Logan voel hoe die bloed teen sy voorkop afdrup. Die stuurkajuit is pikdonker. Sy GMR-pak het alle kragtoevoer verloor. Hy kan glad nie sy linkerarm voel nie. Dan, skielik, tref iets hom hard van voor af. Hy kyk op deur die voorruit. Daar staan die MIG MK6 voor hom.

WF 2015: Om 'n hart te hê

Telisa Lombard Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Die geneurie van elektroniese toestelle dring tot my onderbewussyn deur. Die lug wil-wil herinner aan skoonmaakmiddels. My ledemate voel swaar en metaalagtig. ’n Oorweldigende hoofpyn klop in my skedel. Stadig fladder my ooglede oop. Die spierwit kamer is vreemd.

WF 2015: Die eksperiment

Willie Robbertse Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Dit het alles dertien jaar gelede gebeur, net na my 16e verjaarsdag. Dit is die laaste Vrydag van graad 10 en ons klas rumoer uitbundig. My vakansieplanne is agtermekaar. Ek gaan by my oom kuier terwyl my ouers oorsee reis en my twee beste vriende, Michael en Travis, kom saam. 

WF 2015: Wanneer kunsmatige intelligensie wen

Mari Spangenberg Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Anna swaai haar kop verskrik in die rigting van die bloedstollende gille. Een minuut en vyf-en-veertig sekondes op haar arm. Sweet tap in watervalle by haar gesig af asof iemand ’n kraan bo haar kop oopgedraai het.

WF 2015: Bekende onbekendheid

Zoe Salzwedel Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Dit álles voel só bekend. Hierdie plek. Hierdie spesifieke oomblik. Die lug wat ek diep in my longe inasem. Ek kyk na die wêreld om my. Hierdie nuwe wêreld van my.

WF 2015: Dromer

Jane van Zyl Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Ek dink Karel is kwaad vir my. Hy het begin verdwyn. Ek het al rondom my gevra of iemand iets weet, maar niemand kon my enigiets sê nie. Hulle het net hulle koppe simpatiek geskud.

WF 2015: Die uurglas van tyd

Luvrendo Meyer Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Biep-biep .... Die geluid van die hartmasjien wat ’n man sewentig jaar aan die lewe moet hou. Doep, doep, doep – sy hart begin klop en lewe pols deur sy are. ’n E-bot buk oor hom en vra na sy saam. 

WF 2015: Die toekomstige oog

Shuneez Flink Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Piet Vermaak is besig om ’n koerantberig oor die stakings in Suid-Afrika te lees op sy agterstoep. Maar Klaas Vakie het nie ’n maatjie om saam mee te speel nie.

WF 2015: Die toekoms

Helette Steenkamp Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Die dag sal kom wanneer alles rondom jou gaan verander. Alle aspekte van jou lewe waaroor jy elke dag beheer het, sal teen jou draai. Met die tegnologie wat so vinnig vorder, sal kunsmatige intelligensie binnekort ontwikkel.

WF 2015: Fanie Viljoen deel 5 skryfwenke

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-05-06

Die skryfmeester Fanie Viljoen, wat ook een van die beoordelaars van LitNet Akademies se wetenskapfiksie-skryfkompetisie is, deel vyf wenke vir die skryf van ’n kortverhaal.

WF 2015: Vorige wenners gee raad

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Die wenners van LitNet Akademies se heel eerste wetenskapfiksie-kortverhaalkompetisie in 2012 het met ons gesels oor waar hulle vandag is en watter raad hulle vir hierdie jaar se deelnemers het.

WF 2015: Die einde

Thea Booysen Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Dag na dag sit ek hier. Jy weet waar om my te vind. Met onderaardse voete, vingers uitgestrek hemelhoog – ek is Moeder Aarde se kind. Ek het ’n stewige liggaam, wat menige slag kan weerstaan; tog word ek jaarliks gedwing om te aanskou hoe my broers een vir een geslag word.

WF 2015: Liefde vol draadwerk

Christi Barkema Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Liefde vol draadwerk. Dit is vreemd hoe dinge werk. Partykeer werk dit en partykeer nie; partykeer weet 'n mens nie of dit gewerk het nie.

WF 2015: As kunsmatige intelligensie oorneem

Cecilia van den Berg Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Sy hoor hoe die traliehek toeklik en die silwer sleutel stadig draai. Sy kyk om haar rond. Dit is so stil soos die graf. Al wat sy sien, is ’n klipharde bed en ’n toilet.

WF 2015: Tweede kans vir die blou en groen planeet

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Hallo, mense van die planeet Aarde. My naam is Helia. Ek is 160 jaar oud, en is wat julle sal noem ’n tiener. Ek het neonoranje hare en ’n ligte skakering van blou in my vel. Ek weet nie waarom ek dit vir julle moet sê nie, maar in al die biografieë wat ek al gelees het van julle planeet, verduidelik hulle hoe die persoon lyk. 

WF 2015: Gisters

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-05-04

Die ritme van my koue voete wat op die metaalplate klap, weergalm in die gang. "Ekskuus ... jammer," sê ek uit gewoonte terwyl ek verby ’n groep van die bemanning wat op die onderste vlak van die Titanic werk, hardloop.

WF 2015: Is ons alleen?

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Die eeue-oue vraag: Is ons alleen in die heelal? Ek het die antwoord op ’n baie vreemde tyd en plek gevind.

WF 2015: ’n Gelukkige einde

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Ek haat boeke en films. Ek haat die feit dat die goeie persoon altyd wen. Dis ’n leuen en so stereotipies. Ek is een-en-twintig jaar oud, ek is skatryk, besit my eie wêreld, ’n bekende organisasie, en ek kan doen net wat ek wil. 

Top