Kuberklas Kreatief
Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Publikasie is onderhewig aan keuring.
WF 2015: Die diere is terug
2015-05-13Elke dag wonder ’n mens hoekom daar regtig diere op aarde is. Is hulle hier omdat ons hulle moet liefhê of is hulle hier om ons dop te hou en lewenswyse te leer ken en dalk ons swak punte te sien?
WF 2015: Biomeganiese organe het nou genoeg gehad
2015-05-13My arm begin onwillekeurig rondswaai. Dit het ’n lewe van sy eie. Die arm wikkel homself los en begin stadig oor die vloer kruip, weg van my af. Ek kyk in verbasing na hoe my arm skuif-skuif om die hoek verdwyn. Die snaaksste is dat ek geen pyn ervaar het nie. Dit het amper kielierig gevoel.
WF 2015: Atlantis
2015-05-13"Jammer Oom, ek hoop Oom gee nie om dat ek vra nie, maar wat het met Oom se linkerhand gebeur?"
WF 2015: Slim vang sy baas
2015-05-13Satire word gewoonlik as ʼn gedig of ander kunsvorm beskryf waar met dinge in die samelewing gehekel word. Dit kan parodie, ironie, sarkasme en karikatuur inspan. Dit handel gewoonlik oor politici, kunstenaars, die media, waardes en selfs ons president, mnr Zuma.
WF 2015: My ander self
2015-05-13In ’n donker kamer, in ’n onbekende omgewing, lê Jhaan bewusteloos. Daar is ’n gevoel van angs in die lug.
WF 2015: Roem van die ruimte
2015-05-13Liewe leser, jy ken my dalk nie, jy hoef ook nie, maar hierdie is ’n wilde verhaal wat moet uitkom. Nou, ek is ’n gr. 11-leerder met ’n groot belangstelling: die ruimte en spaceships. Ek wou nog altyd eendag soos ou Armstrong ruimte toe gaan en my oomblik van roem hê.
WF 2015: GMR: gevorderde mensgedrewe robot
2015-05-08Dit is stil. Logan voel hoe die bloed teen sy voorkop afdrup. Die stuurkajuit is pikdonker. Sy GMR-pak het alle kragtoevoer verloor. Hy kan glad nie sy linkerarm voel nie. Dan, skielik, tref iets hom hard van voor af. Hy kyk op deur die voorruit. Daar staan die MIG MK6 voor hom.
WF 2015: Om 'n hart te hê
2015-05-08Die geneurie van elektroniese toestelle dring tot my onderbewussyn deur. Die lug wil-wil herinner aan skoonmaakmiddels. My ledemate voel swaar en metaalagtig. ’n Oorweldigende hoofpyn klop in my skedel. Stadig fladder my ooglede oop. Die spierwit kamer is vreemd.
WF 2015: Die eksperiment
2015-05-08Dit het alles dertien jaar gelede gebeur, net na my 16e verjaarsdag. Dit is die laaste Vrydag van graad 10 en ons klas rumoer uitbundig. My vakansieplanne is agtermekaar. Ek gaan by my oom kuier terwyl my ouers oorsee reis en my twee beste vriende, Michael en Travis, kom saam.
WF 2015: Wanneer kunsmatige intelligensie wen
2015-05-08Anna swaai haar kop verskrik in die rigting van die bloedstollende gille. Een minuut en vyf-en-veertig sekondes op haar arm. Sweet tap in watervalle by haar gesig af asof iemand ’n kraan bo haar kop oopgedraai het.
WF 2015: Bekende onbekendheid
2015-05-08Dit álles voel só bekend. Hierdie plek. Hierdie spesifieke oomblik. Die lug wat ek diep in my longe inasem. Ek kyk na die wêreld om my. Hierdie nuwe wêreld van my.
WF 2015: Dromer
2015-05-08Ek dink Karel is kwaad vir my. Hy het begin verdwyn. Ek het al rondom my gevra of iemand iets weet, maar niemand kon my enigiets sê nie. Hulle het net hulle koppe simpatiek geskud.
WF 2015: Die uurglas van tyd
2015-05-08Biep-biep .... Die geluid van die hartmasjien wat ’n man sewentig jaar aan die lewe moet hou. Doep, doep, doep – sy hart begin klop en lewe pols deur sy are. ’n E-bot buk oor hom en vra na sy saam.
WF 2015: Die toekomstige oog
2015-05-08Piet Vermaak is besig om ’n koerantberig oor die stakings in Suid-Afrika te lees op sy agterstoep. Maar Klaas Vakie het nie ’n maatjie om saam mee te speel nie.
WF 2015: Die toekoms
2015-05-08Die dag sal kom wanneer alles rondom jou gaan verander. Alle aspekte van jou lewe waaroor jy elke dag beheer het, sal teen jou draai. Met die tegnologie wat so vinnig vorder, sal kunsmatige intelligensie binnekort ontwikkel.
WF 2015: Fanie Viljoen deel 5 skryfwenke
2015-05-06Die skryfmeester Fanie Viljoen, wat ook een van die beoordelaars van LitNet Akademies se wetenskapfiksie-skryfkompetisie is, deel vyf wenke vir die skryf van ’n kortverhaal.
WF 2015: Vorige wenners gee raad
2015-05-04Die wenners van LitNet Akademies se heel eerste wetenskapfiksie-kortverhaalkompetisie in 2012 het met ons gesels oor waar hulle vandag is en watter raad hulle vir hierdie jaar se deelnemers het.
WF 2015: Die einde
2015-05-04Dag na dag sit ek hier. Jy weet waar om my te vind. Met onderaardse voete, vingers uitgestrek hemelhoog – ek is Moeder Aarde se kind. Ek het ’n stewige liggaam, wat menige slag kan weerstaan; tog word ek jaarliks gedwing om te aanskou hoe my broers een vir een geslag word.
WF 2015: Liefde vol draadwerk
2015-05-04Liefde vol draadwerk. Dit is vreemd hoe dinge werk. Partykeer werk dit en partykeer nie; partykeer weet 'n mens nie of dit gewerk het nie.
WF 2015: As kunsmatige intelligensie oorneem
2015-05-04Sy hoor hoe die traliehek toeklik en die silwer sleutel stadig draai. Sy kyk om haar rond. Dit is so stil soos die graf. Al wat sy sien, is ’n klipharde bed en ’n toilet.