Kuberklas Kreatief

Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Publikasie is onderhewig aan keuring.

WF 2015: Oorwinning deur ons eie skepsels

Lara Voigt Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Die ligte gaan af. Die deure slaan toe. Ons is vasgevang. Erika se oë dwaal verward rond in die donker vertrek. Skielik staar sy stip na Markus. Hy vroetel rond. Daar kruip net genoeg lig deur die gordyne. Dit lyk asof hy iets in sy hande vasklem. 

WF 2015: Die kanker van die heelal

Stefan Jordaan Kuberklas Kreatief 2015-05-19

Oorlog verorber alles wat in sy pad staan. Dit is die kanker van die heelal, die swaard van Damokles.

WF 2015: Die geheim

Henning Blaauw Kuberklas Kreatief 2015-05-19 DRIE … My kaakspiere trek styf. TWEE … Adrenalien pomp deur my are. EEN … Totsiens, moeder aarde. Die swaartekrag trek die vel byna van my skedel af. Alles verloop glad. Of so glad as wat ’n vuurpyllansering kan verloop. Ek sien hoe die aarde onder my al hoe kleiner begin word. Ons was op […]

WF 2015: Die einde is ’n nuwe begin

Daniel Hugo Jr. Kuberklas Kreatief 2015-05-19

In die begin is dit ’n raaiskoot in die donker gedoop, later bekend as wetenskaplike voorspellings, nou ons realiteit.

WF 2015: Die boodskap

Damian Petersen Kuberklas Kreatief 2015-05-19

’n Vuil sandwind spoel oor my sifgewaaide siel. ’n Sandbesmeerde traan oor my wang. Het ek maar net geglo ...

WF 2015: Onverwagte gaste

Anastacia Jansen Kuberklas Kreatief 2015-05-19

’n Skerp lig in Jake se kamer van die een of ander voertuig, ’n snaakse geluid van ’n enjin wat afskakel, maak Jake wakker. Jake staan vinnig op en buk-buk, loer-loer tot by sy venster.

WF 2015: Wie is ek?

Tamara Jonas Kuberklas Kreatief 2015-05-19

Sy navorsing was uiteindelik op ’n einde – die eindproduk ’n suiwer wetenskaplike waagstuk. Sy nanobotte was perfek.

WF 2015: ’n Nuwe begin

Zanmare Klein Kuberklas Kreatief 2015-05-19

“Ek hoop jy is gereed vir wat kom, Jes!” roep Isak uit die kombuis. “Pa het lank gewag vir ’n dag soos hierdie.

WF 2015: Vrede en vreugde, net in Vanrhynsdorp!

Miche Skippers Kuberklas Kreatief 2015-05-19

Lede van die Grootraad, wat op die planeet Mars ’n bestaan maak, besluit met ’n meesterplan om die oorlewingsmoontlikhede op ander planete te toets.

WF 2015: Sweef

Mia van der Merwe Kuberklas Kreatief 2015-05-19

Almal lewe hul eie lewe, maar jy word besit deur iemand met meer mag as jy. Jy het geen ouers, broers of susters nie. Al wat jy het, is die persoon langs jou en die bleek uniform wat jy gedwing word om te dra.

WF 2015: Om die son te sien

Juane Cronje Kuberklas Kreatief 2015-05-19

Ek is Arethusa, vyftien jaar oud. Ek het lang, donkerbruin hare en doodgewone bruin oë. Daar is niks besonders aan my nie.

WF 2015: Hoe die wêreld selfmoord gepleeg het

Tana Feyt Kuberklas Kreatief 2015-05-19

My naam is Damian Adams die Vierde. In die besigheidswêreld staan ek bekend as die leeu. Ironies genoeg was my eerste dag as nuwe eienaar en hoof uitvoerende beampte van Mas Records, om dit sagkens te stel, ’n riller.

WF 2015: Die oorlog teen tyd

Havard Koegelenberg Kuberklas Kreatief 2015-05-18

Die meeste mense het altyd vir my gesê dat om ’n nuwe wêreld in te tree, moet jy vergeet van jou ou een. Maar hoe kan dit wees as my wêreld gevorm is deur my toekoms?

WF 2015: Ek is verlief op ’n alien

Dyna Kraamwinkel Kuberklas Kreatief 2015-05-18

Die skoolklok lui en almal hardloop bo-oor mekaar soos wat ons by die huis wil uitkom, want dit is uiteindelik vakansie. Na ’n kwartaal van byna net eksamen skryf kan ek bietjie ontspan voor my groot matriekjaar na die Desembervakansie.

WF 2015: Lewe op Mars

Marne Olivier en Jenelle Matthee Kuberklas Kreatief 2015-05-18

In die jaar 2024 het die tyd aangebreek vir die volgende reusesprong vir die mensdom, Mars toe. Dit was toe die lewe op Mars begin het. In die jaar 3024 vier ons die duisendste herdenking van die stigting van lewe op Mars.

WF 2015: Die organiese waterstofbinding van orgaandiefstal

Nadia Retief Kuberklas Kreatief 2015-05-18

Hy staan voor die klas. Hy is lank en lenig met ’n bos grasserige grys hare. Sy oë diep gate waaruit net haat kan vloei. Hy het dun lippe met ’n lang, vlymskerp neus wat jou siel kan deurboor. 

WF 2015: Verplaas na 2050

Jo-anne November Kuberklas Kreatief 2015-05-18

“Die toespraak wat dr Zebenhout oor die ontwerp van ’n tegnologiebestuurde wêreld gegee het, was baie interessant. Hoe koel sal dit wees om in so ’n wêreld te bly?”

WF 2015: Fotosintese

Carla Fourie Kuberklas Kreatief 2015-05-18

Hy was daar toe die wêreld verander het. Hy het die tekens raakgesien lank voordat hulle daarop kon reageer. Hy het geweet dat hulle te laat begin bekommer het oor die probleem en dat hulle keuse die toekoms drasties sou verander. 

WF 2015: Die diere is terug

Nicole Steinmann Kuberklas Kreatief 2015-05-13

Elke dag wonder ’n mens hoekom daar regtig diere op aarde is. Is hulle hier omdat ons hulle moet liefhê of is hulle hier om ons dop te hou en lewenswyse te leer ken en dalk ons swak punte te sien?

WF 2015: Biomeganiese organe het nou genoeg gehad

Braam Human Kuberklas Kreatief 2015-05-13

My arm begin onwillekeurig rondswaai. Dit het ’n lewe van sy eie. Die arm wikkel homself los en begin stadig oor die vloer kruip, weg van my af. Ek kyk in verbasing na hoe my arm skuif-skuif om die hoek verdwyn. Die snaaksste is dat ek geen pyn ervaar het nie. Dit het amper kielierig gevoel.

Top