Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlynjoernaal
Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom
2023-11-27"Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer. Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou."
Taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vernuwende benadering
2023-11-27"Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie wat leerders bemagtig om kennis te versamel, hulle identiteit, gevoelens en idees met ander te deel en om hulle realiteit te bestuur."
Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma
2023-11-24"Trauma word in verband gebring met God en daar ontstaan ’n spanning tussen dit wat as traumaties beleef word en God se betrokkenheid al dan nie by die trauma."
’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede
2023-11-24"In ’n konstruksie soos hond+mak is die letterlike betekenis van hond nog teenwoordig ('so mak soos ’n hond'), maar in hond÷siek is dit duidelik dat hond÷ gegrammatikaliseer is en slegs die betekenis van 'baie' het."
Elders gesien: Die tweejaarlikse TT Cloete-lesing
2023-11-23Die doel van die lesings is eerstens om erkenning te gee aan die werk van Cloete, wat vir baie jare aan die NWU (voorheen die PU vir CHO) verbonde was. Tweedens is die doel om ’n platform vir openbare gesprek in en om die letterkunde te skep.
Persverklaring: Nuwe datums vir die 2023 Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe – 15 tot 16 Februarie 2024
2023-11-22Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing, wat in Afrikaans aangebied word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aan bied.
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst
2023-11-21In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel ervare as opkomende akademici, soos Luan Staphorst, vir die tweede reeks opgeneem. Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer. In hierdie video gesels Luan oor onder andere die kanon, klapklanke en kreolisering.
Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser (SACA) en slawerny in 1824
2023-11-20"Aan die een kant het SACA ’n aktivistiese rol gespeel, wat dikwels aangeprys word, maar die koerant het ook advertensies van die slawehandel gepubliseer. Hierdie teenstrydigheid ontlok die vraag of die koerant se geïdealiseerde posisie in die joernalistiekgeskiedenis moontlik heroorweeg moet word."
Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-20Is jy in graad 6 en droom jy oor die vakansie? In die gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen wat jy hier kan aflaai, sal jy heelwat taaloefeninge met sport as onderwerp aantref. Draf flink deur hierdie vraestel vir dinamiese punte. Oor ’n rukkie is dit tyd vir sports by die see (in die woordeboek kan jy naslaan dat dit ’n aanvaarbare Afrikaanse woord is).
Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is
2023-11-19"Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer."
’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie
2023-11-19"In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit."
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-17Is jy in graad 10 en moet jy die Venn-diagram baasraak? Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af, oefen jou somme en wen die res van die klas met uitstekende punte!
Graad 11: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-17Is jy in graad 11 en lê jou Wiskunde-eksamen voor? Eet wortels om met al die vierkantswortels te help. En laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en wys daardie Wiskundesomme waar Dawid die wortels begrawe het.
Spertyd (2017): die sluitstuk in Elsa Joubert se egoliteratuur
2023-11-16"Die herinneringe aan bepaalde (onopgeloste) gebeure dwing haar om dit weer te beskou en ’n standpunt in te neem om heling te bewerkstellig. Dit is deur hierdie standpuntinname dat Spertyd as sluitstuk funksioneer."
’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek
2023-11-16"[ChatGPT] kon die positiewe (beroemd) en negatiewe (berug) van beide persone uitlig, maar, ChatGPT was simpatiek teenoor Oscar Pistorius, wat ’n veroordeelde moordenaar is en nie teenoor Steve Hofmeyr, wat ’n kampvegter teen plaasmoorde is nie. Hieruit kan afgelei word dat ChatGPT moontlik linksgesind is, maar dit is ook moontlik dat Hofmeyr baie intenser in ’n negatiewe lig op die internet bespreek is tydens die insameling van sy opleidingsdata as Pistorius."
Graad 9: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-15Is jy in graad 9 en laat die algebraïese formules jou kop draai? Hierdie gratis oefenvraestel en memo wat deur Lee-Ann Langeveld vir LitNet opgestel is, mag dalk ’n towerformule bevat wat jou die werk beter sal help verstaan. Laai die vraestel en memorandum gratis hier af.
Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
2023-11-09Is jy in graad 8 en kyk jy eerder na die Krieketwêreldbeker as om vir jou eindeksamen voor te berei? Met behulp van hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy albei doen: voorberei vir jou eksamen én op hoogte bly van wat by die krieket aan die gang is (of minstens ’n som uitwerk wat met krieket te doen het). Laai hierdie gratis vraestel af en slaan jou punte vir ’n ses hierdie kwartaal!
Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief
2023-11-07"Bedryfsielkundiges moet oor die insig en vaardighede beskik om ’n kliënt se loopbaanuitdagings, wat deur globalisering en tegnologiese veranderinge beïnvloed word, te bestuur."
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Theo Venter
2023-11-02In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel opkomende as ervare akademici, soos Theo Venter, vir die tweede reeks opgeneem. Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer. In hierdie video gesels Theo oor onder andere: die impak van verkiesing 2024; die begrip toekomsscenario’s; transdissiplinêre beginsels en ontwikkeling by universiteite, en so meer.
Uitnodiging: Die Afrikaanse Wikipedia vier verjaarsdag
2023-11-02Die Afrikaanse Wikipedia word hierdie jaar 22 jaar oud en dit gaan op ’n gepaste wyse op Donderdag 16 November by die Akademiekantoor in Pretoria gevier word. Die SA Akademie ontvang alle belangstellendes graag as hul gaste by hierdie verjaarsdagfunksie.