LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite

Daan Wissing, Andreas Baumann, Wikus Pienaar LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-10-01

"Die gegewe dat daar soveel bruin sprekers van Afrikaans in en om Gobabis in Namibië voorkom, en die insluiting deur Ponelis (1992) van dele van Namibië in sy hoofindeling van Noordwestelike Afrikaans, regverdig die insluiting van hierdie streek as ’n opnamegebied van ons ondersoek. Baie van die bruin mense hier identifiseer hulleself as Basters, Kleurlinge, Namas, Herero’s en Ovambo’s, wat dit ’n ryk versameling Afrikaanssprekendes maak en dit die moeite werd maak om hulle uitspraak in te sluit by en te vergelyk met dié van die Suid-Afrikaanse bruin sprekers."

Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek

Amelia Abrie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-09-27

"Plantblindheid, of die onvermoë om plante raak te sien of om hulle belangrikheid te erken, is ’n verskynsel wat wyd onder akademici, onderwysers, leerders en die algemene publiek voorkom."

Waarnemings van die effektiwiteit van ’n akademiese skryfassistent vir Afrikaanssprekende Baccalaureus in Opvoedkunde-studente

Candice Livingston, Pieter Boer, Amanda Swart, Wilna du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-25

"Taal speel binne die sosio-kulturele siening van akademiese geletterdheid ’n baie spesifieke en belangrike rol, aangesien taal die medium is waardeur ons dink en kennis opbou."

Die soektog na gasbronne in Suid-Afrikaanse gebiedswaters: ’n omgewingsregsperspektief

Carmen Franco, Willemien du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2023-08-25

"Owerhede het dus die verantwoordelikheid om te verseker dat omgewingsimpakte wat gedurende gasverkenning, -eksplorasie en -produksie-aktiwiteite kan voorkom, op ’n holistiese en geïntegreerde wyse tydens elke fase van die aktiwiteit se lewensiklus beheer of verminder word."

ChatGPT: Vriend en vyand in die Geografie-vakdidaktiek-klaskamer? Implikasies vir die praktyk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-23

"Alhoewel die groei buitengewoon is, het ChatGPT se kuberbrein die aandag van akademici wêreldwyd getrek omdat dit geleenthede vir akademiese oneerlikheid kan skep."

Die soektog na ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad: ’n blik op bestaande reguleringsmaatreëls en die integrasie van aanvullende oplossings

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2023-08-23

"Wildmisdaad word allerweë beskou as een van die oorsake van biodiversiteitsverlies, en juis daarom verleen internasionale en nasionale beleidmakers voorrang aan dié kwessie op omgewingsagendas."

Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die geleefde ervaringe van spraak-taalterapeute

Mariëtte Botha, Berna Gerber LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-22

"Die aanleer van die versorger se taal was die strategie wat deur die meeste van die terapeute aangewend is. Een deelnemer het verskeie idees gedeel rakende haar benadering tot die aanleer van die versorger se moedertaal en verduidelik hoe dit haar verhouding met die versorger positief beïnvloed het ..."

’n Model vir ’n slimfoontoepassing vir Afrikaanse uitspraak in ’n gemengde-leer-en-onderrigprogram (deel 3 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-22

"Hierdie artikel is die derde artikel wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel behels die uiteensetting van die navorsingsmetodologie, terwyl die tweede artikel die teoretiese begronding is van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer deur middel van ’n taakgebaseerde benadering. In dié opvolgartikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

’n Ondersoek na differensiële verstedeliking as ’n bydraende determinant in ruimtelikeontwikkelingsraamwerke

Owen Williamson, Jako Viviers, Selna Cornelius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-08-18

"Die effek en omvang van verstedeliking is gelyktydig divers en wesentlik en gryp die verbeelding van beplanners wêreldwyd, maar spesifiek in Afrika, aan (Dodman, Leck, Rusca en Colenbrander 2017:13)."

Teoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die tweede van drie wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel verskaf die navorsingsontwerp vir die studie. Dié artikel behels die uiteensetting van die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die laaste artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Agter die skerms: Navorsingsmetodologie vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 1 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die eerste van ’n drieluik wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Dit sit die navorsingsmetodologie vir die studie uiteen. Die tweede artikel verskaf die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die derde artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Lewensomstandighede van slawe in die Boland (Wes-Kaap), 1816 tot 1834: ’n herevaluering van bestaande beskouings aan die hand van die Boland-slawedatabasis

Hans Friedrich Heese LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-08-04

"Volgens die Afrikanerdenkbeelde was die slawe-eienaars aan die Kaap meer besorg oor die wel en wee van hulle slawe omdat dit tot die eienaar se voordeel sou wees as sy slawe nie weens mishandeling sou dros of sterf nie."

Vonnisbespreking: Mediese nalatigheid – vertraging in oorplasing van pasiënt na geskikte sorg; en of nalatigheid oorsaaklik verband hou met amputasie van pasiënt se been

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2023-08-01

"Die ligging of konteks waar dokter Patel se skade ontstaan het, naamlik Standerton, is ’n plattelandse dorp gekenmerk deur bepaalde tekortkominge wat gesondheidsorg betref, wat ’n direkte invloed gehad het op die reeks gebeure wat gevolg het."

Die geskiedenis, natuur en algemene openbaring in die Christelik-historiese denke van Groen van Prinsterer

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-08-01

"Groen van Prinsterer (1801–1876) se Christelik-historiese beskouing is gekenmerk deur ’n tweeledige waardering vir die Godsopenbaring soos dit neerslag vind in die Skrif aan die een kant en in die geskiedenis aan die ander kant."

Nierversaking en ’n orgaanoorplanting in Met ’n ompad deur Berna Ackerman – ’n regsletterkundige ondersoek

Melodie Labuschaigne, Magda Slabbert LitNet Akademies (Regte) 2023-07-21

"Nie net lig die roman die onkunde rondom nierskenking uit nie, maar dit plaas ook die regsraamwerk oor orgaanskenking in ’n alledaagse konteks wat met lesers kan resoneer."

’n Ondersoek na die bionomie, morfologie, verspreiding en beheer van die Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae])

Gideon J. Begemann LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2023-07-12

"Die Stilbaaimuggie is endemies aan die Kaapse Fynbos-streek en is reeds waarskynlik vir miljoene jare in hierdie omgewing teenwoordig."

Die noodsaak van die kultuurmens in die tyd van uitsetverknegting

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-07-07

"Anders as die narsistiese terugspieël van prestasie, bring kultuur mens onder ’n diep indruk van die nederigheid wat met die bemeestering van ’n taak gepaard gaan."

Foucault, die "beroepshistorici" en die Middeleeue: Augustinus in Histoire de la sexualité 4 (Les aveux de la chair) as gevallestudie

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-06-26

"Trouens, niemand het die Middeleeue gelees en verstaan soos Foucault nie. Hy het die Middeleeue nie bloot geretoriseer nie, maar ons anders daarna laat kyk – en nie met ’n perverse oog nie."

Hans Blumenberg se filosofiese antropologie

Charl-Pierre Naudé LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-05-31

"In ’n enigmatiese siening voer Blumenberg aan dat die kwesbare mens die druk van natuurlike evolusie teengaan met die skep van ’n tweede natuur, ’n ekologie van die gees, wat sy eie evolusiereëls het."

Die neerslag van Russiese propaganda in kommentare op Maroela Media se nuusberigte oor die oorlog in Oekraïne

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-05-31

"Die oorlog in Oekraïne is die eerste grootskaalse konvensionele oorlog in Europa tussen twee sterk moondhede sedert die koms van die internet, en beide kante het aanlyn platforms aangewend om hul posisie te verdedig, terwyl hulle hulle opponent se posisie probeer ondermyn het."

Top