LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

’n Evaluering van opvoedermoreel in skole in Wellington

Kobus Liebenberg, Chris Hattingh LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-09-11

"Indien opgeleide en professionele opvoeders by die ontwerp van nuwe kurrikula betrek word, is hulle in staat om waardevolle bydraes en insette te lewer. Deurdat kundige opvoeders betrokke is by die evaluering- en disseminasiefase, kan dit dien as motivering vir opvoeders as vennote in kurrikulumontwikkeling."

Die toepassing op en validering van ’n voorgestelde subnasionale kredietgraderingsmetodologie vir die Departement van Onderwys, met ’n gevallestudie

Erika Fourie, Tanja Verster, Gary van Vuuren LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2017-09-07

"Geen Suid-Afrikaanse subnasionale regering (provinsiale regerings en departemente) het tans ’n kredietgradering nie. Hierdie artikel pas ’n voorgestelde metodologie toe om die kwantitatiewe gedeelte van ’n subnasionale kredietgraderingsmetodologie vir die Departement van Onderwys te ontwikkel."

Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier

Marietjie Pauw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-09-07

"Poerpasledam lewer nie slegs kommentaar op die verlede nie, en nie net kommentaar omtrent ander persone op ander plekke nie. Poerpasledam staan as verklanking vir dit wat mense doen oor tyd- en plekgrense heen wanneer ons, te midde van ’n brose ekologie, skeppend probeer leef."

Vergifnisonderwys: Is dit (voor)teoreties toereikend begrond?

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-29

"Erkenning van diversiteit ook in terme van vergifnis en hoe dit gegee word, maak dit vir almal binne ’n samelewingsverband soos ’n skool moontlik om hulself uit te leef, die sin van die lewe na te streef soos hulle dit verstaan en op dié manier waarde by te dra in en tot die mensdom."

Stilte en agentskap in die slaweroman Philida van André P. Brink

Shamiega Chaudhari LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-24

"In die geval van die onderdrukker word stilte ingespan as ’n wyse waarop die meester sy mag oor sy slawe verseker, terwyl stilte in die geval van die slawe dikwels as verdedigingsmeganisme teen enige vorm van mishandeling of magsmisbruik gebruik word." 

Toegang tot navorsingsassistentskappe aan universiteite in die globale noorde en globale suide

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-22

"’n Meer inklusiewe benadering tot navorsingsassistentskappe kan lei tot ’n toename in die getal vaardige jong navorsers wat die vermoë het om tot die instelling se navorsingskapasiteit by te dra."

Problematiek van erfenisimpakassessering vanuit ’n geskiedkundige perspektief soos bevind na ’n ondersoek van Tokaipark se geskiedenis, 1792–1910

Kobus du Pisani, Berta van Rooyen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-17

"Deur terug te krabbel om waardevolle navorsingsveld te herwin, gaan Suid-Afrikaanse geskiedkundiges se benadering tot erfenishulpbronne die nalatenskap van die land dien. Dit is nie ’n kompetisie vir finansiële oorlewing of beheer nie, maar die geldigheid van ’n akademiese standaard wat op die spel is."

Vonnisbespreking: Bewerings van owerspel: gedingsvatbare laster?

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-08-17

"Bewerings van owerspel val duidelik binne hierdie kategorie en sal sekerlik die slagoffer se goeie naam of aansien in die oë van die redelike persoon nadelig tref. Huwelikstrou word steeds op grond van die morele en godsdienstige oortuigings van die gemeenskap hoog geag en huweliksontrouheid weens owerspel veroordeel en as blaamwaardig beskou."

Neurowetenskaplike insigte oor leer en wording aan die hand van twee gevallestudies

Petro van Niekerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-10

"Indien opvoeders in voeling is met hulle eie waardevoorkeure en affektiewe dimensies, waaronder ook emosionele intelligensie en vermoë om ander te motiveer of te inspireer, kan hulle ’n groot invloed uitoefen op hulle leerders se volwassewording."

Oorwegings vir die dekolonisering van die verwante musieksoorte van Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek

Etienne Viviers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-08

"Die ideologie van dekolonisering sal vorentoe nog strawwer druk op die ewewig van ons universiteite, skole en breër samelewing uitoefen as wat die 'nuwe' Suid-Afrika se ideale van versoening en transformasie nog ooit gedoen het."

’n Heideggeriaanse benadering van landskap as woon in Breyten Breytenbach se Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993)

Alwyn Roux, Hein Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-08-03

"In hierdie artikel word geïllustreer op watter wyse landskap die domein van menslike en niemenslike agente word. Daar is dan ook gewys op verskillende aspekte van landskap in kontras met die taakskap, met die implikasie dat landskap nie net gesien word as ’n toneel in die verte nie, maar veel eerder as ’n wêreld wat bewoon word."

Taalbewussyn as komponent van geletterdheidsvaardigheid: ’n ondersoek na narratiefvaardigheidontwikkeling by Graad 3-leerders

Irene Brand, Christine Anthonissen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-02

"Kuns is ’n medium wat baie beskrywende taalgebruik ontlok, wat nuttig is in die ontwikkeling van narratiewe. Kuns kan dus benut word om mondelinge storievertelvermoëns te ontwikkel en vas te lê om sodoende ook taalbewussyn te bevorder."

Om wêrelde te verbeel(d): tekstuele relasionaliteit in Wonderboom (Lien Botha)

Adéle Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-07-27

"Verbeelding en geheue hou, naas tydsbelewing, met nostalgie verband. Die onmoontlikheid om na die tuiste as beginpunt van die self terug te keer, wat nostalgie definieer, bied gevolglik een interpretasiemoontlikheid vir die oop slot van die verhaal."

Hoërskool-onderwysers in die Vrystaat se ervaring van psigologiese geweld

Nehemiah Phooko, Helen Meyer, Erika Fourie, Tiaan Kirsten LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-07-26

"In die lig van Suid-Afrika se behoefte aan onderwysers kan die land en die onderwyssektor nouliks ’n verlies aan onderwysers as gevolg van psigologiese geweld bekostig."

Putatiewe noodweer as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg: ’n Kritiese oorsig van die onseker pad tot by Pistorius en daarná

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2017-07-25

"In misdaadgeteisterde Suid-Afrika glo mense dikwels verkeerdelik dat hulle in lewensgevaar verkeer en derhalwe in noodweer optree. Wanneer hierdie persone hulle dan skielik in die beskuldigdebank bevind, is putatiewe noodweer die verweer waarop hulle kan steun."

Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies?

Anton van Vollenhoven LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-07-19

"Monumente word maklik die slagoffers van diegene met sienswyses wat verskil van dit wat die monument simboliseer. Gevolglik is daar sedert 1994 by die Voortrekkermonument pogings aangewend om persepsies van die publiek ten opsigte van die monument te verander."

D.J. Opperman se verbond met die skeppende God: ’n Interpretasie van Heilige beeste en Negester oor Ninevé

Lina Spies LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-07-19

“Op grond van die religieuse gedigte waarop ingegaan is, kan myns insiens die afleiding gemaak word dat die Ou-Testamentiese God van die Verbond die God van die digter Opperman is aan wie hy in meerdere gedigte met sy eie aksente poëtiese gestalte verleen.”

Die liturgie van die 1995-Wêreldrugbybeker-eindwedstryd: ’n ruimtelik-liturgiese refleksie deur die lens van ’n sosiale-kohesie-model

Daléne Flynn LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2017-07-13

"Teologie wil gemeenskappe dien. As sport sosiale kohesie bevorder, kan die teologie nie sy oë daarvoor sluit nie."

’n Oorsig van die problematiek rakende die modernisering van die SANW vir deelname aan multinasionale vredesteunoperasies in Afrika

Theo Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-07-11

"Uiteindelik is die vraag of die SANW beter befonds kan word om dit in ooreenstemming te bring met die blywende verwagting dat die SANW ’n rol in vredesteunoperasies in Afrika sal speel, asook om ’n sleutelrol in die verwagte Afrika-bystandsmag te vervul."

Die invloed van selfgerigteleergereedheid op die aanleer van die blindtiktegniek

Elsie Lubbe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-07-06

"Die QWERTY-toetsbord word wêreldwyd gebruik om data op rekenaars in te tik. Mense wat oor die blindtiktegniek ten opsigte van toetsbordvaardigheid beskik, is in staat daartoe om data baie vinniger in te tik."

Top