LitNet Akademies (Regte)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van ’n juridiese aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Regte) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Regte-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word, en R6 000 per nuwe gekeurde vonnisbespreking of aantekening.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Regte-redakteur
Johann Neethling
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za
Bioskets

Vonnisbespreking: Die regte van verdagtes wat nie in hegtenis geneem of in aanhouding is nie

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2024-03-08

"Die voor die hand liggende gevaar bestaan dat die polisie verdagte persone doelbewus nie arresteer en aanhou nie om sodoende selfinkriminerende verklarings te bekom ten einde die vereiste te omseil dat prosedurele billikheidsregte aan hierdie persone verduidelik word."

Help hulle inkom én deurkom: Sienings oor studentetoegang en -sukses in regsopleiding in Suid-Afrika

Leani van Niekerk LitNet Akademies (Regte) 2024-01-24

"In teenstelling met gelykheid, wat beteken om elke student dieselfde geleenthede te bied, behels billikheid die voorsiening van geleenthede wat in ag neem dat sommige studente deur benadeling gekniehalter word. Gelykheid is dus om almal oor dieselfde kam te skeer; billikheid is om mense te gee wat hulle nodig het na gelang van hul 'wegspringpunt'."

Suid-Afrikaanse ouers se dilemma: Is die muis nou baas? Die soeke na groter sekerheid oor lyfstraf tuis

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2023-11-30

"Die ongrondwetlikheidsverklaring kom te midde van ’n krisis oor geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika en is in daardie opsig begryplik. Nogtans val dit ook saam met ’n drastiese agteruitgang in kinderdissipline en -gedrag en onrusbarende jeugmisdaadsyfers."

Vonnisbespreking: Die jongste “gly-en-val”-uitspraak teen ’n winkeleienaar: ’n Ontkenning van die Chartaprops-verweer?

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2023-11-28

"Hierdie uitspraak sal beslis in die kraam pas van inkopiegangers wat daagliks supermarkte besoek, maar is slegte nuus vir winkeleienaars."

Wat behels ’n lewenslange vonnis? ’n Uiteensetting van die paroolproses in Suid-Afrika, asook moontlike remedies vir misdaadslagoffers wat by dié proses uitgesluit word

Natasha Venter LitNet Akademies (Regte) 2023-10-27

"In die Waluś-saak het die oortreder al vir meer as ’n dekade lank die hofstryd gevoer om die minister se weiering om hom op parool uit te laat, tersyde te stel. Die Konstitusionele Hof het dus nie die saak terug verwys na die minister om Waluś se paroolaansoek opnuut te oorweeg nie, maar bloot die bevel gemaak dat parool toegestaan word."

Die soektog na gasbronne in Suid-Afrikaanse gebiedswaters: ’n omgewingsregsperspektief

Carmen Franco, Willemien du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2023-08-25

"Owerhede het dus die verantwoordelikheid om te verseker dat omgewingsimpakte wat gedurende gasverkenning, -eksplorasie en -produksie-aktiwiteite kan voorkom, op ’n holistiese en geïntegreerde wyse tydens elke fase van die aktiwiteit se lewensiklus beheer of verminder word."

Die soektog na ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad: ’n blik op bestaande reguleringsmaatreëls en die integrasie van aanvullende oplossings

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2023-08-23

"Wildmisdaad word allerweë beskou as een van die oorsake van biodiversiteitsverlies, en juis daarom verleen internasionale en nasionale beleidmakers voorrang aan dié kwessie op omgewingsagendas."

Vonnisbespreking: Mediese nalatigheid – vertraging in oorplasing van pasiënt na geskikte sorg; en of nalatigheid oorsaaklik verband hou met amputasie van pasiënt se been

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2023-08-01

"Die ligging of konteks waar dokter Patel se skade ontstaan het, naamlik Standerton, is ’n plattelandse dorp gekenmerk deur bepaalde tekortkominge wat gesondheidsorg betref, wat ’n direkte invloed gehad het op die reeks gebeure wat gevolg het."

Nierversaking en ’n orgaanoorplanting in Met ’n ompad deur Berna Ackerman – ’n regsletterkundige ondersoek

Melodie Labuschaigne, Magda Slabbert LitNet Akademies (Regte) 2023-07-21

"Nie net lig die roman die onkunde rondom nierskenking uit nie, maar dit plaas ook die regsraamwerk oor orgaanskenking in ’n alledaagse konteks wat met lesers kan resoneer."

Die misbruik van hofprosesse en die erkenning van ’n spesiale pleit wat onbehoorlike litigasiemotiewe ontmoedig

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2023-04-20

"Advies en hofoptrede namens kliënte behoort nooit te geskied met onbehoorlike motiewe soos om die regsproses te vertraag, om bestaande hofreëls te verdraai en te misbruik, of om die ontduiking van openbare verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid te fasiliteer nie."

Toegang tot geregtigheid in Suid-Afrika: almal se reg; ’n ontoeganklike ideaal vir talle

Theo Broodryk LitNet Akademies (Regte) 2023-03-28

"Die regbank staar die vooruitsig van ’n steeds groter wordende werkslas in die gesig en ingrypings soos hierdie is nodig om die doeltreffendheid en doelmatigheid van die regbank te bevorder, om hofprestasie te verbeter en om toegang tot howe te verhoog."

Wildmisdaad: ’n konseptuele definisie

Inge Snyman LitNet Akademies (Regte) 2023-02-21

"Die voorgestelde definisie van wildmisdaad dui verder aan dat sodanige misdaad met ander ernstige verwante misdade soos dokumentbedrog, geldwassery, belastingontduiking en korrupsie verband hou. Met die eerste oogopslag lyk dit of dié interpretasie nie deel uitmaak van die konsep van wildmisdaad binne die Suid-Afrikaanse konteks nie."

Trompie, Talaq en Trump: Inleidende gedagtes oor die beslissings in Women’s Legal Centre v President, RSA en Dobbs v Jackson Women’s Health Organization

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2023-01-23

"Om hierdie bespreking te rig, maak ons gebruik van ’n proses van kritiese ontleding wat ons die Trompie-reël noem: om nie ander se menings, of die twee beslissings wat oorweeg word, met vooropgestelde idees te lees nie, maar om hul oorwoë denke en sosiale realiteite in ag te neem en daarteen te waak dat jou eie agtergrond die bespreking oorskadu."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid vir beserings veroorsaak deur ’n gevange wilde beer

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2023-01-19

"R2 het toe ’n perske gaan haal en H versoek om die perske in haar hand te hou en dit aan die beer te gee. Dit het sy gedoen sonder om haar hand deur die heining te druk en die beer het die perske met sy bek gevat en gevreet ..."

Vonnisbespreking: Die tragiese gevolge van onbevoegde polisie-optrede – die hof maak (te) korte mette met flou verskonings

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2022-11-17

"Die polisie se rekord wat betref siviele eise wat teen hulle ingestel is deur diegene wat aan die kortste end getrek het weens hul optredes wat wissel van aanranding en verkragting tot die nalatige versuim om hul beskermingsplig uit te oefen, sien daar ook beroerd uit ..."

Vonnisbespreking: Sintaktiese uitleg van die BTW-wet bepaal wanneer goud teen die nulkoers verkoop mag word. ’n Besinning van ’n positiewe taalkundige benadering

Terrence R Carney LitNet Akademies (Regte) 2022-10-04

"Hoewel regter Davis ook ’n woordeboek geraadpleeg het, het hy die bron vir grammatikale helderheid aangewend en nie bloot om die denotasie van ’n bepaalde leksikale item te bepaal nie."

Aantekening: Denkbeeldige insetbelasting op tweedehandse vaste eiendom: Te goed om waar te wees, of nie goed genoeg nie?

Marlene Botes LitNet Akademies (Regte) 2022-07-26

"Aangesien die Belastinghof oortuigend beslis het dat denkbeeldige insetbelasting ook op hereregte bereken kan word, word aanbeveel dat die BTW-wet gewysig word sodat vergoeding nie hereregte insluit nie en sodat ’n BTW-ondernemer die hereregte op die aankoop van vaste eiendom, vir belasbare doeleindes, as ’n aftrekking op sy BTW-opgawe kan eis."

Vonnisbespreking: Die Konstitusionele Hof bevestig die aanspreeklikheid van die polisie weens nalatige ondersoek na verkragting

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2022-07-20

"Na ’n deeglike ondersoek van die feite en getuienis deur al drie howe kom hulle tot verskillende gevolgtrekkings – die verhoorhof en die Konstitusionele Hof bevind dat die polisie grof nalatig was, terwyl die appèlhof beslis dat die polisie redelik opgetree het."

Vonnisbespreking: Privaat vervolgings as meganisme vir die ontwikkeling van ’n grondwetlike regstaat

Wian Spies, Llewelyn Curlewis LitNet Akademies (Regte) 2022-07-20

"Daar kan nuwe privaat vervolgingsorganisasies geskep word wat as hoofdoelwit het om oortreders te vervolg. Suid-Afrika sal definitief daarby kan baat vind indien die entiteite wat vervolgings kan inisieer en dryf, vermeerder word."

LitNet Akademies (Regte): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Regte) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief die volgende voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Regte).

Top