LitNet Akademies (Opvoedkunde)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

  Opvoedkunde-redakteur
Alta Vos 
E-pos: alta@litnet.co.za

Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-14

"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs, Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-13

"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."

Die gemarginaliseerde posisionering van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

Elzahn Rinquest LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-08

"Die bevindinge en gevolgtrekkings in hierdie studie bied ’n blik op die veelvuldige realiteite waarvoor onderwysers te staan kom wat die KABV vir ’n uiteenlopende groep studente in inklusiewe klaskamerruimtes, hetsy by hoofstroom-, voldiens- of spesiale skole, moet aanbied."

Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys

Carike Kriel, Candice Livingston, Chiwimbiso M Kwenda LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-07

"Ons het bevind dat onderwysstudente ’n verskeidenheid etiese dilemmas beleef wat in sewe kategorieë verdeel kan word. Hierdie kategorieë sluit die volgende onetiese verhoudings in: onderwysers teenoor leerders, leerders teenoor onderwysstudente, onderwysers teenoor onderwysstudente, asook die universiteit teenoor onderwysstudente."

Riglyne om selfgerigte lees van intermediêrefaseleerders te ontwikkel met die koerant as multimodale hulpmiddel

Chanell Strauss, Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-19

"Hierdie navorsingsartikel behels eerstens die fasilitering van leesstrategieë aan intermediêrefaseleerders aan die hand van multimodale koeranttekste (e-koerante ingesluit) ten einde die leerders tot selfgerigte lesers te ontwikkel, en tweedens die voorstel van riglyne aan taalonderwysers vir hoe om dit te doen."

Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-10

"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"

Graad 10-Lewenswetenskappeleerders se sienings van die aanwending van gevallestudies in Lewenswetenskappeonderwys

Jhani Venter, Neal Petersen, Aubrey Golightly LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-10-29

"Die leerders se algemene mening oor die gebruik van gevallestudies was positief. Die bevindings vanuit die empiriese ondersoek in hierdie studie het daarop gedui dat leerders hulle eie rol asook die rol van die onderwyser by die aanwending van gevallestudies as positief ervaar het."

Vermengde leer in die Afrikaans Huistaal-klaskamer: onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-10-26

"Hierdie tydperk van afstandonderrig het ook mettertyd in ’n tydperk van hibriede leer (’n variasie op vermengde leer) verander, want onderwysers het terselfdertyd aangesig tot aangesig en virtueel leerders onderrig."

Onderwysers as slagoffers van geweld deur leerders in Suid-Afrikaanse skole

Nico Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-09-29

"Hierdie studie sou kon dien as ’n argetipe wat gebruik kan word in die soeke na oplossings vir geweld teen onderwysers in skole, en vir geweld in skole in die algemeen."

Nadenke oor plattelandse leerders se belewenis van ’n positiewe onderwysbenadering

Emma Groenewald, Emma Barnett, Edwin Darrell de Klerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-09-06

"’n Positiewe onderwysbenadering erken leerders vir wie hulle is sodat hulle waardeer voel en ’n samehorigheidsgevoel in die klaskamer ontwikkel. Hierdie samehorigheidsgevoel moedig leerders aan om aan klasaktiwiteite deel te neem."

’n Voorlopige eties-moreel-pedagogiese besinning oor die behartiging van die COVID-19-pandemie deur onderwysrolspelers in Suid-Afrika

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-07-12

"Die foute wat in die onderwys op eties-moreel-pedagogiese terrein gemaak is, is algaande reggestel. Dit bied hoop dat die pandemie verder aan met welslae die hoof gebied sal kan word."

Die gebruik van spelifiëring (“gamification”) as hulpmiddel vir woordeskatuitbreiding in ’n taakgebaseerde onderrigprogram vir taalverwerwingstudente

Petronella Genis, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-06-14

"Op grond van die teoretiese begronding en die opvoedkundige waarde van speletjies is ons van mening dat taalspeletjies in ’n taalverwerwingsklas gebruik kan word om die affektiewe filter te verlaag en dat dit moontlik kan bydra om positief-aktiverende emosies in die vreemdetaalklas aan te wakker en negatief-deaktiverende emosies […] te verminder wanneer die studente die taalspeletjies geniet."

Die teenwerking van leerderuitdagings in ’n plattelandse skool: aspirasionele kapitaal as navigasiemiddel

Emma Groenewald LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-05-11

"Aspirasionele kapitaal stel leerders in staat om nie op teenswoordige hindernisse te fokus nie, maar te hoop vir en te droom oor ’n beter toekoms. Dit blyk dat nie-materiële hulpbronne, soos waardes, norme en ondersteuning, leerders se aspirasies kan help vorm."

Onderwysers se persepsies van Facebook en Gesels.net as e-leeromgewings: implikasies vir nood-afstandonderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-04-19

"Alhoewel Facebook beskou is as makliker om te gebruik, was die verskil in persepsies nie betekenisvol nie. Daarom kon aanbeveel word dat die groep onderwysers Gesels.net gebruik om ’n e-leergemeenskap te vestig."

Die rol van nie-akademiese mentorskap om studente uit gemarginaliseerde groepe by ’n universiteit te laat inskakel – ’n gevallestudie

Jerome Joorst LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-04-07

"As gevolg van die mentors se emosionele belegging in hulle gementordes, bou die nuwelinge ’n stel innerlike hulpbronne, sosiale vaardighede en kulturele strategieë op wat hulle nie net hulle voete in ’n vreemde veld help vind nie, maar hulle selfs daarin laat floreer."

’n Ondersoek na ouerondersteuning aan primêreskoolleerders in skryfvaardighede en -aktiwiteite in lae-inkomstegesinne

Bernie Plaatjies LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-03-19

"Vanweë hul beperkte kennis van skryfaktiwiteite asook hul eie beperkte geletterdheidsvaardighede, vind laaggeskoolde ouers dit moeilik om doeltreffende ondersteuning te bied. In tandem hiermee speel werksomstandighede ook ’n rol. Werksomstandighede veroorsaak dat sommige ouers nie genoeg tyd het om ondersteuning te bied nie."

Studente se ervarings van verskillende afleweringsmodusse in ’n nagraadse diploma in bestuur

Alfred Henrico, Nelda Mouton LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-02-23

"Alhoewel dit in die minderheid was, het sommige studente in beide afleweringsmodusse wel ooreenstemmende negatiewe ervarings gehad ten opsigte van die wyse waarop hulle ondersteun is om te leer, dosentinteraksie, tydigheid van kommunikasie en die standaardisasie tussen die onderskeie modules in die program."

Die rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoërskoolleerders se opvoedkundige prosesse

Emma Groenewald, Aslam Fataar LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-02-16

"In hierdie artikel fokus ons op twee leerders se vermoë om hul linguistiese kapitaal in die konteks van hul opvoeding so aan te wend dat dit ’n bydrae tot hul opvoedkundige prosesse kan lewer."

Moedertaalonderrig: moedersmelk vir rekeningkundestudente?

Jan Dreyer, Juan Ontong, Armand Bruwer LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-01-18

"Die vraag kan gevra word waarom Zoeloe en Xhosa op die straat maklik praat- en verstaanbaar is, maar nie geskik is vir die klaskamer nie. Die eenvoudige antwoord is dat daar nie woorde bestaan, spesifiek in rekeningkunde, vir meeste van die vakterme nie."

Afrikaansstudente se persepsies en gebruik van WhatsApp as platform vir (taal-)leer: ’n nuwe norm(aal)?

Donovan Lawrence LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-01-14

"Studente se interaksie met die lesinhoud, medestudente en tutors is tot ’n groot mate deur toeganklikheid beïnvloed. Hulle het die verpakking van die lesinhoud in die vorm van ’n Word-dokument en stemnota positief ontvang. ’n Gebrek aan toegang tot Wi-Fi en data het egter ’n negatiewe invloed op hulle leerervaring gehad."

Top