LitNet Akademies (Opvoedkunde)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

  Opvoedkunde-redakteur
Alta Vos 
E-pos: alta@litnet.co.za

Leemtes in die gebruik van kohesiemerkers in die skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders

Nadine Fouché-Karsten LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-22

"Die bewerkstelliging van kohesie deur middel van die gebruik van kohesiemerkers wat deur verskillende taalvorme gerealiseer word, speel ’n belangrike rol gedurende teksproduksie en -interpretasie […] Met ander woorde, dit het betekenisintegrasie tot gevolg, aangesien dit vir die leser aandui dat ’n idee van een punt in die diskoers na ’n volgende voortgesit word en hoe die verskillende dele van ’n teks by mekaar pas."

Die gebruik van gedigte vir Afrikaanstweedetaalstudente in ’n taakgebaseerde benadering: ’n gevallestudie

Allison Matroos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-17

"Dit wil voorkom of die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas wél studente se woordeskat en begrip van Afrikaans kan verbeter. Die taakgebaseerde benadering het ten doel om studente prakties en teoreties met taal te laat omgaan. Gedigte prikkel taalaanleerders se kreatiwiteit en wek in hulle ’n aanvoeling vir taal."

’n Evaluering van die Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek volgens die KABV-vereistes

Nina-Lari Brewis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-12

"Indien die onderwyser nie tyd maak vir woordeboekgebruik in klasse nie, sal leerders nie weet hoe om ’n woordeboek te gebruik nie, of dit nie wil raadpleeg indien hulle onseker is oor die spelling of die betekenis van ’n woord nie."

’n Kritiese ondersoek en resensie van die handboek Piekfyn Afrikaans vir Graad 8 Huistaal

Nandi Victor LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-05

"Die onderwys is reeds stresvol genoeg en onderwysers se werkslading is hoog. Daarom is ek van mening dat dit onnodig is om nog verder te moet stres oor ’n handboek wat nie op standaard is nie."

’n Ondersoek na die gebruik van vertaalmetodes deur Afrikaanstaalverwerwingstudente

Asambese Mkumatela LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-12-01

"Die dosent kan vertaling in die tweedetaalklaskamer gebruik, veral vir moeilike woorde en terme, want dit help om die studente minder angstig te laat voel en sodoende word die studente deur die ontspanne atmosfeer aangemoedig en gemotiveer om deel te neem."

’n Ondersoek na die gebruik van voorsienbaarhede en gemengde leer in Afrikaanstaalverwerwing vir dowe taalaanleerders

Marthie de Waal LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-11-27

"Deur taalverwerwing vir dowe taalaanleerders uit verskeie invalshoeke te bekyk (naamlik die taakgebaseerde benadering en gemengdeleermodelle as onderriginstrumente) kan ’n ryker begrip daarvan verkry word om sodoende doeltreffende Afrikaanstweedetaalonderrig vir dowe aanleerders te verseker."

Taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vernuwende benadering

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-11-27

"Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie wat leerders bemagtig om kennis te versamel, hulle identiteit, gevoelens en idees met ander te deel en om hulle realiteit te bestuur."

Pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 2)

Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-31

"Hierdie artikel is die tweede van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak handel."

Pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 1)

Kanja van der Merwe, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-31

"Hierdie artikel is die eerste van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n taalonderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak uitbrei."

’n Ondersoek na skakeltolking as ’n kommunikatiewe tegniek vir tweedetaalverwerwing

Kanja van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-31

"Skakeltolking is ’n informele, interaktiewe vorm van tolking wat plaasvind wanneer twee of meer gespreksgenote nie ’n gemene taal deel nie en tolkdienste verg om die kommunikasiegaping te oorbrug (Perez 2016)."

Geslagsgelykheid in opvoedkundige ruimtes en praktyke: ’n feministies-pedagogiese ondersoek

Doniwen Pietersen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-27

"Vroue is steeds onderverteenwoordig in prominente akademiese en administratiewe rolle, ten spyte van pogings om geslagsgelykheid te bevorder."

’n Verkennende studie vir die implementering van ’n nagraadse diploma in taalonderwys by ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling

Annelise de Vries, Nic de Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, Karien Brits LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-27

"In ’n geglobaliseerde wêreld wat al hoe meer verbind word deur digitale kommunikasiekanale, is jongmense ywerig om bykomende tale aan te leer vir beide hul persoonlike en professionele ontwikkeling."

Die kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie: ’n lens om die onderrig van plantkunde as teenvoeter vir plantblindheid te ondersoek

Amelia Abrie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-09-27

"Plantblindheid, of die onvermoë om plante raak te sien of om hulle belangrikheid te erken, is ’n verskynsel wat wyd onder akademici, onderwysers, leerders en die algemene publiek voorkom."

Waarnemings van die effektiwiteit van ’n akademiese skryfassistent vir Afrikaanssprekende Baccalaureus in Opvoedkunde-studente

Candice Livingston, Pieter Boer, Amanda Swart, Wilna du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-25

"Taal speel binne die sosio-kulturele siening van akademiese geletterdheid ’n baie spesifieke en belangrike rol, aangesien taal die medium is waardeur ons dink en kennis opbou."

ChatGPT: Vriend en vyand in die Geografie-vakdidaktiek-klaskamer? Implikasies vir die praktyk

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-23

"Alhoewel die groei buitengewoon is, het ChatGPT se kuberbrein die aandag van akademici wêreldwyd getrek omdat dit geleenthede vir akademiese oneerlikheid kan skep."

Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die geleefde ervaringe van spraak-taalterapeute

Mariëtte Botha, Berna Gerber LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-22

"Die aanleer van die versorger se taal was die strategie wat deur die meeste van die terapeute aangewend is. Een deelnemer het verskeie idees gedeel rakende haar benadering tot die aanleer van die versorger se moedertaal en verduidelik hoe dit haar verhouding met die versorger positief beïnvloed het ..."

’n Model vir ’n slimfoontoepassing vir Afrikaanse uitspraak in ’n gemengde-leer-en-onderrigprogram (deel 3 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-22

"Hierdie artikel is die derde artikel wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel behels die uiteensetting van die navorsingsmetodologie, terwyl die tweede artikel die teoretiese begronding is van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer deur middel van ’n taakgebaseerde benadering. In dié opvolgartikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Teoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die tweede van drie wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Die eerste artikel verskaf die navorsingsontwerp vir die studie. Dié artikel behels die uiteensetting van die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die laaste artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Agter die skerms: Navorsingsmetodologie vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 1 van ’n drieluik)

Jaydey Sass, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-08-11

"Hierdie artikel is die eerste van ’n drieluik wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur die eerste skrywer vir ’n doktorale studie onderneem is. Dit sit die navorsingsmetodologie vir die studie uiteen. Die tweede artikel verskaf die teoretiese begronding van ’n gespelifieerde uitspraaktoepassingsmodel vir Engelssprekende studente wat Afrikaans as ’n vreemde taal aanleer. In die derde artikel plaas ons die fokus op die model waarop ’n gespelifieerde uitspraaktoepassing ontwerp kan word."

Die toepassing van ’n multigeletterdheidsbenadering in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-klaskamer

Alta Engelbrecht, Anike Conradie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-23

"Die doel van hierdie studie is om die hoekom, wat en hoe van multigeletterdheid te ontgin om die aanleer van ’n addisionele taal te vergemaklik."

Top