LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van natuurwetenskaplike aard. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) skakel nou met:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Riglyne vir navorsers wat van Latex gebruik maak, kan hier gevind word.

Natuurwetenskappe-redakteur
Wessel Pienaar
Voorleggings en navrae: akademies@litnet.co.za

Natuurwetenskappe-ereredakteur
Jannie Hofmeyr
Voorleggings en navrae: akademies@litnet.co.za

Natuurwetenskappe-ereredakteur
Hendrik Geyer

Voorleggings en navrae: akademies@litnet.co.za

 

Diatomiese Au–Au-gebonde spesies: veelsydig en multifunksioneel

Helgard Raubenheimer, Stephanie Cronje LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-02-15

"Baanbrekerstoepassings het reeds uit die gerapporteerde werk voortgevloei en sluit in aktuele, hoogs selektiewe katalitiese prosesse (o.a. CO-oksidasie en metaanaktivering) en die gepaardgaande kompleksvorming met eenvoudige monodentate toeskouer- of deelnemende ligande."

’n Ondersoek na die bionomie, morfologie, verspreiding en beheer van die Stilbaaimuggie (Leptoconops demeilloni [Diptera: Ceratopogonidae])

Gideon J. Begemann LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2023-07-12

"Die Stilbaaimuggie is endemies aan die Kaapse Fynbos-streek en is reeds waarskynlik vir miljoene jare in hierdie omgewing teenwoordig."

Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2022-10-31

"Hierdie gemeenskap verteenwoordig bestanddele wat in ’n hoofgereg saam met hoender gebruik word. Witwyn, sjerrie, tuna, noedels en suurroom word ook in hierdie gemeenskap aangetref, sowel as kruie soos salie en ’n spesery soos cajun. Witwyn word met ander woorde gereeld saam met hoendergeregte gebruik, terwyl rooiwyn meermale saam met rooivleisgeregte gebruik word."

LitNet Akademies (Natuurwetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief die volgende voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Natuurwetenskappe).

Oligomerisasie van langerketting 1-alkene in die teenwoordigheid van Cp2MCl2-metalloseen-, meer komplekse Zr-metalloseen- en tridentaat bis(imino)piridienyster(II)-katalisatorsisteme

Frans TI Marx, Esna Pieters, Hermanus CM Vosloo LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2018-10-25

"Uit die drie reekse katalisatore wat ondersoek is, is vier geïdentifiseer wat die hoogste aktiwiteit getoon het, en die potensiaal het om vir die dimerisasie van langerketting 1-alkene gebruik te kan word."

Perspektiewe vanaf die B-latfunksies op die normaalverdeling, toegepas op die Diskrete Pulstransform

Carl Rohwer LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2018-05-24

"Ons kyk dus verby die Fouriertransform na transforms wat nie op kontinuïteit staatmaak nie, en na funksies met ook ’n klokvorm soos die normaalverdeling, maar nie so glad nie."

AuII: Skaars of afgeskeep? ’n Kritiese literatuuroorsig

Helgard Raubenheimer LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2016-06-17

"Die vorming van AuII gedurende nanogoudsintese, ’n rol daarvoor in homogene katalise, sowel as die stabilisering daarvan op verskillende vaste ondersteuningsplatforms, toon dat meer bruikbare toepassings in die toekoms verwag kan word."

Die fassinerende meganika van hoppende fietswiele

Willem Theron, Milton Maritz LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2016-05-26

"Feitlik al die gepubliseerde numeriese resultate is gegee vir beweging van ’n hoepel op ’n horisontale vlak; in hierdie artikel word ’n wiel wat afrol op ’n skuins vlak beskou."

’n Kwantifisering van kleinwêreldsheid in Afrikaanse kultuurnetwerke in vergelyking met ander komplekse netwerke

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2015-11-05

"Hierdie artikel stel ondersoek in na die kleinwêreldverskynsel in Afrikaanse kultuurnetwerke met spesifieke verwysing na die Afrikaanse filmbedryf en die Afrikaanse literêre sisteem."

Gedeeltelike beskrywing van bakterieë in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiële probiotika

Anneke Postma, Karin Jacobs LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2015-06-18

Perlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes.  Hierdie studie het die bakterieë in die perlemoen se spysverteringskanaal ondersoek om een te identifiseer wat as probiotikum gebruik kan word.

Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel

Elmien Thom, Jason Matthews, SE Visagie LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2014-12-03

Hierdie artikel beskou 'n gevallestudie van die probleem van voorraadtoewysing aan Pep Stores Bpk. (PEP), een van die vernaamste kleinhandelaars in Suid-Afrika.

Nadelige spoorelemente in tee en kruietees: die geval van rooibostee versus ander kommersiële tees en kruietees

Sanja Potgieter-Vermaak, Herman Potgieter LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2014-05-14

Tee is ’n welbekende bron van antioksidante, maar wat minder algemeen bekend is, is dat tee ook ’n bron van verskeie toksiese elemente is, soos byvoorbeeld fluoried en sekere metale.

Verbetering van die voorspellingsakkuraatheid van regressiemodelle met minimale aannames

Giel Hattingh, Hennie Kruger, Magderie van der Westhuizen LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2013-11-11

"In hierdie artikel word ’n regressiemodel wat op minimale aannames gebaseer is, bestudeer en uitgebrei in ’n poging om voorspellingsakkuraatheid te verbeter."

Die problematiek verbonde aan die identifikasie van Taenia spp. in honde (Canis familiaris), jakkalse (Canis mesomelas) en rooikatte (Caracal caracal) in Suid-Afrika

Dionne Crafford, Dawie Kok LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2013-08-06

"Die lintwurm Taenia solium, met sy feitlik wêreldwye verspreiding, is inderdaad seker die bekendste parasiet wat mense besmet. Reeds so vroeg as 1550 v.C. is verwysings gevind na lintwurmbesmetting in mense."

Asikliese karbeenkomplekse maak eerste opslae in goudstormloop

Helgard Raubenheimer LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-11-28

"Tot onlangs was goud ’n afgeskeepte element onder chemici. Vanweë sy chemiese stabiliteit, en dalk ook sy prys, is min navorsing daarop gedoen, en aan universiteite is die chemie daarvan meestal net in die verbygaan genoem."

Die risikoprofiel van Pb en Cr in stedelike padstof

Sanja Potgieter-Vermaak, Herman Potgieter, René van Grieken LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-10-24

"Omgewingsdeeltjies beïnvloed die mens en die omgewing op verskeie maniere en die omvang daarvan hang van ’n aantal faktore af. Hierdie deeltjies hou ’n risiko in vir mens en dier, omdat dit opgeneem word deur inaseming (hetsy deur die mond of neus) en dus biobeskikbaar kan raak."

Epigenetika: die skakel tussen genetika en omgewing

Liza Bornman, Gerrit Koorsen LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-08-15

"Epigenetika regverdig die herskryf van die moderne evolusieteorie. Dit ondersteun die oorerwing van verworwe eienskappe en werp nuwe lig op meganismes wat inligting kommunikeer vanaf die omgewing na die genoom, transkriptoom en proteoom."

Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Danielle du Plessis, Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks, Thomas Eugene Cloete LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-06-08

"Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie toegang tot veilige drinkwater het nie."

Enumerasie van self-ortonogale Latynse vierkante met simmetriese ortogonale maats

Alewyn Burger, Martin Kidd, Jan van Vuuren LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-05-10

In hierdie artikel enumereer die skrywers verskeie ekwivalensieklasse van self-ortogonale Latynse vierkante met simmetriese, ortogonale maats (SOLVSOMs), ’n probleem wat nog nie in die literatuur oor kombinatoriese ontwerpe aangespreek is nie.

Toewysingsheuristieke om die volgorde van bestellings vir 'n uitsoeklyn te bepaal

SE Visagie, AP de Villiers LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-03-20

Hierdie artikel ondersoek 'n sisteem vir die opmaak van bestellings deur middel van heuristieke. Die uitsoek en opmaak van bestellings in 'n distribusiesentrum wat deur Pep besit word, word ondersoek.

Top