LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Godsdienswetenskappe-redakteur
Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs)
E-pos: pgdevilliers@gmail.com
Bioskets

 

Die narratiewe bekragtiging van die positiewe ontvangs van Seneca se voorsienigheidsleer tydens die Protestantse Kerkhervorming

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-06-15

"Die vraag wat Seneca in hierdie werk beantwoord, gaan dus nie bloot oor waarom bose of slegte dinge as sulks bestaan nie, maar spesifiek waarom dit oor goeie mense se lewenspad kom, ’n vraag wat hy beantwoord deur die idee van bonatuurlike voorsienigheid of bestiering teen die idee van toeval te verdedig."

’n Ondersoek na Christelike digkuns in Afrikaans na aanleiding van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017)

Pieter Verster LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-06-11

"Wanneer kan ’n gedig as godsdienstig beskou word? Moet daar spesiale kriteria vir godsdienstige gedigte wees?"

Om die Bybel met eenvoud te lees: Fransiskus van Assisi (c. 1181–1226) se geestelike lees van die Bybel

Artemisa C Rodrigues LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-05-12

"Fransiskus was meer besorg oor die proses van Bybellees – dit moes ’n proses wees wat die mens opwaarts nader aan God bring, maar wat die mens ook afwaarts neem na diegene wat minderbevoorreg en verstote is."

Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë

Ian Nell LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-04-29

"Leierskap in Christelike geloofsgemeenskappe is derhalwe inherent ’n geestelike aangeleentheid, en daarom moet mens nie die vermoë wat sulke leiers het om ander se gedrag en optrede te beïnvloed, ligtelik opneem nie."

Is siekte ’n straf van God? Teologiese perspektiewe uit die Bybel en die Apokriewe

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-04-23

"Daar word ten slotte ook gevra wat die moontlike impak van hierdie perspektiewe uit die Bybel op ons vandag is, veral in die lig van die COVID-19-pandemie."

Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos millenniër-Christene: ’n Ritueel-liturgiese verkenning

Marileen Steyn, Cas Wepener LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-01-29

“Gereformeerdheid word sodoende dus weer ’n moontlikheid vir millenniërs – nie deurdat hulle die klassieke erediens bywoon nie, maar wel deurdat hulle in ’n vorm van ’n gemeenskap van gelowiges tree.”

Die estetika van ’n skreeu-lelike, “weerlose God”. Skilderkuns as medium in prosesse van teologies-paradigmatiese transformasie – ver-beeld-ende stank (skúbalon) vir skandalige on-dank (skandalon)

Daniël Louw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-01-27

“Die implikasie en argument is dat skilderkuns ’n medium is om God se wese nie te probeer definieer nie, maar slegs esteties te ‘infinieer’ – die sosyn van God in terme van solidariteitsmedelye.”

Die sublieme in die ekologie: ’n Ekofeministiese teologiese interpretasie van ’n Oos-Kaapse kunstenaar se ekologiese visie, spiritualiteit en identiteit

Annalet van Schalkwyk LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-12-16

“Hierdie ondersoek van ekofeminisme lei tot die oogmerk en strategie daarvan, naamlik ’n radikale transformasie van hoe ons as mense onsself en ons verhoudings met andere en met die aarde beskou.”

Elisabeth Eybers se “soetste kettery”: Die woord en die Woord in haar poësie

Lina Spies LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-12-13

“Sonder ontkenning van die algemeen-menslike dimensie van Elisabeth Eybers se religieuse poësie, gaan ek uit van haar vroulike identiteit.”

’n Mistieke lesing van Psalm 42/3

Nico Viljoen, Pieter GR de Villiers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-12-12

“Om op God te wag is om alles te laat los, geen ander steunpunt te hê as die daad van oorgawe aan die Een op Wie gewag word nie.”

Is die paradys in die hemel of op die aarde, en hoekom? Die aard en funksie van die paradys volgens die interpretasie van Johannes Chrusostomus

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-12-10

“Wat is die aard en funksie van die paradys volgens Chrusostomus?”

Liggaamlike en morele onreinheid in Levitikus: ’n geïntegreerde reinigingsisteem

Esias E. Meyer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-12-04

“Die artikel lewer ’n bydrae tot die debat oor twee soorte onreinheid in Levitikus.”

Die Klub van Rome (“Club of Rome”) se soeke na planetariese welsyn beskou deur die oë van ’n Gereformeerde teoloog

Johan Buitendag LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-11-29

“Hierdie artikel ondersoek die raakvlakke tussen teologie en wetenskap in die lig van die dreigende ekologiese krisis.”

’n Liturgiese praxisteorie vir ’n teologie van versoening en geregtigheid

Suzanne van der Merwe, Cas Wepener, Marcel Barnard LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-11-20

“Hoe kan die liturgie soos gevier binne die NG Kerk formatief meewerk om versoening by gelowiges te bevorder sodat dit sal impakteer op die huidige en toekomstige Suid-Afrikaanse samelewing?”

Institute vir gevorderde navorsing: Elitistiese luuksheid of bakermat van die wetenskap?

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-11-14

“Is IGN’s hulle sout werd? Regverdig hulle die tyd en die middele wat blykbaar so mildelik aan hulle toegedeel word?”

“Jy moet die aarde liefhê soos jouself”

Johan Buitendag LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-30

“Die mens het die aarde nodig, maar die aarde het nie die mens nodig nie.”

Die politieke eskatologie van Groen van Prinsterer en die impak daarvan op Christelike Konserwatisme in die VSA

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-30

“Groen van Prinsterer was ’n baanbreker in terme van die ontwikkeling van ’n optimistiese Christelike politieke eskatologie in die 19de eeu.”

Louter handeling vir alle Christene: dans, plavei en Van Gogh se Die sterrenag

Jannie Pretorius LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-30

Die sterrenag is ’n manifestasie, ’n polsende prentjie, van God se Gees wat fladder oor die donker aarde onmiddellik voordat Hy sou sê: ‘Laat daar lig wees.’”

Die transformerende effek van ’n mistieke lees van die Skrif

Celia Kourie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-30

“Deel van die ongekende belangstelling in spiritualiteit in onlangse dekades [...] sluit ’n opwelling in navorsing oor spiritualiteit en die Bybel in.”

Holistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis: ’n Pastoraal-hermeneutiese perspektief

Martin Khoaseb, Christo Thesnaar LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2019-10-09

“Die veronderstelling is dat holistiese Christelike spiritualiteit ’n sterk basis van hoop aan Afrika-mense tydens siekte en krisis bied.”

Top