LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
  • LitNet Akademies se Godsdienswetenskappe-afdeling is nie konfessioneel of kerklik verbonde nie. Skrywers kan dus nie veronderstel dat hul oortuigings deur die lesers van die joernaal gedeel word nie.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Godsdienswetenskappe-redakteur
Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDrs)
E-pos: pgdevilliers@gmail.com
Bioskets

 

Potensiaal van Pentekostalistiese prediking om geslagtelike identiteit te vestig

Marius Nel LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-01-09

"Dit is nodig dat prediking doelbewus van die bestaande hegemoniese ideologie losgemaak word deur Pentekostalistiese taal te versaak wat ’n tydgerigte en kontekslose begrip van geslag en familie uit enkele Bybelse tekste aflei."

Al is my stem gebroke, my asem sonder krag ... Geleefde religie en die werking van die kerklied

Elsabé Kloppers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-11-28

"Waar ons tot swye kom in die uur van ons diepste verdriet en in ons uur van dood, dra die lied uit ander se monde ons deur die donker."

Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-11-27

"Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer. Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou."

Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-11-24

"Trauma word in verband gebring met God en daar ontstaan ’n spanning tussen dit wat as traumaties beleef word en God se betrokkenheid al dan nie by die trauma."

Die kuns van die onvoltooide: die verwerking van trauma in die poësie

Heilna du Plooy LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-10-04

"Natuurlik kom nie alle groei uit trauma voort nie en inderdaad lei nie alle trauma altyd tot groei nie. Die rol van die letterkunde daarin is ook beperk."

Die geskiedenis, natuur en algemene openbaring in die Christelik-historiese denke van Groen van Prinsterer

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-08-01

"Groen van Prinsterer (1801–1876) se Christelik-historiese beskouing is gekenmerk deur ’n tweeledige waardering vir die Godsopenbaring soos dit neerslag vind in die Skrif aan die een kant en in die geskiedenis aan die ander kant."

Bejaardheid as interseksionele magsdiskoers: Die konsepte van ouderlinge en bejaarde ouerskap en bejaardesorg in die Nuwe Testament

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-05-15

"Die artikel benader ouderdom as ’n diskoers, een wat nie net fisiek of biologies gekonstrueer is nie, maar ook sosiaal en kultureel bepaal is."

Wat beteken dit om volgens Kolossense 3:10 vernuwe te word "in kennis na die beeld van sy Skepper"?

Jan G van der Watt LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-03-23

"Die vernuwing vind ten opsigte van kennis plaas wat as voorbeeld die beeld van sy Skepper het. ... Op grond van die kennis van God weet gelowiges hoe om reg op te tree, en deur reg op te tree brei hulle kennis van God uit."

Logos as logika: Die epistemologie van die Calvinistiese filosoof Gordon Clark (1902–1985)

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2023-03-16

"[Dit is] interessant hoe Clark se Presbiteriaanse agtergrond en sy gepaardgaande streng aanhang van die Westminster Geloofsbelydenis van 1647 ’n deurslaggewende rol in terme van sy beskouing van die rol van Logos as epistemologiese begrip gespeel het."

Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-12-14

"Verbeelding ly aan dieselfde 'swak selfbeeld' as moontlikheid, naamlik dat dit met ’n ontkoppeling van die werklikheid geassosieer word. Vir baie beteken verbeelding ’n ontvlugting van die hede in die vorm van dagdrome of die bou van lugkastele."

Manlikheid, demonologie en sielsgesondheid in Johannes Chrusostomus se retoriek oor die biskop-martelaar Babulas teen die Romeinse keisers

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-11-14

"In sy tekste oor Babulas gebruik Chrusostomus drie keisers om aan te toon hoe die nuwe Christelike standaard van manlikheid ook op die hoogste gesag in die Ryk toegepas kan word. Waar die keiser dikwels in die verlede die toonbeeld van konvensionele Romeinse manlikheid was, vervang die figuur van die biskop of martelaar dié posisie."

Die sosiogodsdienstige betekenis van daaglikse gebedsrituele vir die voor-Niceense Kerk in Noord-Afrika

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-10-12

"By wyse van hierdie eskatologiese fokus oorbrug hierdie gebedsrituele dan ook die tragiek van godsdienstige konflik, aangesien die versoening met en toenemende insluiting van ander in hierdie nuwe godsdiensgemeenskap as van wesenlike belang geag is."

Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel

Sebastiaan Floor LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-09-07

"Risiko’s is die volhoudende negatiewe gesindhede van die kant van nie-Kaapssprekers, ’n swak taaltrots en ’n trae omhelsing van die konsep van taalontwikkeling van Kaaps deur die eindgebruikers self. Die ongewenste spanning tussen die variëteite kan die implementering van ’n Kaapse oraal-mondelinge of geskrewe Bybel teen ’n klipmuur van interne weerstand laat stuit."

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief die volgende voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe).

Epistemologiese oorwegings by die Neo-Calvinistiese afwysing van die teokratiese inslag van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-03-28

"Die Neo-Calvinistiese benadering tot artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis verteenwoordig ongetwyfeld ’n radikale breuk met die teokratiese inslag van hul Gereformeerde voorgangers."

Verwondering ondanks verwonding. Tussen aftakeling (verganklikheid) en ontkieming (onverganklikheid) ‒ oor die spirituele estetika van ’n “pneumatiese liggaam” binne die knyptang van veroudering, sterwe, graf en dood

Daniël Louw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-02-28

"Goddelike bekleding is die teologiese misterie binne-in die doodsheid van die dood; ’n vorm van 'onsterflikheid' verhul in die dinamika van die opstandingshoop."

Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese: Die geval van die toring van Babel (Gen. 11:1–9)

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-01-11

"Daar is in hierdie artikel getoon dat Chrusostomus se eksegese ’n onmisbare pedagogiese aard weerspieël. Hy stel minder belang in groot teologiese kwessies soos die Drie-eenheid. Hy probeer eerder om aan sy gehoor praktiese riglyne en waarskuwings te gee oor hoe hulle moet dink en hulself gedra."

’n Veelkantige besinning oor eutanasie

Jaco Beyers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-12-15

"’n Balans is belangrik: beskerm die lewe, maar moenie die dood verhinder nie. Om uitvoering daaraan te gee, sal daar besin moet word oor wat die swaarste weeg: die reg om te lewe of die reg om te sterwe."

"Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-12-10

"Die psalms in die algemeen, en Psalm 116 in die besonder, is werd om gelees te word as poësie, gebid te word as gebede en gesing te word soos wat gelowiges vir eeue al doen, juis en veral in uitdagende tye soos die huidige pandemie wat nou al vir meer as 15 maande die lewens van talle mense intens ontwrig."

“Forgive for you can afford it”: Emily Hobhouse by die onthulling van die Vrouemonument

Piet Strauss LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-10-26

"Emily Hobhouse se plek onder Afrikaners was so gevestig dat sy saam met Afrikanerleiers by die Vrouemonument begrawe is – ’n groot eer wat Afrikaners aan haar as ’n buitestander wou bewys."

Top