LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse militêre doktrine

Leopold Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-02

“Die punt is dat die Afrikaners op taktiese gebied – in sowel die Anglo-Boereoorlog as die Grensoorlog – ’n natuurlike instink gehad het wat hulle baie goed te staan gekom het. Op operasionele en strategiese vlak was dit egter ’n ietwat ander storie.”

Die konseptualisering van volhoubare landelikelewensbron-ontwikkeling in Suid-Afrika met verwysing na volhoubare ontwikkeling as grondslag: ’n navorsings- en oorsigartikel

Menini Gibbens, Carel Schoeman, Juaneé Cilliers LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-30

“In Afrika, en ook in Suid-Afrika, is dit noodsaaklik om daarop te let dat volhoubare ontwikkeling haalbaar sal wees slegs indien arm en rantstandige gemeenskappe spesifiek ingesluit word in die proses.”

Visuele uitbeeldings van ’n miskraam in die kunswerk Loss: ’n Kritiese toepassing van Freud se teorieë van verlies en trauma

Nathani Lüneburg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-27

“Ek ondersoek traumateorieë oor verlies en argumenteer in die lig hiervan dat rou ’n natuurlike, terapeutiese manier is om op verlies te reageer.”

China se eerste oorsese militêre basis in Djiboeti: ’n kontekstualisering van die oogmerke, politieke belange en toekomsmoontlikhede

Theo Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-25

“Diplomatieke bande tussen China en Djiboeti bestaan reeds sedert 1997, maar dit was eers meer onlangs dat China sy voetspoor in dié klein Afrikastaat verdiep het.”

Herbesoek aan Afrikaanse klemtoon: Is dit (nog) ’n inisiëleklemtoontaal?

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-09-19

“In hierdie bydrae word vanuit ’n verskeidenheid hoeke geargumenteer, en bewyse daarvoor verskaf, dat Afrikaans sterk wegbeweeg (het) van ’n kenmerkend inisiëleklemtoontaal.”

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 2: Oorsake en gevolge

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-25

"Die getal politieke leiers wat deur die toepassing van hierdie besondere strategie tot regeerposisies regoor die wêreld verkies is, het tussen 1990 en 2018 vyfvoudig toegeneem, van vier tot 20."

Die kragtige oplewing van populistiese mobilisering in die eietydse internasionale stelsel – Deel 1: Literatuuroorsig, teoretiese benadering en voorkoms

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-24

"Anders as sy voorganger se sosialistiese en anti-elitistiese retoriek (die plasing van blaam op witmonopoliekapitaal vir die werkloosheid, armoede en ongelykheid in die samelewing en die regstelling daarvan deur “radikale ekonomiese transformasie”) het Ramaphosa, soos president Bolsonaro van Brasilië, ’n nuwe liberale koers ingeslaan en sy retoriek daarby aangepas."

De potestate regia et papali: ’n “uurglas”-bywerking van die mees onlangse Quidort-navorsing

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-07-10

"Bogenoemde Quidort-uitsette toon dat navorsing in Middeleeuse filosofie sinteties steeds bo die gestandaardiseerde bronne kan uitstyg en die kanon van Middeleeuse filosofie altyd nog ’n keer kan verruim en verryk – maar daardie toenemend-problematiese kanon ook dialekties kan begin ondermyn."

Mag en ideologie in die Afrikaanse vertaalgeskiedenis

Maricel Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-06-26

"Die Suid-Afrikaanse samelewing se verwantskap deur die geskiedenis met uiterste sosiale ongelykhede en magstryde wat nou verbonde is aan kultuur en taal, bied ’n geskikte agtergrond waarteen vertaling se sosiale funksie ontbloot kan word."

Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande

Louise Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-06-10

"My doelstelling in hierdie artikel was om Krog se posisie as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika en Afrikaans aan die een kant en die Lae Lande en Nederlands aan die ander kant te bespreek deur te fokus op haar postuur as skrywer."

Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd

Marthie Momberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-06-01

"Waarom sou iemand wat nie self Palestyns is nie, die Palestynse stryd aktief en in die openbaar ondersteun? Hierdie artikel bied ’n oorsig oor die redes waarom Joods-Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers aangesluit het by die Palestynse bevrydingstryd."

’n Landboublad as “sosiale barometer”: Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-05-21

"Die Afrikaanse landboutydskrif Landbouweekblad vier in Mei 2019 sy eeufees. Hierdie artikel beskou vanuit ’n mediageskiedkundige asook tydskrifstudie-vertrekpunt die ontstaan en ontwikkeling van die blad sedert 1919."

Perspektief op /ɛ/-verlaging in Afrikaans

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-05-07

"Die belangrikste gevolgtrekking waartoe in hierdie studie gekom is, is dat /ɛ/-verlaging as fonologiese proses wel oor ’n wye front voorkom, maar veel meer gekompliseerd is as wat die gangbare beskrywings daarvan suggereer."

Antjie Krog, gemeenskaplikheid en die behoefte aan interverbondenheid in Mede-wete (2014)

Remona Voges LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-04-24

"In hierdie artikel sal ek poog om die hantering van die begrip interverbondenheid in Krog se bundel Mede-wete te ondersoek en na te gaan hoe dit by die begrip ubuntu in die Afrika-filosofie aansluit."

Migranteliteratuurtemas in Die wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-04-18

"Hierdie artikel ondersoek hoe migranteliteratuurtemas in Die wêreld van Charlie Oeng (Van Heerden 2017) benut word om ’n ooreenkoms te tref tussen die ervaringswêreld van nie-Westerse migrante in Westerse gasheerlande en die inheemse swart bevolking in Suid-Afrika gedurende die apartheidsera."

Hildegard von Bingen (1098–1179) as ’n 12de-eeuse filosoof-teoloog

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-03-22

"Wat ’n merkwaardige Benediktyn, wat ’n merkwaardige filosoof-teoloog, en wat ’n merkwaardige mens: Hildegard von Bingen het die beeld van God, asook die beeld van die mens, op ’n uitnemende, altyd idiosinkratiese, hoewel miskien met oomblikke van diskursiewe eiesinnigheid en ’n mate van vroulike selfkoestering, verruim en verryk."

''Ons skryf soos ons praat'': Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners

Elvis Saal, Donovan Lawrence LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-02-07

"Taal is voortdurend aan die verander, en een van die kragte wat op taalverandering inwerk, is informalisering, dit is die integrasie van spreektaalvorme in die skryftaal."

Die vertaling van eiename by Deon Meyer: ’n ondersoek na konsekwentheid

Marius Swart, Ruchelle Kleyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-18

"Vertaalbesluite moenie lukraak geneem word nie, aangesien dit die oordrag van die intrinsiek Suid-Afrikaanse elemente, ’n kernelement in Meyer se werk wat onder andere in die eiename tot uitvoering gebring word tot nadeel strek."

Mens-dier-verhoudings in Thomas Mofolo se historiese roman Chaka (1925, 2017)

Sonja Loots LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-18

"Mofolo se roman blyk voorts ’n goeie voorbeeld te wees van De Mello se siening dat aandag aan die rol van diere insigte bied oor die teks self: in hierdie geval die roman se negatiewe oordeel oor Chaka se bewind as strydig met die gees van Afrikahumanisme."

Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-13

"Mag die artikulering van die Arabiese trajekte in die Karolingiese en post-Karolingiese periodes van Middeleeuse filosofie in hierdie artikel en die voorafgaande hiervan, ’n 21ste-eeuse resepsie van Middeleeuse filosofie verruim en verryk."

Top