LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R9 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2016 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die kontrolevorm wat saam met voorleggings gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Die verhewe simboliese kapitaal van skoolhoofde op ’n plattelandse dorp

Japie Spies, Aslam Fataar 2014-09-11 "Hierdie artikel fokus op die inwerking van ’n plattelandse-dorp-konteks op skoolhoofde se leierskappraktyke."

Die problematiek en potensiaal van die huishoudelike ruimte in Klaaglied vir Koos (1984) deur Lettie Viljoen

Bibi Burger 2014-09-03 Bibi Burger ondersoek die huishoudelike ruimte wat met vroulikheid geassosieer word in die eksperimentele feministiese novelle, Klaaglied vir Koos.

’n Nuwe bedeling, ’n ou bewussyn: Die verhale van ’n lyfeiene

Jan K Coetzee 2014-08-25 "Hierdie artikel plaas die soeklig op ’n enkele individu en sy lewensverhale. Die verhale word geplaas teen die agtergrond van die sosiale struktuur waarbinne hy sy leefwêreld beleef."

Die manifestering van teorie in die skoolhoof se rol in onderwysersamewerking: ’n gevallestudie

Trudie Steyn 2014-08-13 Wat is die rol van die skoolhoof in die bevordering van 'n samewerkingskultuur? Trudie Steyn ondersoek die skakel tussen skoolleierskap en geselekteerde leierskaps- en onderwysersamewerkingsteorieë.

Seks, ras en boeremusiek: agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees

Willemien Froneman 2014-07-31 Het wit Afrikaners 'n gebrek aan sanglus gehad in die 20ste-eeu? Willemien Froneman ondersoek die impak van boeremusiek by die 1938-Eeufeesvieringe.

Opvoeding vanuit ’n post-postfundamentistiese perspektief

Hannes van der Walt LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-07-22

"Post-postfundamentisme het betreklik onlangs sy verskyning gemaak in reaksie teen sowel die fundamentisme as die postfundamentisme, ook deur sommiges die postmodernisme genoem."

Die verhouding tussen trauma en magiese realisme in Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee

Reinhardt Fourie 2014-07-08 Hierdie artikel ondersoek die verband tussen trauma en magiese realisme in die roman Op soek na generaal Mannetjies Mentz (1998) deur Christoffel Coetzee.

Die laaste avontuur? ’n Bespreking van die Woeste Land-tema in Queste del Saint Graal

Alettie van den Heever 2014-06-26 Binne die Arturiaanse letterkunde vind die soektognarratief by uitstek neerslag in die graalromans. ’n Ondersoek na die Woeste Land-tema in Queste del Saint Graal dui daarop dat hierdie roman daarop gemik was om ’n einde te bring aan die avonture en hoofse ridderskap wat die soektognarratief in die meeste ander Artur-romans gedryf het.

Die beeld is duursamer as die begrip

Heilna du Plooy LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-06-17

Hierdie artikel het ten doel om die poëtiese nalatenskap van N.P. Van Wyk Louw en die oorlewingsvermoë, dit wil sê die duursaamheid, van die poësie te ondersoek na aanleiding van resensies en studies oor Louw se werk wat berus op die interpretasie en intellektuele verstaan of begrip van die tekste.

Minimum vereistes vir professionele vertalers: Vertaalvermoë volgens die teorie en in die praktyk

Alta van Rensburg 2014-06-10 Hierdie artikel ondersoek die minimum vereistes wat in die vertaalteorie aan vertalers gestel word deur ’n bespreking van die drie mees onlangse vertaalvermoëmodelle, naamlik die PACTE-, TransComp- en EMT-model.

Die intellektuele struktuur van die Afrikaanse letterkunde: ’n Verwysingsontleding van artikels in die Afrikaanse letterkunde met behulp van netwerkanalise

Burgert A Senekal 2014-06-03 In hierdie artikel word ’n netwerkanalise onderneem van akademiese artikels in die Afrikaanse letterkunde soos oor die afgelope twee jaar gepubliseer, en daar word aangedui watter joernale, universiteite en skrywers die meeste na verwys word, asook watter joernale die meeste nuwe bronne tot die verwysingsnetwerk toevoeg.

Die verwerkingsproses ten opsigte van toneelkeuse met verwysing na die rolprent Roepman

Elbie Adendorff, Adean van Dyk 2014-05-20 "Tradisioneel word die studie van filmverwerkings vanuit ’n literêre domein gedefinieer en die draaiboek en uiteindelike film staan sekondêr tot die literêre roman as bronteks. Die studie van die verwerking van ’n roman na ’n draaiboek is een waaroor tot dusver, in vergelyking met studies in letterkunde en filmkunde, min geteoretiseer is."

Tussen tale: 'n Stereoskopiese lees van Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over aan die hand van literêre teorie

Elzet Kirsten, Ilse Feinauer 2014-05-05 Hierdie artikel fokus op die vertaalverhouding tussen die Afrikaanse en Engelse weergawes in hierdie bundel wat deur oortekening en die tweetalige uitleg moontlik gemaak word en op die stereoskopiese lees- en interpretasieproses waaraan die tweetalige leser uitgenooi word om deel te neem.

D.J. Opperman se laatwerk

Helize van Vuuren 2014-04-15 Dié navorsing oor D.J. Opperman fokus op Celan, Dolosse van 1963 (spesifiek gefokus op “Vuurbees”), Opperman en N.P. Van Wyk Louw se digterlike mededinging, en op Opperman se twee soorte laatwerk wat nie inpas in enige bekende patroon van laatwerk soos beskryf deur teoretici nie.

Die verrekening van taalvariasie in die prosawerk van Elias P. Nel

Frank Hendricks 2014-04-11 In hierdie artikel val die soeklig op twee streeksliteratuurbundels van Elias P. Nel, naamlik Iets goeds uit Verneukpan? en Mafoiing en annerlike gelofietjies, wat onderskeidelik in 1998 en 2001 gepubliseer is.

Ekokritiek en die nuwe materialisme: ’n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012)

Susan Smith 2014-04-02 Wat is die teoretiese agtergrond van die nuwe materialisme en objekgeoriënteerde ontologie en hoe kan aspekte daarvan as ekokritiese leesstrategieë aangewend word? Susan Smith stel ondersoek in en pas dit toe op gedigte van Johann Lodewyk Marais uit sy bundel In die bloute (2012).

’n Eeu van orde in sakeondernemings in dorpe van die Oos-Kaapse Karoo

Daan Toerien LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-03-13

Vroeëre waarnemings van ’n reglynige verband tussen bevolkingsyfers en die getal sakeondernemings in Suid-Afrikaanse dorpe bied ’n nuwe benadering om sakedinamika in dorpe te ondersoek

Die opskorting van pasiëntvertroulikheid in aptekerswese: ’n Etiese ontleding

Johann Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-03-03

Dit noodsaak aptekers om bepaalde morele besluite self te neem wat sekere situasies met pasiënte betref. Die artikel se doel is om binne ’n filosofiese raamwerk die agtergrond te ondersoek waarbinne pasiëntvertroulikheid verbreek sou kon word.

Blinde alfabet: ’n Moedswillige Willem Boshoff reken af met meerderwaardigheid – ’n neo-Marxistiese interpretasie

Rita Swanepoel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-02-21

Die gesprek wat tussen siende en blinde mense in Blinde alfabet ontlok word, kan as ’n metafoor dien vir die gesprekke en nuwe vriendskappe wat gevorm kan word in ’n demokratiese Suid-Afrika tussen mense wat binne ’n koloniale en apartheidsbestel kunsmatig verdeeld was en mekaar gevolglik nie op ’n sosiale vlak geken het nie.

Kwessies van mite en moraliteit by G.R. von Wielligh se Boesman-optekeninge

Jean Lombard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2014-02-11

Von Wielligh noem uitdruklik dat die “onbeskaafde” Boesman oor nie veel meer as bygeloof beskik nie. Uit ’n noukeurige lees van die inleidings word dit egter duidelik dat hy veel meer waardering vir die Boesmans se godsdiensbelewing het as wat hy bewustelik toegee.

Top