LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

Trust vir Afrikaanse Onderwys

E-pos: akademies@litnet.co.za

 


LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Kriteria vir die vertaling van Afrikaanse fiksie: ’n uitgewersperspektief

Samantha Miller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-11

"Wanneer kan ’n Afrikaanse boek in aanmerking vir vertaling kom? Wat veroorsaak dat sommige Afrikaanse boeke suksesvol in Europese tale vertaal word en ander boeke nie?"

Die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat – motivering en strategie

André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-04

"Kan die situasie nog grondwetlik evolusionêr hanteer en gerehabiliteer word, of is die een of ander vorm van ’n Suid-Afrikaanse Lente ons voorland?"

Vernuwing, vervreemding en taalvariante. N.P. Van Wyk Louw se Nuwe verse en die eietydse poësie

Karen de Wet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-28

"Deur die loop van die artikel word aangetoon dat vernuwende fasette van Nuwe verse uit die middel van die vorige eeu steeds opgemerk kan word in die landskap van die Afrikaanse poësie aan die begin van die derde millennium."

Oor nostalgie (en retro-estetika): die ikonografie van Beyond the black rainbow en Ready player one – Deel 2

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-19

"In hierdie tweede deel van ’n tweeledige ondersoek word die teoretiese oorwegings rondom nostalgie en retro wat in deel een ondersoek is, as vertrekpunt gebruik om die ikonografie van twee films te beskryf, te ontleed en vervolgens met mekaar te vergelyk."

Oor nostalgie (en retro-estetika): ikonografie in film – Deel 1

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-19

"In hierdie eerste deel van ’n tweeledige studie word ondersoek ingestel na die wyse waarop nostalgie in films ver-beeld word [...] Vervolgens word ’n werksdefinisie aangebied wat nostalgie as bloot één manifestering van retro of retro-estetika verstaan."

’n Verkenning en vergelyking van houdings en persepsies rakende Afrikaans in die Khomasstreek van Namibië ná drie dekades van onafhanklikheid

Nicolette Harmse Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-15

"Die reaksies van die drie verskillende groepe – Afrikaanssprekende respondente, nie-Afrikaanssprekende respondente en veeltalige respondente (Afrikaans en ander tale) – is in die relevante profiele verdeel. [D]ie respondente se persepsies rakende Afrikaans [is] ook gedokumenteer."

Neerslae van mediosferiese veranderings, veral die meer onlangse digitale wending, in die skep en ervaar van digkuns, gedemonstreer met Afrikaanse voorbeelde

Bernard Odendaal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-08

"Hierdie oorsigtelike ondersoek fokus op die wyses waarop mediosferiese veranderings [...] met name die vestiging van die boekdrukbedryf sedert die 15de eeu en, vanaf die laat 20ste eeu, die ontwikkeling van digitale programmatuur en apparatuur, die skep, bemiddeling en ontvangs van poësie geraak het."

’n Beskrywing van fonologiese patrone by Afrikaanse kinders van 24 tot 72 maande: ’n retrospektiewe ondersoek

Simóne du Plessis, Mia le Roux, Salomé Geertsema, Marien Graham LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-06

"Hierdie ondersoek verskaf ’n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van fonologiese patrone (FP’e) by 24–72 maande oue kinders in die Afrikaanse bevolking. Daarbenewens lewer die navorsing ook kommentaar op die verskille in die voorkoms van FP’e tussen seuns en dogters."

Die produksieprofiel en -patrone van prente- en geïllustreerde kinderboeke in Suid-Afrika in die 21ste eeu (2000–2020)

Leoné Tiemensma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-29

"Hierdie artikel ondersoek die produksie van prente- en geïllustreerde kinderboeke binne die raamwerk van die literêre sisteem. Die ontleding van die saamgestelde oorkoepelende produksieprofiel dui die uitgewerye en produksiepatrone in hierdie genre vir die tydperk 2000 tot 2020 aan."

Khôra en kaar: ’n bespreking van khôra en interpretasie van Marlene van Niekerk se gedig "Woordverklaring"

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-23

"Wat aanleiding gegee het tot hierdie artikel, is die basiese semantiese ooreenkoms tussen die woord kaar soos dit uit Marlene van Niekerk (2013:20) se gedig 'Woordverklaring' blyk, en die platoniese begrip khôra, synde 'houer'. As komplekse filosofiese begrip, word khôra egter ook met ’n hele spektrum ander betekenisse verbind."

Multimodaliteit as vertaaluitdaging van strokiesprentvertaling: Calvin and Hobbes as gevallestudie

Lerie Tredoux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-15

"In hierdie artikel word uitsluitlik op die multimodale uitdagings, oftewel teksspesifieke uitdagings van strokiesprent­vertaling, gefokus: die vertaling van nieverbale elemente, oftewel die hantering van multimodale kwessies. Ondersoek is na die vertaalproses van strokiesprente ingestel om aan te dui voor watter vertaaluitdagings die vertaler in die besonder tydens die vertaling van ’n multimodale teks (soos ’n strokiesprent) te staan sal kom, en hoe die vertaler hierdie uitdagings kan oplos of oorkom."

Die voortgesette ontwikkeling van studies in Middeleeuse seksualiteit

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-08

"Hoe ’n samelewing oor seks dink en praat, ontbloot veel van daardie samelewing se grondliggende opvattinge oor onder meer identiteit, vryheid, moraliteit en geregtigheid. Seksualiteit, die diskoers oor seks, hou dus kultuurkritiese gevolge in."

Die belangrikheid van gehaltebestuurstelsels in forensiese DNS-toetslaboratoria in Suid-Afrika

Joe H. Smith, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-12-09

"Akkreditasie is noodsaaklik vir forensiese wetenskapslaboratoria omdat dit die akkuraatheid, betroubaarheid en gehalte van toetsresultate wat deur die laboratoria gelewer word, bevestig."

Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie

Lisa Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-30

"Die gebruik van vraagtekens en ander leestekens om elemente soos intonasie, luidheid, tempo en pouses aan te dui, dui daarop dat daar by informele geskrewe internettaal ’n behoefte is om paralinguistiese tekens te gebruik."

"[L]aat my so hard skel tot die valse vrou": Voorstellings van vroulikheid in Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van William Shakespeare se Julius Caesar en Antony and Cleopatra

Danie Stander LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-29

"Hierdie ondersoek werp lig op die vertaalstrategieë wat Neethling-Pohl aanwend om die geslagsgebaseerde magsverhoudinge in hierdie twee dramas toe te lig."

’n Korpusgebaseerde ondersoek na kohesieskakels as kenmerkende eienskap van outeurstyl van Dana Snyman en André le Roux

Anneen Church, Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-28

"Skrywers laat ’n spoor van hul outeurskap agter wanneer hulle ’n teks skryf, aangesien elke persoon ’n voorkeur vir sekere linguistiese items het (Louwerse 2004:207)."

’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede

Benito Trollip LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-24

"In ’n konstruksie soos hond+mak is die letterlike betekenis van hond nog teenwoordig ('so mak soos ’n hond'), maar in hond÷siek is dit duidelik dat hond÷ gegrammatikaliseer is en slegs die betekenis van 'baie' het."

Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser (SACA) en slawerny in 1824

Gawie Botma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-20

"Aan die een kant het SACA ’n aktivistiese rol gespeel, wat dikwels aangeprys word, maar die koerant het ook advertensies van die slawehandel gepubliseer. Hierdie teenstrydigheid ontlok die vraag of die koerant se geïdealiseerde posisie in die joernalistiekgeskiedenis moontlik heroorweeg moet word."

Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is

Carien Zeeman, Sufran Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer."

’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie

Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-19

"In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit."

Top