Calvinistiese wortels

  • 30

Is hierdie tye vir wit Afrikaners 'n tyd om na hul wortels terug te keer en weer hul Calvinistiese wortels ernstig op te neem? Ek dink nie dat Calvinisme enige bepaalde politieke ideologie ondersteun het in oorspronklike tradisies nie. 

Waarom moet enige mens dmv wetgewing gedwing word om tradisies prys te gee, om as politieke korrekte gesien te word?  My besluit is dit: ek gaan nie volksmoord teen my tradisies en waardes pleeg net om as politieke korrekte gesien te word nie. 

TRANSCRIPT: [Putin] Interview for the documentary film The Second Baptism of Rus

  • 30

Kommentaar

  • Ag, nee! Tog nie weer dit nie! Ons het mos nou al vir die Calviniste gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.

  • Hans Richardt

    Angus, ek het weer na Hervormde kerk toe gegaan. Lekker verrassing gehad met jong vroue-predikant. Ons gesels oor die preek in kerk, vra vrae en stel probleme.
    Dis anders as destyds toe ou omie die geloofsbelydenis afgerammel het, die dominee dogma gepreek het en alles styf was, vervelig was.
    Glo my ek het al vrae gevra en soortgelyke vrae is deur ander gevra.
    Ek dink dis eerste kerk waar die predikant afklim van preekstoel en dan gesels die gemeente saam.
    Ek het sommer my ongebruikte skootrekenaar geskenk, want die predikant se rekenaar het probleme gehad en die diens kon nie op skerm gewys word nie. Die mense se kleredrag is gemaklik en ek dink baie gaan braai na kerk ...
    Die Hervormde kerk preek ook nie "prosperity religion" nie. Vir my is dit soos ek nog altyd kerk wou bywoon. Behalwe dit, het beide in pastorie voltydse werke, want die gemeente kan hul nie onderhou nie. Maw, "Jesus" is van "Uif" en werk nou voltyds.
    Ek dink somtyds het kla gehelp. Dogmatiese geloof het nooit lekker gewerk nie, want dit was geloof in kop, nie in hart nie.
    Verder, is daar van baba tot afgetredenes in die kerk.
    Vir die eerste maal het ek gister gehoor predikant sê dat sy nie volmaak is nie en nie kan oordeel of sy alles weet nie. Maw sy is ook net mens. Sy eis ook nie "reën" op as haar toedoen tydens erediens nie ... Sy kom nie in helikopter aan nie, sy en gesin loop sommer kerk toe.
    As daar nou hippie-era kerk is, is dit nou Hervormde kerk Benoryn. Ek geniet die predikant se benadering baie.

  • Beste Hans,
    Vir my is daar geen verskil tussen Shinto, hindoeïsme, Calvinisme, of watter geloof jy ook al wil noem nie. Aanhangers van die goed glo in die bonatuurlike: spoke, geeste, engele duiwels, gode en tokkelossies. Almal verkondig dat jy gode moet aanbid anders is die hel los. Aardbewings, storms, droogte en tsunamis is dan jou voorland. Angus Buchan het juis nou die dag gesê God is kwaad vir Kaapstad, dis daarom dat die inwoners vrek van die dors. Van die Calviniste kan jy my niks vertel nie, ek ken hulle. Hulle loop neus in die lug want hulle is die uitverkorenes wat eendag hemel toe sal gaan. Die gepeupel om hulle gaan reguit hel toe.
    Dit hinder my darem nie as jy 'n Calvinis wil wees nie; dis jou keuse om die volgeling van 'n moordenaar te wees.
    Groete
    Angus

  • FC Boot,
    Jy moet vir die Calviniste vra waar die hel is. Dis hulle wat dink dat die nie-Calviniste hel toe gaan; dis nie wat ek dink nie. Ek is 'n ateïs en vir my bestaan die hel en die hemel en die duiwel en gode nie.
    Trouens, jy moet dit vir elke gelowige vra, want hel en hemel is teologiese begrippe.

  • Beste Angus
    Jy was mos nie altyd 'n ateïs nie en behoort dus in staat te wees om die vraag te beantwoord al glo jy nie in dit wat jy gaan sê nie.

  • Beste Hans,
    Ou oom Calvyn draai sowaar in sy graf om as hy van hierdie Hervormde kerk moet hoor.
    Groete,
    Angus

  • DNS-siel en DNA-gees

    Geagte Angus, weet jy alles van deoksiribonukleïensuur, oftewel DNS en hoe dit funksioneer? Groetnis vanuit die buitenste ruimte.

  • Beskeie.Sout.Vlakvark@Nederigheidsfontein.zar

    Beste Angus, beskik die ateïs oor alle huidige en toekomstige, siende en onsiende, meetbare en onmeetbare data asook inligting, kennis en wysheid om bo enige twyfel te kan bewys daar is geen god nie? Die agnostikus, soos die Griekse filosowe van weleer, het 'n korrekte wetenskaplike benadering om alle opsies oop te laat vir ingeval daar 'n god is. Laat ons as mens altyd nederig bly want ons is self nie gode wat weet presies hoeveel helle, hemele, engele, duiwels en bowenal gode daar in die heelal van alle heelalle is nie. So, wat is ons elkeen se eie onderskeie menings werd om hovaardig en voortvarend na ander se menings en godsdienssieninge smalend te verwys?

  • DNS-siel en DNA-gees, dis die geheim van ons aardbewoners se wetenskap: ons weet nie alles nie, en sal ook nooit alles weet nie. Dit hou ons besig met die soeke na wat die werklikheid is. Ek weet heelwat van deoksiribonukleïensuur en ook ribonukleïensuur, en hoe dit funksioneer, maar natuurlik nie alles nie. Vir jou, as wese uit die buitenste ruimte, vra ek om ons aardse wesens verder in te lig.

    Ons aardse wesens het natuurlik die spreekwoord: "Jy mag als weet, maar jy mag nie als eet nie." (As jy sukkel om te verstaan, kry vir jou 'n aardse HAT.)

    As ek egter so na jou naam kyk, lyk dit darem bietjie verdag. "Siel" en "gees" is teologies/filosofiese konstrukte van ons aardse wesens. Dan is jy mos maar net skepping van die menslike verbeelding, soos engele, spoke, en goëlery. Wat se twak kan jy nog uit jou duim suig?

  • Beste FC Boot,
    Toe ek nog gemaak het of ek 'n Calvinis was (om my werk te behou), het ek vertel die hemel is êrens daar bo, en die hel hier onder ons. Toe ek uiteindelik uit die klas kon klim, kon ek eerlik wees en vir almal die waarheid vertel: die hemel en hel en alles wat daarmee gepaard gaan, is skepping van die menslike verbeelding. Dit bestaan in die wêreld van die letterkunde, nie in ons reële wêreld nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Enige Calvinis wat vir jou vertel dat: ”het ek vertel die hemel is êrens daar bo, en die hel hier onder ons." kon nooit 'n Calvinis gewees het nie en het duidelik nie verstaan wat in die Bybel geopenbaar word nie.
    Nêrens in die Bybel kan 'n mens lees dat die hemel en hel geleë is in 'n verganklike heelal, want so beteken dit die OORSAAK waardeur ons heelal tot stand gekom het ook verganklik is.
    Moenie verward raak nie omdat ons as mense verwys na die "OORSAAK" as “God, Skepper,Almagtige” en nog 'n hele klomp byvoeglike naamwoorde gebruik, eintlik maar om ons verleentheid en onkunde weg te steek omdat ons nie van beter weet nie.
    Die Bybel leer dat die “OORSAAK" waardeur ons heelal tot stand gekom het en uiteindelik na eeue tot ons ontstaan gelei het, buite ons heelal bestaan en maar altyd daar was en dus ook 'n 'nuwe hemel en aarde kan skep, as ons heelal vergaan, want alles wat 'n begin het, het 'n einde.
    Nou kan jy maar redeneer soos jy wil, daar is geen toekoms vir die mens in hierdie heelal nie, ongeag waar die mens hom in die toekoms mag bevind. Alles is dus vergeefs en 'n gejaag na wind.
    Daar is slegs hoop vir mense wat glo dat die beloftes vervat in die Bybel bewaarheid sal word, want wanneer oor biljoene jare na die vergaan van ons heelal daar 'n dag van opstanding kom, sal die gelowiges deur die werk van Jesus Christus in 'n nuwe nie-biologiese liggaam hul self bevind in 'n nuwe heelal wat vir ewig in die oneindigheid sal bestaan. Dit is die hemel – 'n lewe saam met die Skepper en herskepper.
    En die wat glo dat hul volgens die wet gelewe het sal volgens die wet geoordeel en gestraf word en verban word na 'n bestaan êrens in die oneindigheid, bewus van dit wat hul verloor, gedoem tot 'n ewige depressiewe bestaan – soos dit uitgebeeld word in die gelykenis van die arm man. Jy weet mos nou wat 'n gelykenis beteken. Sonder wet geen oortreding en geen straf.
    As jy 'n oor het luister.

  • Beste Beskeie.Sout.Vlakvark,
    My beskeie mening is, jy span die kar voor die perde. Dis die gelowige wat glo in bonatuurlike goeters, en dat hy diegene wat nie nie glo nie, moet oortuig dat daar so iets soos 'n god is. Hulle het selfs 'n naam daarvoor: bekeer! Die ateïs is maar net iemand vir wie die bonatuurlike nie bestaan nie; niks meer nie en niks minder nie. Die gelowige gee egter die ateïs geen bestaansreg nie. Hy word beledig en beskou as uit die bose, en hy word nie met rus gelaat nie, nee, hy moet bekeer word. Dit is dus die gelowige se plig om te bewys dat daar so iets soos 'n god is. Die ateïs het nie nodig om te bewys dat gode nie bestaan nie. Dis 'n filosofiese benadering om "alles oop te laat", nie 'n wetenskaplike nie.

    Nog nooit sal ek ongevraagd "hovaardig en voortvarend na ander se menings en godsdienssieninge smalend te verwys" nie. Moet dit net nie in my keel probeer afdruk, en my wil bekeer (wat dit ook al beteken) nie.

    Om die waarheid te sê, ateïste voel vere vir wat ander glo, want hulle verkies om liewer te weet.
    Groete,
    Angus

    • Beskeie.Sout.Vlakvark@Nederigheidsfontein.zar

      Geagte Angus,
      Die regsbeginsel in bewysreg bepaal dat "hy wat beweer moet bewys". Jy het beweer daar is nie 'n god nie. Bewys dat daar geen god is nie, ook nie een waarvan jy nie weet nie. Ek wonder of jy nie net op LitNet geselskap soek nie. Groetnis.Geniet die week.

  • Beste FC Boot,
    Laat my asseblief weet watter Bybel jy lees, en waar staan al daai goed wat jy gorrel oor OORSAAK.
    Dan herinner ek jou ook maar weer aan die Calvinistiese geloofsbelydenis wat gegrond is op die Bybel.
    Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;
    En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
    Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
    Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
    Wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;
    Opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om te oordeel, die wat nog leef en die wat reeds gesterf het;
    Ek glo in die Heilige Gees;
    Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;
    Die vergewing van sondes;
    Die opstanding van die vlees
    En ‘n ewige lewe.
    Amen
    Lees asseblief mooi en juis. Jesus het ter helle neergedaal. Dit beteken ONDER.
    Hy het toe opgevaar na die hemel, en dit beteken BO.
    Verder gorrel jy soos gewoonlik. Waar raak ek verward met OORSAAK wat God genoem word, en hoe steek mense hulle verleentheid weg agter byvoeglike naamwoorde soos "Almagtige"? Jy praat louter twak. Jy moet oppas dat jou dominee jou nie hoor nie; hy sal sensuur op jou toepas.
    Die hemel en hel is uitgedink deur mense, maw skepping van die menslike denke. Dis fiksie en 'n mens lees daarvan in stories.
    Groete,
    Angus

    • Amper Oumagrootjie Ystervark van Hemelshoogte

      Geagte Angus,
      Vertel asseblief vir amper oumagrootjie Ystervark waar kom alle atome, neutrone, protone, elektrone en ander subatomiese deeltjies van al die ruimtes van alle ruimtes vandaan? Ek het my Homo sapiens sapiens slimfoon gebruik en gegoogle en gewikipedia en gewieweetwat en kon nie die antwoord vind nie. En in die "Big Bang" glo ek nie. Net nog 'n big bang-hipotese met geen verduideliking waar die puntbron ontstaan het of vandaan kom nie. Dalk kan jy my ook hier reghelp.
      Ekke, ook 'n soogdier soos Homo sapiens sapiens, wonder maar net waar kom die patrone op my ystervarkpenne vandaan en wie het besluit oor die nodigheid en die kleurpatrone daarvan. Kon niks op my slimfoon kry nie. Help asseblief.
      Baie liefdegroete vanuit die geestelike worteltuin met sy geurige geestelike wortels.

  • Beste FC Boot,
    Daar is heelwat aanduidings in die Bybel dat die hemel bo die aarde is.

    Gen.1vss. 7,8,9. God het ʼn gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf. God het die gewelf “hemel” genoem. Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.”

    In Gen. 11 bou die mense ʼn toring “waarvan die punt tot in die hemel reik” en God sê: “Kom laat Ons afgaan en verwarring bring in hulle taal ...”

    In Ps. 14:2 kyk God neer op die mensdom, en so sal jy talle verse in die Bybel kry wat daarop dui dat die hemel daar bo is.
    Sal jy asseblief vir my verse in die Bybel aantoon wat sê dat die hemel buite die "verganklike heelal" geleë is?
    Groete,
    Angus

  • Beste Beskeie. Sout. Vlakvark,
    Vir iemand wat regsbeginsels aanhaal, lees jy maar swak. Nêrens, maar nêrens het ek al beweer God bestaan nie. Kom ek gebruik maar die woord "glo", dan sal jy beter verstaan. Ek glo nie in die bonatuurlike in die wêreld wat ek leef nie. Ek kan dit nie verhelp nie, maar vir my bestaan gode, engele, duiwels, bose geeste nie.
    Die bonatuurlike is skepping van die menslike verbeelding, en word vergestalt in onder andere die letterkunde.
    As jy van my vorige skrywes gelees het, sal jy verstaan as ek sê God bestaan. Hy is 'n karakter in die Bybel. Hy bestaan net soos Bart Nel bestaan in die roman met dieselfde titel.
    Ek is 'n vriendelike ou en soek altyd geselskap. As jy van my vorige skrywes lees, sal jy verstaan waarom ek hier skryf: as Engelssprekende, oefen ek my Afrikaans op SêNet. Wat soek jy hier?
    Groete,
    Angus

    • Geagte Angus,

      Mag ek jou herinner? Ek haal jou gepubliseerde woorde aan:

      "FC Boot,
      Jy moet vir die Calviniste vra waar die hel is. Dis hulle wat dink dat die nie-Calviniste hel toe gaan; dis nie wat ek dink nie. Ek is 'n ateïs en vir my bestaan die hel en die hemel en die duiwel en gode nie."

      Finish en klaar en oor en uit. Mooi dag en toekoms.

  • Beste Beskeie. Sout. Vlakvark,
    Miskien is dit nog nie vir jou duidelik genoeg nie. Kom ons pas die regsbeginsel in bewysreg, nl "hy wat beweer, moet bewys" toe soos dit hoort.
    Die gelowige sê God bestaan en moet gehoorsaam word, en jy, arme ateïs, moet dit glo, anders brand jy in die hel. Die ateïs sê hy glo nie aan die bonatuurlike en aan gode nie.
    Kom mnr Beskeie. Sout. Vlakvark, volgens jou regsondervinding, wie moet bewys lewer, en waarvan moet hy bewys lewer?
    Hoop op 'n spoedige antwoord.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Dit is eintlik verbasend dat jy sulke vrae vra, gegewe jou agtergrond.
    Alles wat ‘n begin het, het ‘n einde. Begin kom voor einde. Oorsaak kom voor gevolg. Skepper kom voor skepping.
    Oorsaak as ‘n selfstandige naamwoord, beteken dit waardeur iets teweeggebring word of geskied. Dit wat tot ‘n bepaalde gevolg aanleiding gee.
    Wie is verantwoordelik vir die totstandkoming van ons verganklike heelal?
    Die King James weergawe lees soos volg: (tot vers 19)
    1 In the beginning God created the heaven and the earth.
    2 And the earth was without form, and void; and darkness was upon the face of the deep. And the Spirit of God moved upon the face of the waters.
    3 And God said, Let there be light: and there was light.
    4 And God saw the light, that it was good: and God divided the light from the darkness.
    5 And God called the light Day, and the darkness he called Night. And the evening and the morning were the first day.
    6 And God said, Let there be a firmament in the midst of the waters, and let it divide the waters from the waters.
    7 And God made the firmament, and divided the waters which were under the firmament from the waters which were above the firmament: and it was so.
    8 And God called the firmament Heaven. And the evening and the morning were the second day.
    9 And God said, Let the waters under the heaven be gathered together unto one place, and let the dry land appear: and it was so.
    10 And God called the dry land Earth; and the gathering together of the waters called he Seas: and God saw that it was good.
    11 And God said, Let the earth bring forth grass, the herb yielding seed, and the fruit tree yielding fruit after his kind, whose seed is in itself, upon the earth: and it was so.
    12 And the earth brought forth grass, and herb yielding seed after his kind, and the tree yielding fruit, whose seed was in itself, after his kind: and God saw that it was good.
    13 And the evening and the morning were the third day.
    14 And God said, Let there be lights in the firmament of the heaven to divide the day from the night; and let them be for signs, and for seasons, and for days, and years:
    15 And let them be for lights in the firmament of the heaven to give light upon the earth: and it was so.
    16 And God made two great lights; the greater light to rule the day, and the lesser light to rule the night: he made the stars also.
    17 And God set them in the firmament of the heaven to give light upon the earth,
    18 And to rule over the day and over the night, and to divide the light from the darkness: and God saw that it was good.
    19 And the evening and the morning were the fourth day.
    Kan hierdie enigsins vergelyk word met die verklaring wat wetenskaplikes aan die ontstaan van ons heelal en aarde gee? ’n Paar insiggewende artikels het in die verband op die webblad ‘Fact and Faith’verskyn, maar is nie meer daar nie. Besoek dus die webblad en verskaf jou epos-adres en vra dan vir die betrokke artikels.
    Jy moenie nou deurmekaar raak nie en die praat van God (God said)verwar met menslike spraak nie. Dit val buite ons begripsvermoë. Die feit dat Jesus ‘n menslike vorm aangeneem het, beteken nie dat sy wese mens is nie, want:
    In Johannes 1 lees ek:
    1 1.In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.
    2 2.Hy was reeds in die begin by God.
    In Kolossense 1 skryf Paulus aan die mense wat reken dat Christus nie so belangrik is nie ,die volgende:
    16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
    17.Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.
    In Johannes 14 troos Jesus sy dissipels met die volgende woorde:
    1 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.
    2 In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.
    3 En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
    Uit die aanhalings is dit duidelik dat die ‘hemel’ nie ‘n ‘pie in the sky is’ soos julle ateïste spottenderwys so dikwels sê nie.
    Dit is duidelik dat ons verganklike heelal in stand gehou word deur die natuurkragte wat in die skepping ‘ingebou’ is deur die Skepper.
    Die ‘hemel’ die woonplek van God is dus nie in ons heelal te vinde nie. Dit het bestaan en bestaan nog steeds voor die ‘Oerknal’
    On weet uit die Bybel dat Satan ‘n gevalle engel is wat op ‘n stadium toegang tot God gehad het, voordat Hy verban is na ‘n hewige stryd.
    Satan en sy volgelinge kruip nie weg in grotte nie. Daar kan jy as nie versigtig is nie , siektes opdoen. Nee Satan funksioneer op ‘n ander manier. Hy lei gelowiges in versoeking op ‘n subtiele manier, want Hy is deeglik op hoogte van God se plan, nl die redding van die mens deur die werk van Jesus Christus.
    Toe Jesus Satan aangepak het in sy skuilplek het Hy Satan se mag ingekort en die ook die dood oorwin deur sy opstanding.
    Dit beteken nou nie dat Satan magteloos is nie. Nee Hy en sy trawante is nog aktief besig op alle terreinne. Hy beïnvloed mense se gedagtegange en verwyder ook so die skeidslyn tussen die natuurlike en onnatuurlike deur voorbeelde uit ‘n verganklike natuur aan te haal om die onnatuurlike as natuurlik voor te stel.
    Hy beïnvloed ook die gedagtegange van politieke partye deur Jesus as ‘n vryheidsvegter voor te stel.
    Jy verwys na die toring van Babel. Vandag word daar nog torings gebou onder die dekmantel van globalisasie, waarin grense grensloos word en gepoog word om ‘n eenvormige globale mens
    daar te stel. Godsdiens het ‘n vloekwoord geword en kerke basaars.
    Daar is nie verniet in Efesiërs 6 vers 12 geskryf:
    12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
    Mag dit met jou goed gaan.J y kan gerus
    https://www.playersvoice.com.au/israel-folau-im-a sinner-too,besoek en lees hoe die bekende sportster tot bekering gekom het en nou onder geweldige druk verkeer, vanweë sy geloof.

  • Beste Ou Bosvark,
    Vir 'n regsgeleerde lees jy maar swak. Ek herhaal: Ek het nog nooit BEWEER dat gode bestaan of nie bestaan nie.

    Lees weer: Ek het geskryf: "Ek is 'n ateïs en vir my bestaan die hel en die hemel en die duiwel en gode nie."

    Laat ek verduidelik deur die woordjie 'glo' te gebruik, want dit is al wat die gelowiges sal verstaan. Ek kan nie glo in gode of enige bonatuurlike wesens nie, selfs al probeer ek hoe hard. Die bonatuurlike bestaan nie vir my nie behalwe in die letterkunde.

    Ek BEWEER dus niks.
    Groete,
    Angus

  • Beste Amper Oumatjie Ysterark van Hemelshoogte,
    Jy is al te oud, Oumatjie, om jou oor sulke dinge soos atome en ruimtes te bemoei. Wees net bly dat die goed wel daar is, anders was daar nie sappige dennenaalde en so af en toe 'n 'n wortel en 'n raap vir jou om aan te smul nie. Eintlik sou jy ook nie daar gewees het as dit nie was vir al die kwantumgoedjies nie. Al waarvoor jy bevrees moet wees is die big bang van die boer se roer, want ten spyte van al daai penne op jou rug, het jy glo sappige vleis. So van jou penne gepraat, hulle doen 'n soortgelyke joppie vir jou as die man wat 'n gordel en kruisbande dra, sodat sy broek nie moet afval nie. Jou penne is so gekleur dat dit jou kamoefleer as jy so tussen die bome rondvroetel, en hulle kan jou vyande ook lekker steek as jy agteruit in hulle vashardloop.
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Al jou gegorrel en aanhalings en 'bewyse' uit die Bybel, is nie die spasie werd waarop dit staan nie. Jou Bootfilosofie is ook maar onbeduidend; almal weet sommer 'n begin het ook 'n einde, so what? As jy miskien daardeur wil bewys dat gelowiges nie glo dat die hemel bo en die hel onder is nie, is dit maar 'n power poging. Jou argumente is heeltemal van die punt af.

    Feit is: Calviniste en ander gelowiges (behalwe jy) glo die hemel is daar êrens bo, en die hel daar onder. Hulle moet so glo, want dit staan so in die Bybel.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    As jy weet wat almal weet, sou jy ook geweet het dat in dieselfde Bybel geskryf is in 1 Kor 3 19 dat “... want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang”.
    Daarom is daar in Psalm 14 geskryf: “Die dwaas dink daar is geen God nie”.
    In latere vertalings is “dwaas” met “dom” vervang ...
    Hier is 'n kort vrye vertaling wat Paulus daaroor geskryf het:
    “My liewe broers en susters,
    dagin en daguit leef ek in die skaduwee van die dood.
    Daarvan kan julle net so seker wees as dat ek trots is op wat Christus Jesus ,
    ons Here, vir julle beteken en gedoen het.
    As daar niks anderkant die dood vir ons wag nie,
    moet ‘n mens mos eerder doen wat die spreekwoord sê:
    “Laat ons eet en drink en vrolik wees, want more is ons dood.”
    “Moenie julle met ‘n slap riem laat vang deur mense wat so praat nie.
    Onthou, as jy heeltyd na sulke mense luister, begin jy dit later self glo.
    Ruk julle reg en hou op om verkeerde dinge te doen.
    Julle behoort julle te skaam,
    dat party van julle regtig geen idee het van wie God is,
    wat Hy kan doen,
    en wat Hy van julle verwag nie.
    “Dit wil voorkom asof baie van ons onsself regtig met ‘n slap riem laat vang!
    Baie van ons leef soos ‘n klomp verloorders.
    Verloorders wat nie besef die oorwinning is behaal,
    en die lewe gaan tot in ewigheid aan nie!
    Dat Jesus se opstanding alles verander het!
    Jou toekoms, hede, en verlede!
    Die lewe is meer as eet en drink nou, want môre is ons dood.
    Die lewe is soveel meer as eet en drink en net daarvan vrolik wees.
    As dit genoeg en al was om ons vreugde te gee, wat ‘n patetiese lewe!
    Maar baie gelowiges leef asof dit so is, vandag nog!
    Dit is asof ons geen uitsig het op ons toekoms saam met God nie!"
    Jy sien beste Angus, soos alle ateïste tree jy op soos 'n klein seuntjie wie se speelgoed van hom/haar af weggevat is. Sodra enige Christen-wetenskaplike die terrein betree wat jul as eksklusief beskou het, (net ateïste weet hoe die skepping begin het) en daarom is ek 100 present seker jy het nie my raad wat ek aan jou gegee het gevolg en nie een van die webblaaie besoek het nie.
    Daarom is jou "Feit is: Calviniste en ander gelowiges (behalwe jy) glo die hemel is daar êrens bo, en die hel daar onder. Hulle moet so glo, want dit staan so in die Bybel ..." so ver van die waarheid af dat dit 'n leuen is.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,
    Die fout wat jy maak, is om te dink dat die ateïs ʼn wetenskaplike is. ʼn Ateïs kan enigiemand wees: ʼn wetsgeleerde, ʼn graaddrie-druipeling, ʼn boer, ʼn dominee wat maar net om den brode preek, enigiemand. Daar sal van hulle wees wat nie weet hoe die skepping begin het nie, en daar sal diegene wees wat dink hulle weet hoe dit begin het. ʼn Ateïs is slegs iemand vir wie die bonatuurlike, die gode, die engele nie bestaan nie.
    Die gelowige, glo aan gode, engele, hemel, hel en duiwels. Hulle verskil natuurlik in wat hulle glo. Party glo net aan een God en die duiwel en nie aan iets anders nie, ander glo weer in voorvaders terwyl ander gelowiges weer aan baie gode glo. Die meeste gelowe het ook een of ander storie wat hulle glo hoe die hemel en die aarde geskep is. Die Christen-gelowige bv, weet hoe alles geskep is: dit staan in die Bybel dat God dit geskep het.
    Die terrein van die wetenskap behoort dus nie aan die ateïs nie, jy lieg. Dit behoort aan die wetenskaplike, of hy nou ʼn ateïs, kommunis, Christen, Moslem, Hindu, of materialis is.
    Dis die geloof en veral die Christelike geloof, wat van die wetenskap ʼn vyand maak. Christen-gelowiges wat bv bokkerol wetenskaplike kennis het, sien die wetenskap as ʼn groot gevaar omdat dit bv die Bybel weerspreek. So sien hulle ʼn gevaar in die evolusieteorie, en dis waar die stryd begin.
    Ek kan sien dat jy ook so verkeerdelik dink net aan jou woorde: “Sodra enige Christen-wetenskaplike die terrein betree wat jul as eksklusief beskou het, (net ateïste weet hoe die skepping begin het)”
    Die “jul” wat jy so verkla, is natuurlik vir jou die ateïs (en jy sluit my daarby in). Verder dink jy verkeerdelik dat alle ateïste wetenskaplikes is, en dat wetenskaplikes almal ateïste is. Die webblaaie waarna jy verwys is almal όf fundamentalisties, όf aanhangers van Intelligente Ontwerp. Albei laasgenoemdes is mos al lankal verkeerd bewys.
    Volgens die Bybel is die hemel daar bo en die hel daar onder. Gaan lees dit weer.
    Ek het jou gevra om verse in die Bybel te noem wat sê dat die hemel buite ons sterrestelsel is, soos jy beweer, nou gee jy my ellelange aanhalings oor dwase en slap rieme.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Jy protesteer te veel. Nêrens sê ek die volgende: "Die terrein van die wetenskap behoort dus nie aan die ateïs nie. Dit behoort aan die wetenskaplike, of hy nou ʼn ateïs, kommunis, Christen, Moslem, Hindu, of materialis is."
    Wat ek wel van jou en ander ateïste sê is dat julle baie vinnig is as enige gelowige, of kerk, soos bv die RK-kerk in 2004, begrippe soos evolusie ens aanvaar, dan is julle argument, jy/julle kan nie, want die Bybel sê anders. Julle sê so, want jul weet nie om Bybeltekste in konteks te lees nie.
    Dit is uit die staanspoor duidelik dat die begrip dag en nag, in die eerste skeppingsverse nie 'n gewone dag en nag kan wees nie, want :14 “And God said, let there be lights in the firmament of the heaven to divide the day from the night; and let them be for signs, and for seasons, and for days, and years:
    15 And let them be for lights in the firmament of the heaven to give light upon the earth: and it was so.
    16 And God made two great lights; the greater light to rule the day, and the lesser light to rule the night: he made the stars also.
    17 And God set them in the firmament of the heaven to give light upon the earth,
    18 And to rule over the day and over the night, and to divide the light from the darkness: and God saw that it was good.
    19 And the evening and the morning were the fourth day."
    Verder toon jy weereens jou onkunde met jou bewering dat die Bybel sê: "Volgens die Bybel is die hemel daar bo en die hel daar onder''. Dit is eenvoudig nie waar nie, omdat alles vergelykings in die verband is.
    Verder verstaan jy nie eers die volgende nie: “almal weet sommer 'n begin het ook 'n einde, so what?", want in die Bybelteks wat ek aangehaal het staan dit mos duidelik: "16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
    17.Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.”
    Hierdie “alles” sluit mos die hele skepping in, of wat het jy gedink omvat die begrippe “voor” en “alles”? Daarom die eenvoudige begrippe van “Skepper voor skepping”, want die Skepper moet mos eers bestaan voordat hy iets kan skep ...
    Enigiemand wat sy sout werd is, sal die ordentlikheid hê om 'n webblad, soos bv “Fact and faith” te besoek en 'n goed gefundeerde antwoord op skrif te stel, waarom hy/sy met die inhoud daarvan verskil.
    Laat dit met jou goed gaan.

  • Beste Angus
    Weereens weet jy nie hoe om Bybeltekste in konteks te lees nie. Jy praat nou verder nonsens met jou bewerings. Jy is nie eers in staat om 'n logiese afleiding te maak uit die teks wat ek aangehaal het en probeer nou agter niksseggende woorde jou verleentheid wegsteek.
    Watter ander betekenis as die een wat ek geplaas het kan daar wees aan:
    “17.Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.”
    Nee ek dink nie wat jy beweer nie, dit is trouens sommer twak wat jy kwytraak.
    Gaan leer eers iets oor skrifstudie voordat jy weer sulke ongegronde bewerings maak.
    Waar kom jy aan die nonsens dat: "Die gelowige, glo aan gode, engele, hemel, hel en duiwels". Jy het geen benul van wat die begrippe beteken nie en kom stal jou onkunde in die verband hier uit. Wees nou 'n man en nie 'n muis nie. Gee vir my konstruktiewe kommentaar op die artikels wat op 'Fact and faith' verskyn het of hou op nonsens skryf en almal se tyd mors.

  • Hans Richardt

    Hewige debat. Angus, liewe hemel ...
    Kerk is tog gemeenskap instelling, wat na gemeenskap moet uitreik of doodgaan.
    Die probleem deesdae in Tradisionele Calvinistiese kerke, is dat sommige ouers doop en dan weer kinders bring vir aanneming. Daar is nie meer hou by belofte gemaak om kinders te leer om waardes en norme aan te hang nie, wat ook gemeenskap 'n beter plek sou maak. Is die strewe nie vir respek vir jouself, ander en groter gemeenskap nie? Niemand bereik ooit perfeksie nie. Dalk is eenvoud beter en maak lewe makliker.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top