Bybel in Kaaps: Die kruisiging van Jesus

  • 0

Judas hang homself

27 Vroeg innie môre, toe het allie owepriestes ennie oudstes vannie mense hulle planne gemaak hoe om vi Jesus dood te maak. 2 Hulle het hom geboei en hom weggebring en hom oogegie aan die goeweneur, Pilatus.

3 Toe Judas, wie hom verraai het, sien dat Jesus rêrig dood gemaak gan wôd, was hy spyt oo wat hy gedoen het, en toe het hy die dêtag stukke silwer trug na die owepriestes ennie oudstes gevat. 4 “Ek het gesondig,” het hy gesê, “wan ek het ’n onskuldige bloed verraai.”

“Wat het dit met ôs te doen?” het hulle geantwood. “Dis op jou.”

5 Toe smyt Judas die geld innie tempel en toe loep hy. Hy’t weggeloep en hom gan ophang. 6 Die owepriestes hettie geld opgetel en gesê, “Dis tienie wet om die geld trug innie skatkis te sit, wan dis bloed-geld.” 7 Toe besluit hulle ommie geld te gebruik ommie pottebakker se land te koep om te gebruik as ’n begrafplaas vi vreemdelinge.8 Dis hoekô dit nog tot vandag toe die Bloedgrond geroep wôd. 9 Toe issie woord van Jeremia, die proefeet, vervul: “Hulle hettie dêtag stukke silwer gevat, die prys wattie Israeliete vi hom betaal het, 10 en hulle het die pottebakker se land gekoep, soes die Jirre dit aan my opgedra het.”

Jesus voo Pilatus

11 Terwyl dit biesag was om te gebee was Jesus voo die goeweneur gebring, en die het Hom gevra: “is djy die koning vannie Jode?”

“Dit is soes djy daa sê,” het Jesus geantwoord.

12 Toe hy deurie owepriestes en oudstes beskuldig was het hy nie antwoort gegie nie. 13 Toe vra Pilatus vi hom, “Hoo djy nie waavan hulle jou alles beskuldigie?” 14 Maa Jesus het hommie een kee geantwoord op wat hy gesê hettie. Dit het hettie goeweneur baie vebaas.

Pilatus gie vi Jesus oo om gekruisig te wôd

15Die goeweneur het ’n gewoonte gehad om by elke paasfees ’n gevangene, vannie mense se keuse los te laat gan. 16 In daai tyd toe was daa ’n welbekende gevangene mettie naam van Jesus Barabbas. 17 Toe die klompie mense bymekaa gekommit, het Pilatus gevra, “Watte een wil julle hê moet ek lat gan: Jesus Barabbas of Jesus wat die Christus genoem wôd? 18 Hy het geweet dit was uit eiebelang uit wattie owepriestes vi Jesus aan hom oohanding het.

19 Terwyl Pilatus oppie regbank gesit het, het sy vrou vi hom ’n boodskap gestuu: “Moet tog niks met daai onskuldige man te doen hê nie, wan ek het ’n vreeslike droem oo hom gehad.” 20 Maa die owepriestes hettie mense omgepraat om te vra dat Barabbas vrygelaat wôd en vi Jesus se doodstraf.

21 “Watte een vannie twie wil julle hê moet ek laat vry gan?” hettie goeweneur gevra, “Barabbas!” het hulle geantwoord.

22 “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus geroep wôd?” het Pilatus gevra.

Hulle het amal geskrie, “Kruisig hom!”

23 Hoekô? Watse kwaad het hy gedoen?” het Pilatus gevra. Maa hulle het amal net harder geskrie, “Kruisig hom!” 24 Toe Pilatus sien dat hy nêrens kommie, maa dat dit eeder ’n oproer begin, het hy water gevat en sy hanne voo die mense gewas en gesê, “Ek is onskuldig vannie bloed van die man,” het hy gesê. “Julle is daavoo veranwoordelik.” 25 Toe antwoortie hulle amal, “Sy bloed is op ôs en ôs se kinners!”

26 Hy het vi Barabbas laat vry gaan, maa hy’t vi Jesus laat slaan en oo gegie om gekruisig te wôd.

Die soldate bespot Jesus

27 Daana hettie goewneur se soldate vi Jesus gevat innie ampswoning in en toe het allie soldate rondom hom saam gedrom. 28 Hulle trek toe sy klere uit en gooi toe ’n pers mantel om hom, 29 en vleg ’n doringkroon en sit dit op sy kop. Hulle het ’n stok in sy regtehand gesit. Toe bespot hulle hom en buig voo hom, toe sê hulle “Ôs groet U, Koning vannie Jode!” 30 Hulle het op hom gespieg, ennie stok gevat en hom oorie kop geslaan. 31 Na hulle kla was om hom te bespot, toe trek hulle die mantel van hom af en trek sy eie klere an. Toe vat hulle hom weg om gekruisig te wôd.

Die Kruisiging van Jesus

32 Toe hulle uitgan, toe kry hulle ’n man van Sirene, mettie naam Simon, en hulle het hom geforseer ommie kruis te dra. 33 Hulle kom toe by ’n plek mettie naam Golgota, dit betieken ‘die plek van Kopbene’. 34 Daa het hulle vi Jesus ’n mengsel gegie van wyn en gal, maa nadat hy dit geproe het wou hy dittie drinkie. 35 Hulle het hom gekruisig en sy klere onner mekaa opgedeel deur lootjies te trek. 36 Daarna het hulle gan sit en by hom wag gehou. 37 Boe-an sy kop het hulle die anklag tien hom in skrif nee gesit: Dit is Jesus, die koning vannie Jode. 38 Saam met hom het hulle oek twie rebelle gekruisig, een an sy regtekant en een an sy linkekant. 39 Die mense wie daa veby geloep het, het vi Jesus beledig. Hulle het hulle koppe geskud 40 en gesê “Djy wattie tempel sou afbriek en in drie dae opbou, red jouself! Klim van daai kruis af, as djy die seun van Got is!” 41 Innie selle manier hettie owepriestes, die skrifgeleedes vannie wet ennie oudstes vannie volk hom bespot 42 “Hy het anners gered,” het hulle gesê, “maa hy kannie homself rettie! Hy’s die Koning van Israel! Lat hy nou afklim van daai kruis, en ôs sal in hom gloe. 43 Hy vetrou in Got. Lat Got hom nou red as Hy hom will hê, wan hy het mos gesê hy is die seun van Got.” 44 Innie selle manier hettie rebelle hom nog vêder beledig.

Die Dood van Jesus

45 Van twaalfuur tot drieuur toe hettie maan voorie son in gegan ennie hele namiddag wassie land in duisternis. 46 Dit was soe by drieuur innie middag toe Jesus kliphard uitskrie, “Eli, Eli, lema sabachtani?” (Dit betieken, “My Got, my Got, hoekô het U my velaat?”)

47 Som vannie mense wat daa gestaan het, het gehoor en hulle het gesê, “Hy roep vi Elia.” 48 Een van hulle het toe gou gehaloep om ’n spons te kry. Hy’t dit in vol wit asyn gemaak, dit op ’n stok gesit en dit vi Jesus gegie om te drink. 49 Die res van hulle het gesê, “Los hom, lat ôs sien of Elia hom gan kom red.” 50 Jesus het toe wee kliphard uitgeroep en sy laaste asem uit geblaas. 51 Op daai oomblik hettie gordyn wat voorie tempel hang van boe tot onner middeldeur geskee. Die aarde het geskud ennie rotse het uitmekaar uit gebars.52 Grafte het oep gegan. Die liggame van baie gelowiges wie dood was het uittie dood uit opgestaan. 53 Na Jesus se opstanding het hulle, hulle grafte velaat en innie heilige stad gekom, waa hulle an baie mense veskyn het. 54 Toe die offisier ennie soldate wat saam vi Jesus opgepas het die aardbewing sien en alles wat biesag was om te gebee, het hulle baie bang geword en gesê: “Hierdie man was rêrig die Seun van Got.” 55 Daa was oek baie vroue wat op ’n afstand gestaan en kyk. Dit is hulle wat vi Jesus van Galilea af gevolg het en vi Hom gesorg. 56 Onner hulle was Maria Magdalena, Maria die moeder van Jakobus en Josef, ennie moeder vannie seuns van Sebedeus.

Jesus wôd begrawe

57 Soes dit biesag was om aand te raak, kom daa ’n ryk man an. Dit was Josef van Arimatea, wat self ’n dissiepel van Jesus was. 58 Hy het na Pilatus toe gegan en gan vra vi Jesus se liggaam, en Pilatus het gesê dat dit vi hom gegie moet wôd. 59 Josef hettie liggaam van Jesus gevat, dit in skoon linne toegedraai 60 en dit daana nee gelê in sy eie niewe graf wat hy innie rots uitgekap het. Hy het ’n groot klip voo die ingang vannie graf gerol en weggegan. 61 Maria Magdalena ennie anner Maria was oek daa en het reg voorie graf gesit.

Die Graf wôd bewaak

62 Die volgene dag, die dag na die Vrydag, hettie owepriestes ennie Fariseërs by Pilatus gekom 63 en vi hom gesê: “Meneer, ôs onthou toe daai bedrieër nog geleef het toe het hy gesê, ‘Na drie dae sal ek uittie dood uit opstaan.’ 64 Gie dan die bevel dat die graf vi drie dae opgepas moet wôd, soedat sy dissiepels nie sy liggaam kan kom steel en virrie mense sê dat hy uitie dood uit opgestaan hettie. Die twiede bedrog sal erger wies assie eeste een.” 65 “Hier is vi julle ’n wag.” het Pilatus geantwoord. “Gan en beveilig die graf soe goed soes julle kan.” 66 Hulle het toe gegan ennie graf beveilig deurie klip te verseël ennie wag daar te laat bly.

28 Jesus het opgestaan

 Na die sabbat, toe dit die Sondagmôre begin lig wôd, het Maria Magdalena ennie anner Maria na die graf gan kyk. 2 Skielik was daa ’n groot aardbewing: wannie engel vannie Jirre het vannie hemel af gekom, na die graf toe gegan, die klip weg gerol en daarop gan gesit. 3 Hy was soe blink soes weerlig en sy klere soe wit soes sneeu. 4 Van skrik vi hom hettie wagte gebiewe en soes dooies geraak. 5 Toe sê die engel virrie vroue: “Julle moetie bang wiesie. Ek wiet julle soek vi Jesus wat gekruisig was. 6 Hy issie hierie, wan hy het uitie dood uit opgestaan, soes hy gesê het. Kom kyk, daa issie plek waa Hy gelê het. 7 Gan gou en sê vi sy dissiepels dat Hy uittie dood uit opgestaan; en hy gan vooruit Galilea toe. Julle sal hom daa sien. Dit is wat ek vir julle moes sê. 8 Hulle het hastig vannie graf af weg gegan, hulle was bang, maa hulle was baie bly en hulle het gehardloep om virrie dissiepels te gan sê. 9 Skielik het Jesus voo hulle veskyn en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en hom anbid. 10 Toe sê Jesus vi hulle, “Moenie bang wiesie. Gan sê vi my broers hulle moet na Galilea toe gan, en daar sal hulle My sien.”

11 Terwylie vroue op pad was, toe kom party vannie wagte innie stad an en vetel virrie owepriestes alles wat gebee het. 12 Die owepriestes het saam mettie oudstes vegader ennie volgende plan gemaak. Hulle het virrie soldate ’n groot som geld gegie 13en gesê, “Julle moet sê: ‘Sy dissiepels het innie nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ôs geslaap het. ‘14 En assie goeweneur daavan hoo, sal ôs hom tevriede stel en sorg dat julle nie bekommerd hoef te wiesie.” 15 Hierdie storie wôd tot vandag toe onnerie Jode vetel.

Jesus se opdrag an sy dissiepels

16 Die elf dissiepels het na Galilea toe gegan na die berg wat Jesus gesê het hulle moet gan. 17 Toe hulle Hom sien, het hulle hom anbid, maa som van hulle het getwyfel. 18 Jesus kom toe nader en sê vi hulle, “Vi My is alle mag gegie innie hemel en oppie aarde. 19 Gan na alle nasies toe en maakie mense my dissiepels. Doep hulle innie Naam vannie Vader ennie Seun ennie Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onnerhou wat Ek vi julle beveel het. En onthou: Ek sal altyd met julle wies, tottie einde vannie wêreld.”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top