Bybel in Kaaps: Dawid en Goliat (deel 1)

  • 7

David and Goliath deur Osmar Schindler

1 Samuel 17

Dawid en Goliat

(Lees deel 2 hier.)

17 Die Filistyne het hulle manskappe geroep virrie oorlog, en hulle’t by Soko wat Juda sinne is bymekaa gekô, en het daa kamp opgeslaan tussen Soko en Aseka, in Efes-Dammim.

2 Saul ennie manskappe van Israel het daa bymekaa gekô en kamp opgeslaan innie laagte byrie groot boem, en het ookantie Filistyne kamp opgeslaan reg om te veg. 3 Die Filistyne het tienie een hiewel gestaan ennie Israeliete tienie anner een met ’n klein vallei tussen hulle. 4 Toe kô daa ’n kampioenvegter uitie Filistyne se kamp uit. Sy naam was Goliat en hy was oospronklik vannie Gat af. Hy was drie mietes lank. 5 Daa was ’n bronshelmet op sy kop en hy’t ’n harnas met skubbe angehad. Die gewig vannit was siewe-en-vyftag kilogram. 6 Daa was bronsskerms voo sy biene en op sy rug het ’n bronsspies gehang. 7 Die steel van sy spies was soe dik soesie dwarsbalk van ’n weefstoel, ennie ysterlem daavan was siewe kilogram. Sy skilddraer het voo hom uit geloep.

8 Goliat het gan staan en narrie ranke van Israel geroep. Hy’t vi hulle gesê, “Hoekô kô staan julle hie soes julle reg is vi baklei? Is ekkie ’n Filistynie, en is julle nie amal Saul se slawe nie? Kies ’n man en lat hy af kô tot by my. 9 As hy tien my kan baklei en my kan doodmaak, dan sal ôs julle slawe wies, maa as ek hom onner kry en dood maak, dan sal julle ôs slawe wies en vi ôs wêk.” 10 Toe sê die Filistyn, “Ek staan en maak al heeldag gat vannie ranke van Israel! Gie my tog net iemand dat ôs tien mekaa kan baklei.” 11 Toe Saul ennie hele Israel hoo wattie Filistyn sê, het hulle geskrik en baie bang gewôd.

12 Nou Dawid wassie seun van ’n Efratiet, iemand uit Betlehem in Juda mettie naam Isai. Hy het ag seuns gehad. Innie tyd van Saul was hierie man al baie oud en afgesloef. 13 Die drie oudste seuns van Isai het Saul narrie oorlog toe gevolg. Die name vannie drie seuns wat gan baklei het, was Eliab die oudste, Abinadab die twiede, en Samma die dêre. 14 Dawid wassie jongste. Die drie oudstes het aliewag met Saul gegan, 15 maa Dawid het hien-en-wee na Saul toe gegan, en dan wee trug na sy pa toe om sy pa se skape in Bethlehem op te pas.

16 Vi vetag dae lank hettie Filistyn vroeg innie oggend en tienie aand voorie Israeliete gan staan.

17 Isai het vi sy seun Dawid gesê, “Vat tog vi jou broes sestien kilogram gebraaide koring en tien brode en vattit na hulle kamp toe. 18 ­Vat somme die tien kase saam en gie dit virrie hoof van hulle afdeling. Kyk offit goed gan met jou broes en bring bewyse trug van hulle af vi my. 19 Hulle is saamit Saul en al sy manskappe van Israel innie vallei, byrie groot boem biesag om tienie Filistyne te baklei.”

20 Soe vroegie oggend het Dawid die skape agte gelos mettie skaapwagte, die goed opgetel en gegan soes Isai vi hom gesê het. Hy’t byrie kamp angekô soesie manskappe hulle plekke ingevat het reg om te baklei, toe hulle hulle oorlogskreet geskrie het. 21 Israel ennie Filistyne het hulle manskappe in lyne gelat staan ookant mekaa. 22 Dawid het sy goed mettie man gelos wattie goed oppas, en narrie manskappe wat in rye staan gehaloep, en hy’t sy broes gan vra hoe dit met hulle gan.

23 Soes hy met hulle gepraat het, het Goliat, die Filistyn se kampioen van Gat, vorentoe uit sy lyn uit gestaan en wee soes gewoonlik sy goed gepraat. Dawid het dit toe gehoo.

24 Elke kee assie Israeliete die man gesien het, het hulle van bang wies weg van hom af gehaloep.

25 ’n Israeliet het gesê, “Sien julle hoe die man elke kee uitstiek? Net om vi Israel swak te kô maak. Die koning sallie man wat hom kan doodmaak, baie ryk maak en sy dogte an hom gie, en die man se familie sal oekie mee hoef tex te betaal in Israelie.”

  • 7

Kommentaar

  • Gustaf Pienaar

    Dis 'n interessante oefening, maar ek is vies oorlat dit so kort duskant die klimaks ophou. Maar: praat die mense nog regtig só? Dit is immers nie wat ek oor RSG hoor as daar met die Kaap se bruinmense onderhoude gevoer word nie ...

    • Annetjie Coelhoe

      Ja, hoekom nie die storie klaar vertel nie? Asseblief?
      Dit is dalk vir meer mense as nét die Kaapse mense BEDOEL! Baie dankie, God seën u werk!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top