By die dood van Cecil die leeu

  • 1
cecil2_brentstapelberg

Cecil op patrollie (foto: Brent Stapelkamp)

“Hoekom die bohaai oor een leeu?” is die vraag.

Hoe kan ons die battery hoenders in ontelbare getalle verorber, bereid blyk te wees om die oseane te dreineer van elke vis en perlemoen, al wat leerhandsak en voetbedekking is dra en dan omdraai op ‘n tiekie, soos die oumense sou sê, oor een leeu?

Klaarblyklik oor ons uitgevang was. Was dit nie vir ‘n nekband van ‘n bewaringseenheid van Oxford Universiteit om die leeu nie, sou geen haan daarna gekraai het nie.

Ek gebruik die kollektiewe “ons” omdat ons almal aandadig is aan die stroping van die natuur, en sodoende aan die uitwissing van een van Afrika se mees majestueuse skepsels op ‘n kontinent wat, ten spyte van sommige mense se beste pogings, steeds nie ‘n tekort het aan wonderlike skepsels nie.

cecil1_brentstapelberg

Cecil en wyfieleeu (foto: Brent Stapelkamp)

Afgesien van die Hwange-leeu se eienaardige naam (nog iets waaroor die dier geen beheer gehad het nie) was Cecil voorwaar ‘n manjifieke swartmaanhaar: ‘n leeumannetjie van so ‘n formaat dat hy meer as lewende monument beskou moes gewees het as ‘n Minnesota-tandarts se sportvoorwerp.

Daar is nie ‘n rubriekskrywer, verslaggewer of hoofredakteur in Brittanje wat nie die afgelope week in elke dagblad hul sê te sê gehad het oor die aangeleentheid nie.

Van die gevierde opiniemakers, soos die Guardian se Simon Jenkins, tot by die naamlose personeelskrywers van die Daily Mirror het almal ‘n redelik histeriese opinie gebasuin en was die oorkoepelende losprys op die kop van ene Walter Palmer, die Amerikaanse tandarts, ‘n stewige een.

“Om leeus soos Cecil se voortbestaan te verseker, laat die jagters hul gang gaan,” skryf Jenkins.

Oor dié uitgangspunt verskil omgewingsbewaarders en is daar statistiek wat raam dat minder as 2% van die finansiële opbrengs van die jag op bedreigde spesies op die ou end aan natuurbewaring gaan.

cecil3_brentstapelberg

Cecil en welpies (foto: Brent Stapelkamp)

Is dit nie dus maar net ‘n flou geldmaakverskoning nie?

Verlede maand het die Dallas Safari Club laat weet dat ‘n lid die geleentheid gewen het om ‘n swartrenoster in Namibië te gaan jag teen ‘n bedrag van $350 000. ‘n Swartrenoster. Laas toe ek gekyk het, was die diere so skaars soos Vermeer se skilderye.

Die fondse word glo alles aan Namibië se bewaringsbeurs bewillig. Yeah, right, sou Walter Palmer sekerlik sê as die vraag ooit by hom sou opkom.

In wie se sak die $50 000 beland het om Cecil te jag, bly onduidelik.

“Dit het voorgekom of Cecil na buite die Hwange-wildtuin se grensgebied gelok is deur middel van ‘n vars-geslagte karkas,” het die stigter van die WildCRU-navorsingseenheid van Oxford Universiteit, David MacDonald, vandeesweek hier gesê.

So intens was die herrie hier die afgelope week dat David Cameron, die Britse premier, genoop was om ‘n amptelike verklaring uit te reik waarin hy dit stel dat Brittanje die nodige stappe sal doen om die aanvraag vir grootwildjag die nek in te slaan.

Cecil is dood. Leeus is skaars. Mense soos Walter Palmer en Donald Trump se seuns wil hulle glo met kruisboë skiet om hul koppe as huisversierings te gebruik.

Die vraag bly egter staan: Hoe nou vorentoe?

Dit wil voorkom of Namibië, Suid-Afrika en Zambië onder die laaste oorblywende bittereinders is wat toelaat dat bedreigde megafauna soos swartrenosters en leeus gejag mag word, onder omstandighede waaroor gewone mense liewer nie wil dink nie.

Kenners en natuurbewaarders is dit eens dat Suid-Afrika die voortou moet neem om sy wildskat die nodige beskerming te gee deur trofeejag te verbied.

Die legendariese wildbewaarder Jane Goodall, ook bekend as Gombi se sjimpanseekampvegter, beskou die tandarts se aksies as walglik – ‘n woord wat mens nie normaalweg assosieer met iemand van Goodall se statuur nie.

Een van die sleutelfaktore in die debat is dat die VK, die EU en die VSA die invoer van trofeë verbied. Sny die aanvraag, dan gaan die mark daarvoor dood.

Uit alle oorde, van bewaringsinstansies tot by die deursneemense in die openbaar, dwarsoor die wêreld, bly die gevoel dat “iets gedoen moet word”.

Aanstaande jaar speel Suid-Afrika ‘n beduidende rol as gasheer van die Cites-konvensie. Kan enigiemand aan ‘n beter geleentheid dink om die nodige veranderinge aan te bring om suider-Afrika se kwynende leeubevolking – na raming 12 000 – die nodige blaaskans te gee?

Cecil se dood het wel een goeie nadraai tot gevolg, hoe onwillekeurig dit dalk mag wees: WildCRU, Oxford Universiteit se bewaringseenheid, het reeds £300 000 in skenkings ontvang, genoeg, volgens prof Macdonald, om die eenheid se navorsing vir minstens twee jaar te borg.

Mens kom agter hoe nader jy die hele kwessie van natuurbewaring beskou, hoe meer eindig die gewaarwordinge op ‘n vraag.  

brent_stapelberg

Brent Stapelkamp (foto voorsien deur Dee Krüger)

Is trofeejag nie net 'n verskoning vir 'n vinnige geld in jou sak onder die vaandel van "natuurbewaring" nie?

Die laaste woord behoort aan Brent Stapelkamp, WildCRU se navorser in Hwange, wat Cecil sy lewe lank bestudeer het.

There is a profound difference, but even if I take your question to have meant all hunting then I must say that the theory is fine and workable, but for the most part I just have not seen this happen.

In theory, in a perfect world, it may work, but corruption and unethical operators get involved and dissolve any benefits accrued.

My personal vision for African wildlife futures is a very complex one that would involve much more participation by and inclusion of local people – some sort of management policy with a combination of traditional harvesting of natural resources, traditional hunts for ceremonies etc that would bring people back into the mix. These animals and landscapes evolved with us and by excluding people we are denying that we are vital to their survival. This would engender a cultural pride and attachment to wildlife and landscapes that is diminished due to the view that wildlife is there only for rich foreign pleasure at the expense of local people. Money, that necessary evil, is important, but its value is overplayed and leads to the idea that if no money is forthcoming from wildlife, then it is valueless.

Through all of my work in communities I try to promote that most resilient of values for wildlife ... cultural! When the tourists have been scared off for some reason or the other I want Africans to value lions more than Europeans and Americans do. We as humans have an ancient relationship with lions that parallels our evolution and in almost every corner of the earth we have lion symbols, legends and cave paintings. I want Africans to benefit from having lions and be proud that we still have them. So involve people, the right people, and we have some hope.

Brent Stapelberg het ook die laaste foto van Cecil geneem, ‘n paar dae voor die leeu se stroping.

“Hy was nie eintlik speelvol nie – meer koninklik,” het Stapelkamp gesê. “Hy was ‘n leeu en hy het dit geweet, en basta met die res – hy was die grootste kat in die kontrei, en hoef nie speletjies te speel nie. Mens kon altyd twee of drie goeie foto’s van hom kry sonder dat hy sou beweeg, omdat hy gewoond was aan safarivoertuie, maar ook omdat hy vreesloos was. Hy was die totale leeu-ondervinding.”

 

*******

Die drie foto's hieronder is deur Willem van der Merwe geneem en dien as verdere toeligting tot hierdie bydrae.

Willem van der Merwe is 'n televisieregisseur, klankingenieur en fotograaf; hy woon in Hong Kong en die Kaap.  Hy het onlangs 'n foto geneem in 'n wildtuin in Zambië wat as illustrasie dien vir hierdie artikel, en 'n verhaal vertel oor leeus in die algemeen:  dié wildtuin het een leeu, en die dier is in 'n klein hokkie in aanhouding daar vir toeriste om na te kyk. Hier is 'n foto van daardie leeu in Zambië.

cecil_willemvandermerwe1

Foto: Willem van der Merwe

cecil_willemvandermerwe2

Foto: Willem van der Merwe

cecil_willemvandermerwe3

Foto: Willem van der Merwe

 

Dee Krüger is ‘n BBC-televisieregisseur en joernalis en ‘n inwoner van Oxford . Dit was Oxford Universiteit se nekband om Cecil die leeu wat sy stroping aan die wêreld op die lappe gebring het.

  • 1

Kommentaar

  • Trofeejag kan fondse genereer waarmee ander diere se voortbestaan verseker word. Ek dink dit is tyd om liewer te vra hoekom niemand so reageer oor die honderde gestroopte renosters en die duisende diere in gevangenskap (soos die leeu in Zambië waaroor berig word).Persoonlik voel ek mens moet by jou gemeenskap begin, en alle diere wat ly soos donkies sonder ordentlike tuig, honde en katte sonder kos en water, asook jong kinders wie se ondersteuningsgeld van die staat deur hulle ma's uitgesuip word, te probeer help.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top