Buitelandse boerevegters

  • 13

Daar was definitief militêre tegnieke van buitelandse volunteers, wat die "instink" van die Boere-"generaals" uitstekend gemaak het. Daar moet in gedagte gehou word, dat Boeregeneraals verkies was op grond van hul politiek, nie op grond van hul militêre opleiding en ervaring nie. 

Met Kruger in Switserland, was Pres Steyn hoofsaaklik verantwoordelik vir besluite deur die Boereregering ter velde. 

Om met emosionele belaaide plakkery die invloed van buitelandse Boerevegters te onderspeel, is onwetenskaplik. 'n Britse militêre kolonel het definitief groot invloed gehad op militêre taktiek van boeremagte. Grootste fout wat Botha in ooste gedoen het, was om Ladysmith vir maande te beset. Dieselfde fout in weste met Mafikeng en Kimberley. 

 

 

  • 13

Kommentaar

  • Dit was Genl Redvers Buller (?) se buite die dogma dink op die Natalgrens. Nie oor die Boere se koppies nie, maar om dit en sny die toevoerlyn af. En dan ook Cronje wat in Wes-Transvaal met vrou, kinders, bok, skaap en al oorlog voer en toe 6000 man afstaan.

    • Hans Richardt

      Raed-na-gael, hy was volgens oorlewering die enigste "generaal” wat Militêre tegnieke bestudeer het op sy plaas buite Potchefstroom.
      Verder was daar 50 vroue krygsgevangenes met hul kinders by Paardeberg gevang.
      Daar bestaan verskeie" blou boeke" van Britte. Lord Alfred Milner was as koloniale goewerneur direk verantwoordelik vir konsentrasiekampe.
      Emosionele Patriotisme plakkery kenmerk bv Verskroeide Aarde dokumentêr wat op CD verkoop was.
      Dirk Richter, dit gaan oor wanvoorstelling oor geskiedenis. Kruger het meer in wapenstelsels belê, as in welsyn van sy bevolking. Verder kon "Krugermiljoene" nogal baie gedoen het om siviele persone te beskerm in ZAR en Vrystaat.

  • Hans dit is baie interessante feite wat jy weergee. Ek stem egter nie 100% saam met die Taljaners en Grieke nie. Hulle het seker die ondersteuningskorps gemaak. Kan verkeerd wees. Gemeet aan die hedendaagse optrede van die Skandinawiërs is die Nore agv hul Viking-agtergrond 'n klomp bakleigatte. Weet ook nie so baie van die Swede nie. Die Iere sal ek mee saamstem. Ek dink hulle sal veg oor enige saak solank dit teen die Ingelse is.

  • Hans Richardt,

    Aan wie rig jy jou beskuldiging dat die invloed van buitelandse vegters aan Boerekant misken / ontken / onderspeel word?

    Wie is besig met "emosioneel belaaide plakkery? Jou skrywes laat my dink jy soek baklei, maar jy weet nie met wie nie.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, Piet Joubert het vir maande 10 myl agter die Boerelinies geweier dat Boere aanval. Piet Joubert wou bloedlose oorlog voer.
    Cronje het 50 vroue krygsgevangenes met hul kinders in sy gate in rivierbed vir weke gelê. Hul was besig ...
    Al waarvoor ek die moer in raak, is dat politieke korrekte ideologie nou feitlike geskiedenis vervang.

  • Hans Richardt

    Twee redes waarom ek skryf oor wat ek gelees het van ABO:
    Daily Mail in Londen het foto bylaag oor ABO konsentrasiekampe gehad.
    Tov konsentrasiekampe, was daar in dieselfde tydperk VSA konsentrasiekampe in Kuba en die Filippyne, waar meer siviele persone dood is as in SA.
    Verskroeide Aarde, wat weer in politieke korrektheid ideologie verval het.
    Konsentrasiekampe was ou konsep, in gebruik deur weermagte voor die ABO. Daarom dat daar internasionale konvensies bestaan het oor behandeling van siviele bevolking vasgevang in oorlog. Tot dusver is konsentrasiekampe verkeerdelik as eerste in ABO voorgehou, wat histories feitlik verkeerd is. Wat uniek was oor ABO-konsentrasiekampe, is dat die opposisie van adellikes in Londen, dit aan groot klok gevang het dmv moderne tegnologie. Die Kodak Brownie bokskamera het foto’s makliker gemaak en die telegraaf het teruggevoer oor die omstandighede was in dae na koerante, in stede van maande!
    Emily Hobhouse het ook iets soos Oxfam (NGO) bedryf, want die Internasionale Rooikruis-konsep was hoofsaaklik gerig op soldate, nie siviele persone nie.

    • Hélène Lewis

      Die Kuba-kampe was VOOR die ABO kampe. Dis agv van die Kuba-kampe dat die Den Haag konvensie in 1899 plaasgevind het.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, het jy al gaan lees wat klagtes van "uitlanders" was in bv Johannesburg voor ABO? Die goudmyne het belasting betaal aan ZAR, maar Paul Kruger en meelopers het geen openbare dienstelewering gehad nie. Instede het Piet Joubert wapens gaan koop met die geld. Die ZAR-regering het baie min infrastruktuur-ontwikkeling gedoen met belastinggeld.

    • Hélène Lewis

      Het jy al van die Jameson Raid gehoor? Daar is 'n aanloop na die ABO wat die konteks gee hoekom wapens aangeskaf was. Ek's bevrees baie van wat jy hier aanbied, is misplaas omdat jy nie die volle historiese konteks in ag neem nie Hans.

  • Hans Richardt

    Dit gaan nie oor hoekom wapens aangekoop was nie, dit gaan daaroor dat GEEN burgerlike beveiliging en gesondheidsdienste-sorgplanne in ZAR en Vrystaat-republieke in amptelike Volksraadnotules of wette/ beleid bestaan nie.
    Die analogie is dat ZAR gewere gekoop het terwyl gesondheidsdienste ineenstort.
    Jou inset is misplaas.

  • Hans Richardt

    Verder, daar was buitelandse vrywilligers en Militêre attachés aan Boer en Brit se kant.
    My skrywe was daaroor.

  • Hans Richardt

    Wat het Jamieson-inval met publieke gesondheid standaarde, sanitasie, infrastruktuur-ontwikkeling en tweede Volksraad /stadsraad van Johannesburg te make in ZAR? Die ZAR regering het in gebreke gebly om sosiale, politieke en ekonomiese ontwikkeling te doen. Paul Kruger was in derde termyn as diktator president en het homself met kleptokrate omring, geen opposisie geduld nie en korrupsie gepleeg met staatskontrakte.
    Ek as afstammeling van ou Boere is nie polities korrek nie, maar feite op rekord dui daarop. Meeste van Paul Kruger se volksraad was Hollanders, Koloniale Afrikaners en selfs Duitsers. Sammy Marx het ook staatskaping gedoen en was direk met kontrakte bevoordeel deur Paul Kruger.
    Wys my waar ZAR-wetgewing dit oor gesondheidsdienste en sanitasie gehad het.
    Daar was onderskeid vir Paul Kruger in sy memoirs, tussen stedelike Afrikaanders en agtergeblewe "Boere" op platteland, soveel so, dat sy sekretaris van onderwys nie aanbeveel het dat kerkskole deur ZAR regering gesubsidieer was nie! Die ou meesters was onderwysers in plaasskole wat vir almal klas moes gee, agv hul swak opleiding. Die plattelandse gemeenskappe het om kerke en kwaksalwers gesentreer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top