Roger Federer se Suid-Afrikaanse Durand-Hugenote afkoms

  • 23

A. Roger Federer [i]se Suid-Afrikaanse Durand-Hugenote afkoms.

B. Bewyse dat Roger Federer 'n negende geslag nasaat is van die Hugenote-stamvader Jean Durand en sy tweede vrou Wilhelmina van Zijl, en gevolglik ook die sewende geslag nasaat van heemraad Jan Durand van Graaff-Reinet. Laasgenoemde was as grensboer aanvanklik woonagtig te Rhoodesand/Tulbagh maar trek later na Baviaansrivier, Bedford (b4c3).

C. Omstandigheidsgetuienis word voorgelê vir die waarskynlikheid  dat die stamvader van die sogenaamde Duraans, naamlik Jan Hendrik Doorhaan (gebore 1775), die oudste maar onidentifiseerbare seun was van Jan Durand (b4c3) by 'n vrou Catrina (geen van)- sien doodsertifikaat.

D. Hierdie veronderstelling word verder gerugsteun deur die feit dat Wilhelmina b4c3d2 , ~  22.7.1778, die dogter van Jan Durand, reeds in 1793 met  Theunis (Marthinus) Gerrit b8c5 Steenkamp getroud is. Die huwelik sou as toevalligheid  vergesog wees as ons in ag neem dat Jan Hendrik op 7.8.1803 te Kaapstad met Theunis Steenkamp se niggie Johanna Margaretha Steenkamp b10c5getroud is.

'n Finale aanduiding van die bloedverwantskap is die geboortedatum van Jan Hendrik Duran 1775 wat die verbintenis verder bevestig deurdat dit  presies inpas by die reeks binne-egtelike geboortes van Jan (b4c3) se gedoopte kinders  vanaf 1776 en ons veilig kan aanneem dat Jan Hendrik Duran dus Jan Durand (b4c3) se oudste seun was.

E. 'n Verdere interessante komplikasie wat lig werp op die latere lewe van Jan Durand (b4c3), was die optrede van sy grootmoeder Wilhelmina van Zijl, Jean Durand se tweede vrou, na die dood van die eerste huweliksmaat: Anna Vermeulen. Wilhelmina was die dogter van Willen van Zijl en Christina van Loveren van die buurplaas "Rust-en-Vrede" (tans na opdeling bekend as "Vrede-en-Lust" in Simondium met mnr Dana Buys as huidige eienaar) met met wie   Jean Durand op 6.5.1717 getroud is en uit welke huwelik ons, die Durands van die grensdistrikte soos die huidige Cradock, Somerset,  Adelaide en Pearston voortkom. Sy was 20 jaar jonger as Jean (*1686) en binne 'n jaar na Jean se dood  trou sy  in 1727  met Jacob Louw, eertydse kneg van Adam Tas. Sien slotbladsy van testament:

 

F. Ondanks die pro forma testamentêre alleenreg as langslewende op haar  erfenis van Jean se twee plase: Fredericksberg en La Motte, word die wense en versoeke in die testament van 1726 klaarblyklik deur haar huwelik met Jacob Louw verontagsaam (byvoorbeeld dat die waterregte as 'n gemeenskaplike en onverdeelbare bate van die kinders gedeel en aangewend moet word tot die kinders by mondigwording vir eienaarskap kwalifiseer) en dra sy die Durand plase dus in stryd met die letter en gees van hierdie  wense van haar oorlede eggenoot oor aan haar nuwe man.

G. Die seun Jan b4 x Johanna Gildenhuys op 29.12.1743 word later ’n koringboer in Rhoodesand en Jonathan b5 x Susanna Lombard op 7.6.1750, eienaar van De Zoete Inval in die Agter-Paarl.

Die intrige van Wilhelmina se tweede huwelik met Jaco Louw en die oordrag van die Durand plase: La Motte asook Frederiksberg aan haar nuwe eggenoot, skep so die voorspel van onbestendigheid vir die nasate as toekomstige grondbesitters en boere.

Dat die kleinseun Jan b4c3 as  seun van die koringboer Jan b4 dus binne die raam van die algemene probleem van skaarste  aan grond in die Boland met die Tregardts en ander emigrante na die Oos-Grens (met die Oos-Rietrivier en later die Visrivier as grens) hom in die Baviaansrivier naby die huidige Bedford vestig, gee aanleiding tot vrae oor die redes vir Wilhelmina se oenskynlik-hartelose en onlojale optrede.

 

G. 'n Brief van mev Lynette Federer, Roger Federer se moeder, insake haar Durand-ouers en grootouers aan die skrywer hiervan het die geleentheid gebied om die raaisel van die Durand-Duraan verhouding mbt Jan Durand b4c3 en sy emigrasie na die Oos-grens verder te ontknoop:



To: wshdurandt
Sent: Tuesday, February 23, 2010 11:27 AM
Subject: FW: Emailing: WSH Du Randt

Dear Mr. Durandt,

I have a correction::
Father of Lynette Federer(-Durand): Jacobus Albertus Durand, born on 29th November 1906.
Father of Jacobus Albertus Durand: David Andries Durand
Mother of Jacobus Albertus Durand: Lusia Hendrina Cilliers
Kind regards,
Lynette Federer

H. Nota van wshdurandt: Die  besonderhede van Jan Hendrik Doorhaan (sic: Duraan) in die RGN-familieregister word om onbekende redes soos volg in die Duraan stamboom aangebied. Hierdie vae en misleidende besonderheid word nog verder gekompliseer in die sterftekennisgewing van Jan Hendrik Doran waar die naam van sy vader deur sy  vrou bloot as Uyt Lander aangegee word en die moeder as Catrina (sonder van). Die rede?

I. Dit blyk dat Jan Hendrik Doran by die Jan Harmse Steenkamp-familie grootgeword as ons merk dat sy eersteling na Jan Harmse Steenkamp vernoem is en laasgenoemde 'n getuie was by Duraan se oudste kind se doop. Watter verhaal van ontkenning en verwerping lê agter hierdie koue letters weggesteek? Jan Hendrik Doorhaan (volgens die RGN-Register), die stamvader van die sg Duraans, sterf te Lokrivier 23.7.1838 (63 jaar oud en dit beteken dat hy histories volkome inpas by die familie kronologie deurdat hy in 1775 gebore is as Jan Durand se oudste seun.

Meer nog: Dié seun: Jan Hendrik Doerhaan/Doran/ Duran trou in Kaapstad op 7.8.1803 met Johanna Margaretha Steenkamp (wat die niggie was van Theunis Gerrit Steenkamp  met wie heemraad  Jan Durand (b4C3)  se dogter (b4c3d2) Wilhelmina Christina, gedoop 22.2.1778, xx op 5.5.1793 in die huwelik getree het en wie se ouers  Lucas Steenkamp en Johanna Zaal van die Kaap was. Laasgenoemde sterf op 2.11.1834).

Hulle nageslag is tot by Federer dus in die Duraan-familieregister van die RGN en Gisa:  b7 c1 d3 en e? f?- Lynette Durand.

Die Duraan-geslagsregister word dus in die RGN D-G (1989) as Duraan gelys met:
b7 Willem *22.12.1824; gedoop Tulbagh 4.10.1825 x NN;
b7c1: Willem x Anna Jacoba Rouvierre xxHopetown25.12.1872 Maria Catharina Magdalena Muller *1850;
b7c1d3 David Andries *29.7.1873 gedoop Hopetown 4.1.1874 x Lusia Hendrina Cilliers en
e? Jacobus Albertus Durand * 29.11.1906.
f? Lynette Durand-Federer, moeder van Roger Federer.

J. DORAN/ DORAAN/DURAAN FAMILIE DOKUMENTE

Hier volg die sterftekennis van Jan Hendrik * 1775:  DEATH NOTICE
Mikrofilm nommer 5-858, Verwysings nommer 3025
1.  Naam van oorledene: Jan Hendrik Doran (let wel hierdie van staan presies so geskryf)
2.  Geboorteplek van oorledene: Uyt Lander
3.  Ouers van oorledene: Jan Hendrik Doran en Catrina (haar van is onbekend) 
4.  Ouderdom van oorledene: 63 Jaar
5.  Status: Gehuuw met Johanna Margaretha Steenkamp
6.  Sterfdatum: 23.7.1838 
7.  Sterfplek: Lokrivier
8.  Kinders: Jan Hendrik Harremse Doraan (hier staan die van presies so)
Johanna Margarita
Lucas Peterus Jacobus
Catrina Maria Willemeina
Jannetje Sophya
Mondigge
Thomas Gerhardus Doran (Hier staan die van presies so)
Wellem
Geesje Jacoba (al die name van die kinders staan presies so geskryf)
9) Geteken deur J.M. Steenkamp.
Hier volg die doop rekord van Jan Hendrik Harmse * 1803:
Op Mikrofilm nommer 5-153, Inskrywings nommer 84, Bl. nommer 119, Tulbagh
Kind:  Jan Hendrik Harmse * 10.8.1803 »  5.10.1805
Ouers:  Jan Hendrik Dùran, (hier word die van presies so geskryf)
Johanna Margarita Steenkamp
Getuies: Johannis Albertus Korf
Maria Steenkamp
Willem Steenkamp
Jannetje Sovia Steenkamp
Jan Harmse Steenkamp
Margarita Johanna Wise


K.1. Samevatting:

Dat twee genealogies-nouverwante bloednasate van die prominente Drakensteinse hugenoot Jean Durand (Genealogiese Stamboom Geslag A=GSG A) en vroeë eienaar van die huidige wynlandgoedere Fredericksburg (sic: oorspronlik Frederiksberg) en La Motte (met Johan Rupert en baron De Rothchild as huidige mede-eienaars) in 2012 deur skouspelagtige prestasies op die internasionale speelveld tot hoëprofiel-nuusmakers "uitgelig" is, bevestig net maar weer die waarheid van die gesegde dat Feite dikwels vreemder is as Fiksie:

Kyk reël 8 waar die grondbrief van Frederiksberg (tans Fredericksburg van Johann Rupert en baron De Rothchild) oorgedra word aan Jan Doerang.

K.2. Enersyds verwys ek natuurlik na Roger Federer wat op 7 Julie vir die sewende keer die Wimbledontitel verower en weer eens die nommer een posisie op die wêreld tennisranglys verwerf het.

K.3. Deur sy moeder Lynette Durand-Federer en met inligting van haar ouers en grootouers wat sy aan my voorsien het en verder nagevors is, word Roger 'n negende geslag afstammeling van die bogenoemde Hugenote pater familias: Jean Durand van La Motte Chalancon wat hom eers op Bergen Henegouen (tans Donkerhoek, Simondium) en later La Motte en Fredericksberg by die huidige Simondium vestig. (Sien foto van huidige woonhuis.)

 

K.4. Die soeklig val dus onvermydelik op Jan Durand b4c3, Jean se kleinseun b4c3e seun van Jan Durand en vader van Jan Hendrik Duran. Jan Durand, die latere heemraad van Graaff-Reinet, was 'n emigrante-boer van Rhoodesand wat hom "onwettig" saam met vele van die emigrante groep Rhoodesanders (waaronder die Tregardts) reeds in 1778 aan die verkeerde kant van die Oos -Rietrivierse grens in die Baviaansrivier, Bedford gevestig  en volgens Gordon het Jan as gids van Van Plettenberg op sy reis na die Oosgrens opgetree. Ek kan vir die doel van hierdie artikel nie op al die betrokkenheid van Jan Durand ingaan nie, behalwe om te verwys na sy uitstekende verhouding met  Robert Jacob Gordon soos opgeteken in sy Cape Travels, 1777 to 1786 op pp 110 (n 327), 115. 121, 122, 125, 127,184 en 186 waarin hy vanuit Gordon se perspektief as ’n vriendelike, betroubare en ingeligte reisgenoot geteken word asook die gunstige indruk in die verwysings na hom in Vernon S Forbes se Pioneer Travellers of South Africa, 1750 tot 1800.

K5. Heemraad Jan Durand b4c3 se oudste  seun Jan Hendrik, wie se  afkoms  op sy sterftekennisgewing klaarblyklik  verdoesel word, was die omstrede stamvader van die sogenaamde Duraans, naamlik Jan Hendrik Doorhaan.

Jan Hendrik is op 13 Julie 1838 te Lokrivier oorlede is nadat hy en sy suster Wilhelmina Christina Durand (bsc3d2), tweede oudste dogter van die heemraad van Graaff-Reinet, Jan Durand, met Theunis Gerrit Steenkamp in 1793 en Jan Hendrik met Theunis se niggie Johanna Margaretha Steenkamp op 7.8.1803 getroud is.

Hierdie dubbele familie-huwelik lewer in teenstelling met mnr Endemann, eertydse hoof van GISA  se onbewese aantekening op p 158 van die Steenkamp register in die RGN-reeks, afdoende bewys dat die Duraan-familie deel is van die stamboom van die Durands.

K6. Wie was hierdie Grootjie Jan Durand van wie heelwat geskiedkundige figure soos sy seun veldkornet Jan Jonathan Durand van Slagtersnekfaam, kommandant Jan Jonathan Durand, sy kleinseun van Albanie, die rebel Frans Engelbertus Marx Du Randt, President Pieter Willem Botha, en verder tot by die teoloë soos professore Jan en Jean Durand, en dan ons fokus: Roger Federer en Jannie Durand, sportmanne soos Salt, Os en Paul Durand/t en vooraanstaande teoloë soos die professore Jan en Jean Durand afstam?

In die reisiger Robert Jacob Gordon se Cape Travels, 1777 to 1786 word nie alleen Jan Durand as ’n wellewende, avontuurlustige jong grensboer aan ons voorgestel nie maar ook sy skoonpa Frans Kruger wat nie net deel was van die Van Jaarsveld-opstand in 1799 in Graaff-Reinet en by Gaika saam met De Buys en ander moes gaan skuiling soek het nie, maar van wie Gordon skryf: “At sunset we arrived at a farm of a certain Kruger (Frans Kruger, 1718—1781). We were now three hours from the Conap. This farm is one of the most  beautiful and romantic [laces I have ever seën ... It is my intention to to proceed further North. Jan Durand, Hannes de Beer and Hannes Meintjes have undertaken the journey with me ...” Dit is duidelik uit die gees van kameraadskap dat Gordon die drie jong grensboere as ’n aanwins vir sy verkennings van die grensgebied beskou en dat Jan Durand reeds voorheen as gids vir goewerneur van Plettenberg opgertree het en sy naam gunstig vermeld word in die joernale van reisigers wat Forbes ten aansien van die Travels into the Interior 1750-1800 versamel het.

Dat hy en sy seuns manne van aansien was word nie slegs bewys deur sy verkiesing as heemraad van Graaff-Reinet en sy verbintenis met die Tregardts, die landdros Andries Stockenström en sy verwantskap met die De Klerks, Bouwers en Van Aardts nie maar veral ook deur die leierskap van die familie in die opruiming van die rebelle van Slagtersnek.

K7. As oud-heemraad van Graaff-Reinet was Jan Durand b4c3 woordeliks in F A van Jaarsveld se 100 Historiese Dokumente van SA die "driftige" woordvoerder van die burgers se frustrasie op die historiese vergadering van 1795 waar landdros Maynier verjaag en Graaff-Reinet hom as Republiek onafhanklik van die gesag van die VOC verklaar het.

K.8. Andersyds, as tweede nuusmaker naas Roger Federer as nasaat van Jan Durand b4c3, verskyn niemand minder nie as sy Groot-grootjie se genant: Jan (Jannie) Durand (sy pa Jaap en ma was albei Durand(t)s) in Junie 2012 (Rapport, 21 Junie) op die internasionale sake- en mediatoneel toe hy as Johann Rupert se persoonlike assistent en tweede in bevel van die internasionale sakereus Remgro na die dood van Thys Visser as hoof uitvoerende beampte aangestel word:

K9. Die "driftige" aard van heemraad Jan Durand soos dit uit die Notule van die Burger- vergadering van 1795 in F A van Jaarsveld se 100 Historiese Dokumente van SA letterlik nav sy toespraak opgeteken is,  word in groot mate gereïnkarneer in sy vyfde geslag kleinseun wyle President Pieter Willem Botha wat soos sy vader na wie hy vernoem is (oorspronklik voor sy verhuising na die Vrystaat woonagtig te Doornkloof, Adelaide) dus die  genant was van sy Groot-grootjie Pieter Willem Durand (b4c3d4e6) van Allemanskraal, Smoordrif, Kookhuis.

K10. Pieter Willem Durand na wie PW vernoem is, was die seun van Jan Jonathan Durand b4c3d4e6 x Anna Catharina Bouwer en was dus 'n kleinneef van Jan Hendrik Duraan [sy oom] sodat Pieter Willem1 e6 en Jan Hendrik se seun= Jan Harmse Duraan  dus eerste neefs was Pieter Willem Durand se kinders word na hulle vader se dood deur hulle oupa Abraham Lodewicus ("Wessel") Botha van Doornkloof, Adelaide (President se groot-grootjie --sien President Botha se kwartierstaat -) grootgemaak.

K11.Uit hierdie selfde bloedlyn, naamlik as Jan Durand se seun Jan Jonathan, neef van Jan Harmse Duraan (sic: Durand), stam ook die bekende Oosgrens-held (verwys G.M Theal)  kommandant Jan Jonathan Durand (b4c3d4e1) van die Albanie-wyk en broer van die reedsgenoemde Pieter Willem Durand e6, "grootjie" van PW Botha se pa maar ook die oupa en naamgewer van my (wshdurandt se) oupa Pieter Willem Durand (b4c3d4e6f3g3) van Allemanskraal, Winterberg, Adelaide.

Laasgenoemde was dus 'n eerste dubbele neef van PW se vader  en wie se kleinseun Pieter Willem Du Randt van Adelaide saam met sy neef Pieter Willem Du Randt van Blouwaterbaai, PE die jongste naamgenoot van die eerste PW is.

K12.  Bloot om die kontinuïteit van name te illustreer noem ek dat ons oorlede vader van Adelaide, Abraham Lodewicus Botha ("Wessel") Du Randt (b4c3d4e6f3g3h3) x Cornelia Margaretha Goosen Humphries, dogter van die Afrikaans-gebore eienaar van "Mount Pleasant", Bedford:  William Stephen (Willem Stephanus) Humphries x Dorothea Maria Marais. A L B ("Wessel") Du Randt is dus volgens gebruik  na sy oupa en die gemeenskaplike Grootjie van die twee PW Botha's: Abraham Lodewicus ("Wessel"") Botha van Doornkloof, Bedford vernoem.

K13. President P W Botha se vader Pieter Willem asook sy neef Pieter Willem Durand van Winterberg, Adelaide (my: wsh se oupa) was op hulle beurt weer die neef van die jong, karaktervolle en vreeslose rebel van die rebellejoernaal "Zo zij stierven" (Jordaan) soos uitgebeeld in die dramatiese skets uit die pen van dr De Wet, distriksgeneesheer van Cradock, naamlik Frans Engelbertus Marx Du Randt (sic: Durand) wat op 5 April 1902 op die walle van die Visrivier buite Cradock as Boererebel gefusilleer is.

K14. Interessant is ook die rol wat Jan Jonathan Durand (b4c3d4) en sy seuns in die drama van die Slagtersnek-opstand van 1812 en die opruiming van die Bezuidenhout-rebelle volgens Heese (in "Slagtersnek en sy mense") gespeel het en waarvoor die owerheid hom van sy sg quitrent vrygestel en hulle met nuwe grond in die Bruintjeshoogte-kontrei en later ook, tot Thomas Pringle se wrewel, met 'n plaas langs die Koenaprivier beloon het.

Om Jan Durand se aard te illustreer, verwys ek na die feit dat rebelle wat gedurende die Anglo-Boere-oorlog by die Republikeinse magte aangesluit het almal nasate is van Jan Durand b4c3  (met erkenning aan dr Cathy Shearing wat die lys aan my beskikbaar gestel het):

Kaapse rebelle: Durand(t)/Duraan van die Anglo-Boere-oorlog

DURAAN (DORRAN), Jan. Olyvenhoutsdrift, Kenhardt. Joined during March 1900. Class 2 rebel. AG2096.
DURAAN (DORRAN), Lucas PJ. Olyvenhoutsdrift, Kenhardt. Joined during March 1900. Class 2 rebel. AG2096.
DURAAN, Jan Hendrik Harmse.  Kalkwerf (Kalkwerven) or Zarlskop, Kenhardt. Joined during March 1900. Laid down arms. Sentenced under proclamation 100/1902 at Prieska. Class 2 rebel. AG2116; AG2096.
DURAAN, Lucas. Olifants Hoek, Kuruman. AG2096 Part 2.
DURAAN, Lukas Petrus Jacobus. Grootdrink or Vrede, Gordonia. Registered in the Prieska Electoral Division. Tried under the Indemnity and Special Tribunals Act of 1900 at a sitting of the Commission held at Kenhardt in default on 3-6-1903, case no 21. Disqualified from voting until 3-6-1908. Class 2 rebel. AG2096; AG2117.
DURAN, Jan. Barkly West. Joined between 1-11-1899 and 15-2-1900. AG2095.
DURAND (DERANDT), Jan. Vaalkrantz, Venterstad, Albert. 27. Non-voter. Ward 2. Farmer. Lategan's commando. Captured at Tweefontein on 22-7-1901. POW 28809. Sentenced to death on 12-8-1901 in Steynsburg commuted to Penal Servitude for life on St Helena for High Treason under arms and murder. This must be the FJ Durand mentioned by HJ Erasmus in his scrapbook who was sent to Deadwood Camp on St Helena. Royal Commission reduced sentence to 2 years. He must have been wounded as he reached the PoW camp only on 16-3-1902. Taken over by the ARM, Tokai Gaol at the Alfred Docks, Cape Town on 6-1-1903 from Military authorities on arrival of HMS Plessey from St Helena, and now in Tokai Gaol as prisoner no 241, and was described as Dutch Reformed Church, brown eyes, brown hair, 5ft 11ins, three vaccination marks on left arm, brown spot on white of right eye, scar on right side of nose, scar below knuckle of forefinger. Released 19-3-1903. RC; M&MLC; SO/POW; TOK 2/17; AG3558; TOK 2/16; Scrap.
DURAND, AHC. Sentenced to Penal Servitude for 15 years on 19-3-1902 in Aliwal North. Commuted. M&MLC.
DURAND, Alexander. Republican. Dewetsdorp, Bloemfontein. Kaffir River cornetcy. 22 years. De Wet Invasion. Captured at Hope Town on 23-2-1901. POW 16964. To Ceylon. SO/POW.
DURAND, Daniel M. Leeuwfontein, Dordrecht. Registered in the Wodehouse Electoral Division as Voter No 923 in Ward 6. Farmer; householder. Joined between 2-12-1899 and 6-3-1900. Tried under the Indemnity and Special Tribunals Act of 1900 at a sitting of the Commission held at Dordrecht in default on 1-5-1901, case no 421. Disqualified from voting until 1-5-1906. Class 2 rebel. AG2117; AG2096.
DURAND, J (Jan). Fonteintje, Albert. Listed in an undated General Index of alleged rebels as no 440. An absconded rebel. AG2051 Folio 390; AG2008 Part 2 Folio 40.
DURAND, Jacobus A. Klipheuvels, Middelburg. Not a registered voter. Class 1 Rebel. AG2062.
DURAND, John Jonathan. Lelie Kloof, Cradock. Fouché's commando. Laid down arms. Sentenced under proclamation 100/1902 at Cradock on 13-6-1902. AG2116; duP; 1/CDK 8/24; 1/CDK 3/1/1/19.
DURAND, Lourence Francois. Lelie Kloof, Cradock. Fouché's commando. Accused by Midland Intelligence of the murder of Sergeant Pryce. Laid down arms. Sentenced under proclamation 100/1902 at Cradock on 13-6-1902. AG2116; duP; 1/CDK 8/24; 1/CDK 3/1/1/19.
DURAND, Ludewicus Arnoldus. Sevenfontein, Albert. Voter no 1890. Class 2 rebel. AG2062.
DURAND, Pieter Willem. Lelie Kloof, Cradock. Fouché's commando. Laid down arms. Sentenced under proclamation 100/1902 at Cradock on 13-6-1902. AG2116; duP; 1/CDK 8/24; 1/CDK 3/1/1/19.
DURAND, W (Jan) †. Paardekraal, Cradock. Scouting section of Lötter's commando. Killed on Paardefontein on 5-9-1901. In 1903 when he was exhumed and reburied at Nooitgedacht, Petersburg, a purse with 7/9 was found on his body. AG2096/8; Adv; DS; Mon, Nooitgedacht.
DURAND, Willem A. Krantzfontein or Leeuwfontein, Dordrecht. Registered in the Wodehouse Electoral Division as Voter No 924 in Ward 6. Farmer; householder. Joined between 2-12-1899 and 6-3-1900. Tried under the Indemnity and Special Tribunals Act of 1900 at a sitting of the Commission held at Dordrecht in default on 2-5-1901, case no 497. Disqualified from voting until 2-5-1906. Class 2 rebel. AG2117; AG2096.
DURAND, Willem Adriaan. Klipheuvels, Middelburg. Voter no 1239. Class 1 Rebel. AG2062.
DURANDT, Ignatius. Kalkoenkrantz, Albert. Not a registered voter. Class 2 rebel. AG2095; AG2062.
DURANDT, Jacobus Abraham. Brandspruit, Steynsburg. AG2097.
DURANDT, Jan. Rooidam, Hope Town. Reported by Fraserburg Magistrate on 7-6-1901. AG2099.
DURANDT, Lowrens Arnoldus. Zevenfontein, Steynsburg. AG2097; AG2097.
DURANDT, Petrus Johannes. Carrigburn, Barkly East. Registered in the Wodehouse Electoral Division. Farmer. Joined during December 1899. Tried for theft and High Treason as a Class 1 rebel under the Indemnity and Special Tribunals Act of 1900 at a sitting of the Special Court held at Barkly East on 8-5-1901. Found guilty of High Treason, and disqualified from voting until 8-5-1906. Class 2 rebel. AG2117; AG3395.
DURANDT, Willem Adriaan. Brandspruit, Steynsburg. AG2097; AG2097.
DURANDT, Willem Adriaan. Dalmally, Barkly East. Commandeered by AF de Wet on 25-11-1899. AG3391.
DURANT, Hendrik, J/sn. Klipfontein, Molteno. Laid down arms. Sentenced under proclamation 100/1902 at Aliwal North. AG2116.:

K15. Dit blyk verder dat heemraad Jan Durand b4c3 van Graaff -Reinet se skoonpa en vader van sy vrou Maria Petronella, naamlik Frans Johannes Kruger, na die Van Jaarsveld-opstand van 1799 saam met Faber, De Buys en die Bothas na "Kafferland" gevlug het en onder Gaika se beskerming daar gewoon en geboer het. (Heese, dr. J A: Slagtersnek en sy mense, p 125).

K16. Ten slotte, die oorspronklike vorm en betekenis van "du Rand" in plaas van  "Durand",  na analogie van byvoorbeeld du Toit of du Preez wat later gebruik is na die Frans taal in onbruik verval het, doen fatale afbreuk aan die oorspronklike etimologiese betekenis van Durand as duursaam, duur (nie goedkoop nie soos in duur gekoop), verduur ( "endure") wat weerspieël word in die ikoontradisie van histories-uitsonderlike Durand-verteenwoordigers soos Dante (verkorting van Durante), die Hugenote martelares Marie Durand van die Toring-van-Constance faam:

Ook die burgers van La Motte Chalancon, die Hugenote-stadjie in Dauphine, Jean Durand se geboortestad wat heldhaftig weerstand gebied het teen die katolieke regime se poging om die stad te verwoes (soos dramaties opgeteken in Andre P Brink se MIDI), waaronder die vader van die Hugenoot Jean: Jonathan Durand sy rol gespeel het. Dat die Franse uitspraak vir die spelling deurslaggewend was, word bevestig deur die titelaktes van Bergen-Henegouwen, La Motte en Frederiks Berg wat Durand as Doeranng aanbied asook Jan Hendrik Doerhaan wat die naselering en die afwesigheid daarvan in  die letter-gebonde latere “Doerant”-uitspraak aandui.  

Benewens Bill (William) Durant, die stigter van GM in die VSA,  die skrywer-geleerde prof Will Durant van die Civilization-reeks, die sanger Jimmy Durante, die bokser Duran-Duran,  is daar die rugby springbokke “Salty” Durand, Paul Durand, Os Du Randt wat vermelding verdien.

K17. Die Durand- familiegeskiedenis bevat dus soos kleurvolle blom- en weerstandige vetplantsaad - met die onvermydelike onkruid tussen-in - die name  van persone soos heemraad Willem van Zijl en sy vrou Christina van Loveren van "Vrede-en-Lust", Simondium, ons matriargale Kaapse voorouers.

Jean Durand wat deur die Mediese Ensiklopedie as die vader van die Geneeskunde in SA beskou word. Pieter Willem Durand was die skoonseun van Abraham Lodewickus ("Wessel") Botha en sy vrou Helena Claudina van der Nest. Deur hulle huwelike met Gideon van der Nest se dogters word die geafrikaniseerde Humphries-patriarg en veldkornet William Stephen Humphries van Boschfontein, Baviaansrivier en Mount Pleasant, Bedford die swaer van A L (Wessel) Botha, President PW Botha se Grootjie) swaers. Eersgenoemde kom as lid van die First Scottish Higlanders (arriveer 1805) na die Oos-grens. Sy Afrikaanse dogters en seuns tree in huwelik met Afrikaners en ons word nakomelinge van ons groot-grootjie Andries Hendrik Krugel, skoonvader van Gideon J van der Nest deur sy huwelik met Johanna Francina Krugel, suster van Willem F Krugel. Uit die voorouers word persone gevorm soos die vermaarde vioolleer- meester prof. Jacobus G ("Jack") de Wet, wie se moeder my tant Rena as dogter van William Stephen Humphries II die swaer word van Jacobus G "Kootjie", die seun van generaal Piet (-er) de Wet.

Ek verwys ook na my kleinseun Phillip du Toit Haywood, die agterkleinseun van dr Phillip du Toit van Boshoff (sien Dommisse en Esterh, p 89) die weldoener van dr Anton Rupert wat die 5000 pond voorgeskiet het waarmee dr Rupert sy beleggingsmaatskappy kon begin.

Nagevors en geskryf deur: Professor William Stephen Humphries Du Randt, BA-Hons, (cl); MA (cl); D Litt H O D (cl), UP, gebore op 23.12.1936 te
Adelaide  b1c3d4e6f3g1h3i2 in die stamboom van die Hugenoot Jean Durand en Wilhelmina van Zjjl.


 
Hy trou op 28/9/1957 met Adelai S van de Vyver, oudste dogter van Theunis Christoffel van de Vyver van Rooidraai, Adelaide en Stephina E Stewart d/v Eerwaarde HJ Stewart, Rouxville en Elsje Margrietha Botha van Dordrecht:

1
AANHEGSELS EN SLOTOPMERKINGS 

Federer was raised as a Roman Catholic and met Pope Benedict XVI while playing the 2006 Internazionali BNL d'Italia tournament in Rome.[33] Like all male Swiss citizens, Federer was subject to compulsory military service in the Swiss Armed Forces. However, in 2003 he was deemed unfit because of a long-standing back problem and was subsequently not required to fulfill his military obligation.[34] He grew up supporting F.C. Basel and the Swiss National Football Team.[35] Federer also credits the range of sports he played as a child—he also played badminton and basketball—for his hand-eye coordination. Federer has stated in various interviews that he is an "avid cricket fan" having met Sachin Tendulkar twice. "I was always very much more interested if a ball was involved," he says. Most tennis prodigies, by contrast, play tennis to the exclusion of all other sports.[36] In later life, Federer has been friends with the golfer Tiger Woods.[37]

Family :Federer is married to former Women's Tennis Association player Mirka Vavrinec. He met her while both were competing for Switzerland in the 2000 Sydney Olympics. Vavrinec retired from the tour in 2002 because of a foot injury.[38] They were married at Wenkenhof Villa in Riehen near Basel on 11 April 2009, surrounded by a small group of close friends and family.[39] On 23 July 2009, Mirka gave birth to identical twin girls, Myla Rose and Charlene Riva.[40]  

 

 

Jan Durand het Gordon vergesel op sy reise en hierdie is nogal ironies die skets van Winterberg (nie sigbaar vanaf Skietrug, Bedford) deur Schumacher met my oupa William Stephen Humphries (“Willem”) se latere plaas Mount Pleasant (1821) in die voorgrond.

  • 23

Kommentaar

  • Beste Humphries du Randt,

    Dankie hiervoor; dis interessante leesstof, maar dit gaan my 'n hele ruk neem om alles deur te gaan; dus sal ek 'n afskrif hiervan maak, en elke dag so bietjie daaraan werk. 
     
    Nogmaals dankie.
    Groete, 
    Angus
  • patricia durand - DEAN

    is

    Descendand of Pieter Willem DU Randt through his son Jan Jonathan b.1838 +1902 who died in concentratio

    camp KRUGERSDORP

    • Barbara CAILLIAU

      Patricia Blanche Durand / DEAN was born in Krugersdorp on 26 march 1925. Her mother was Margaretha Alberta DURANDT daughter of JAN JONATHAN DURANDT b 1837 son of PIETER WILLEM from ALLEMANSKRAAL. He died on 16 JAN 1902 in Krugersdorp concentration camp. My grandmother Margaretha was also in this camp with mother Susanna Maria GREEFF of Somerset East and two sisters Helena and Dorothea. Helen who married Philip Botha and Doer Mr Liebenberg. Margaretha my grandmother married an Australian : Julian Gabriel DEAN; my mother PATRICIA DEAN died 10 OCTOBER 2013 exactly at 3.25 am in my arms in hospital St Elizabeth BRUSSELS/BELGIUM. THANK YOU very much

  • Mandy du Randt O'Connor

    Hi Prof du Randt this is very interesting, my sister Louise and I are trying to do the family tree with a cousin Philip du Randt, so far what you have written about we have already been able to trace, The original du Randt was Jean. My great grandfather was Jan Jonathan Du Randt born 7th July 1865 he died 4Th October 1939, he was first married to Susanna Susara Wentzel who died 1899. Their children were Isebella Hendrika Cornelia Born 2/8/1886 She married Jan de Jager, 2nd born was Cornelius Johannes born 24/10/1888 Died 11/2/1947, That was my Dads father. I can go on and on. Can you verify that we are on the right track.

     

    Thanks

    Mandy du Randt O'Connor.

  • Harlandt Pelser Du Randt

    My pa was Gert Abraham du Randt en oupa Willem Jacobus du Randt. Wonder of hulle familie was van Jacobus Abraham du Randt van Brandspruit, Steynsburg. (Soos hierbo gesien) My oupa en vader het ook van Steynsburg gekom.

  • Nellie (du Randt) Tait

    Prof du Randt

     Ek werk tans aan die stamboom aan my vader Stephanus Engelbertus du Randt 1938-1998 Burgersdorp Oos Kaap.

    Sy vader: Jonathan du Randt  1903-1970 Boekenhoudskloof Somerset-Oos.

    Sy vader: Stephanus Engelbertus du Randt  oorlede 1961 Somerset-Oos

                      Jonathan en Elizabeth gebore uit eerste huwelik met Sara Cornelia Wessels.

     Dankie vir die inligting oor die Du Randt-familie, ek sal met graagte verneem of daar 'n konneksie is.

     Groete

    Nellie

  • Geagte Prof du Randt

     Baie dankie vir die inligting aangaande die Du Randt-geskiedenis

     Ek is die dogter van Stephanus Engelbertus du Randt 1938-1998 Burgersdorp Oos-Kaap en werk tans aan ons stamboom.

    Sy vader: Jonathan du Randt 1903-1970 Boekenhoutskloof Somerset-Oos, Oos-Kaap.

    Sy vader Stephanus Engelbertus du Randt 1961 Boekenhoutskloof Somerset-Oos, Oos-Kaap.

    Eerste huwelik: Sara Cornelia Wessels.

     Sal baie graag wil verneem waar is die koppeling aangesien ons dieselfde stamvader, Jean het.

     Dankie

    Nellie

    • Francois du Rand

      Hi Nellie. Ek werk ook aan du Rand(t) stamboom en gebruik geni.com op internet as plarform. Sal graag wil hoor hoe ek toegang tot jou inligting kan kry.

  • Dawid Andries Durand

    Geagte prof. Du Randt,

     
    Ek lees niks van die Durand-familie van Gobabis, Namibië, nie. En tog klink van die name of ons verbind is. My pa was David Andries, sy broer was Willem Jacobus. My oupa was ook David Andries Durand. Ons het in die Gobabis-distrik geboer.
     
    Enige lig op die onderwerp?
     
    Dankie vir u interessante navorsing.
     
    Dawid Durand
  • Francois du Rand

    Hi Prof

     
    Dit is nou baie interesant. Ek het meeste van my stamboom-inligting, self 'n tipiese boom tekening van Jan Hendrik Harms du Raan (1803) af maar kon nie die koppeling na die stamvader kry nie. 
     
    Alles is nou baie duideliker. Baie dankie!

     
    My stamboom lyk soos volg:
    Francois du Rand   →  Jan Hendrik du Rand  your father  →  Jacobus Abraham du Rand  his father  →  Albertus du Raan, b1c12  his father  →  Jan Hendrik Harms du Raan  his father  →Jan Hendrik Harms du Raan, SV/PROG 2  his father  →  Jan du Raan  his father  →  Jan Durand  his fathershare this path
     
    Kan die stamboom met die hoofstroom gekoppel word?
     
    Sterte en groete
     
    Francois du Rand
  • Hi Prof

    Dankie vir die mooi navorsing oor die Durands. Ek sou graag wou sien dat jy hierby die geskiedenis van Salty Durand die legendariese Springbok en Noord-Transvaal slot en afrigter bywerk. Hy was Jacobus Abraham DURANDT en is in die Oos-Kaap gebore.

    • Ek doen tans navorsing oor die Springbok-kapteins waar onder Jacobus Abraham (Salty) Du Rand die 25ste kaptain was. Ek wil graag meer weet oor sy ouers,broers/susters en kindertyd. Wanneer is hulle/hy na die destydse Rhodesie?

      • Pieter Opperman

        Goeie dag Derick. My ouma-grootjie was Maria Magdalena Opperman née Durand van Hofmeyr en sy het 'n broer gehad, Jacobus Abraham Durand, wat ek vermoed Salty se vader was. Hulle van word in verskillende dokumente gespel as Durand, Du Rand en Du Randt. Ek hou by Durand soos die stamvader self sy van gespel het terwille van eenvormigheid in my stamboom. Ek weet ongelukkig nie wie sy moeder was nie.

  • Marlise Ehlers

    Hello Prof,
    Ek is ook nog steeds besig met ons familiestamboom. Ek sukkel op die oomblik om die verbintenis met die stamvader te kry, want daar is inligting wat ontbreek op hierdie stadium.
    My oupa was Eugene Desomond du Randt (1933 - 1998) gebore in Stutterheim, Oos-Kaap.
    Sy pa was Godfried Jacob du Randt (gebore 12.09.1905 - oorlede 1985);
    Sy pa was Jacob Ludwyk/Ludwig du Randt (gebore 1870 - oorlede 1940);
    Sy pa Willem Adriaan du Randt (geen inligting oor geboortejaar).
    Enige hulp sal waardeer word.
    Marlise Ehlers (néé du Randt)

  • Anton du Raan

    Geagte Prof Du Randt

    Ek het u uiteensetting interessant gevind. Ek is Anton Michael du Raan (geb 1938), my pa was Christoffel Jacobus du Raan, geb 1910 te Strydenburg/Hopetown, my oupa was Antonie Migal du Raan geb te Strydenburg/ Hopetown.

    Kan u my dalk 'n aanduiding gee hoedat my geslagslyn voor hierdie persone lê asseblief?

    Baie dankie.

  • Hi Professor, Found this article quite interesting in as much as I could understand in translating in terms of Jan Hendrik's parentage.
    Question 1 : Are you then saying that Jan Hendrik is the son of Jan Durand (b4c3) and Catrina as opposed to Jan Durand (b4c3) and Maria Petronella Kruger?
    Question 2: At the end of point I of your article you show Willem (b7) as the father of Willem (b7c1). Can you please confirm that this is correct? The reason I ask is that other genealogy resources show Jan (b?) and Margaretha Kraayenburg as the parents of Willem (b7c1). See https://www.geni.com/people/Willem-du-Raan-b1c11/6000000001653098283
    Many thanks
    Mike Lamusse

  • Barbara Cailliau

    Hello Professor,
    This is a very interesting article I am a descendant of Pieter Willem Durandt b 1816 + 1859 via his son Jan Jonathan b 1836 + 1902 Krugersdorp Conc camp who was my great grandfather, his daughter Margaretha Alberta Durandt was my granny b 1885 + 1956;
    Many thanks
    Barbara CAILLIAU/
    DEAN/DURANDT legacy

  • Jannie Ferreira

    Goeiemiddag Prof Du Randt, ek het Afr-Ned I,II en III klasse by u op UPE gedurende 1977 - 1979 gedraf. My familie is ook van Adelaide, die Ferreira's, Bosch'e en De Beers. My oupagrootjie Ferreira se plaas was Lemoenkraal in die Doornkloof-gebied. Ek het baie saam met my oom Henry de Beer by u broer, oom Abraham du Randt se winkel op Adelaide inkopies gedoen. Groete, Jannie Ferreira

  • Baie dankie vir die navorsing! Dis net toevallig dat Lynette 'n Durand en nie 'n Duraan is nie. Ek is Charl Durand, kleinneef van Roger (sy ma is my pa se niggie). 'n Dokument wat ek by die Hugenote Museum in Franschhoek gesien het beweer dat die Duraan familienaam 'nie familie van Durand' is nie. Ek glo dit nogal. Tot en met ongeveer die dertigs was ons familie van Duraan, en het op die Rooidam plaas by Marydale geboer. My oupa Willie het gedurende daardie tyd die van laat verander na Durand, waarskynlik omdat hy geglo het Duraan is 'n "onsuiwere" vorm van Durand (hy was 'n gentleman gewees). Die stuk hierbo is interessant maar ek dink nie daar's klinkklare bewys van 'n bloedverwantskap tussen die Hugenote Durand en Duraan nie. Die oorsprong van Doran sal seker vir altyd 'n misterie wees. Ter afsluiting... van die drie broers Willie, Kosie (Roger se oupa) en Jannie, was twee (Kosie en Jannie) in die Tweede Wêreldoorlog (Ons familie was altyd Smuts-mense). Jannie is in Egipte dood, en Kosie het na vele traumatiese ervaringe in Italië huistoe gekom. As s kind het ek hom geken as 'n joviale omie, maar uit die stories en legendes is dit duidelik dat hy kwaai aan PTS gely het.

  • Suretha Visser

    CHARL DURAND: My navorsing verwys na jou navorsing. Durand word in Frans uitgespreek as Duraan. Omdat die meeste amptenare in die beginjare aan die Kaap, Nederlands was, is die van geskryf soos dit gese is. Baie mense was nog ongeletterd gewees. So die stamvader se naam word geteken as Durand maar ander mag dalk ander spellings het. soos Doran, Dourangh, Durand, Durant, Du Raan ens. Ek dink die navorsing wat alles hierbo bespreek is, gee genoeg motivering dat ons almal in alle waarskynlikheid van dieselfde stamvader afstam tensy daar later jare weer Durands ingekom het in die land. My navorsing is beskikbaar en dit sluit Lynette-hulle s'n in, want ons deel 'n groot-groot oupa en ek en sy het aan die gesels geraak. Maar die focus van my navorsing is die Durands van Britstown, Strydenburg en Mariental/Gobabis.

  • Ek het al verskeie kere probeer om deur die SA binnelandse sake navorsing te doen oor my afkoms. My oupa was Barend Jakobus Lodewiekus Durand, sy broer was Edward Durand. My pa was Barend Jacobus Durand, en ek is Jan Durand, gedoop Johannes Jacobus Durand. Ek sal graag verder terug wil navors om die koppeling te maak na die oorspronklike Jan Durand wat 'n plaas in die Paarl-omgewing gehad het.

  • Thanks for inviting comment. My proven connections to the Huguenot "Jean Durandt" from ancestry research on my mother’s side are: Jean DuRandt married Wilhelmina VanZyl - Jan DuRandt1720/1776 - Jan Durandt 1749-1799 - Willem Adrian DuRandt 1795- 1883 - Barend Jacob Lodewyk DuRandt 1829-1888 - Barend Jacob Lodewyk 1855 to 1935 - Barend Jacob Lodewyk DuRand 1881 to 1926. Self: Maria Durandt 1911 to 1989 - David Wilson 1943, living.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top