Die heilige Johanna van Arkel: 'n Hart groter as die Katolieke

  • 1

Heil die leser.

Het Johanna van Arkel haar hart vir die HERE, of vir die Franse gegee?

... en sou daar ooit ‘n Johanna vir die Boere-Afrikaners wees?

Daar is reeds volumes vol geskryf oor die formidabele toegewydheid van hierdie pragtige en toegewyde heldin.

Van die Boeddha tot by Nelson Mandela, is daar min mense wie se lewens so deeglik deur die griffiers opgeteken staan.

Nes Jesus Christus onse HERE, is daar ook net soveel interpretasies van haar lewe in prente en beelde wat die aard van die propaganda in tyd daarvan navolg.

Vir sommige is Jesus swart, vir ander ‘n bebaarde wit revolusionêr met lang hare.

Vir baie is Johanna van Arkel ‘n aantreklike maagd wat op uitdagende en suggestiewe manier mans lei.

Ten spyte van haar goed opgetekende biografie is daar (ongelukkig?) egter nêrens in prent van haar en hoe sy regtig gelyk het in die geskiedenis nie.

As daar een persoon se lewe en sterwe die kerk (met ‘n klein k) se manteldraai bewys, dan is dit juis die van Johanna van Arkel. Die Boere se uitlewering aan kommunisme deur die Protestante organisasies, dien sekerlik eweneens as sulke bewys – die Boere-Afrikanervolk is gewis nie so heilig of verhef bo een enkele mens op aarde se hart nie!

Ja, dis hoe die kerk, teenoor die Kerk – die Katolieke, teenoor die katolieke (met ‘n klein k) Kerk, se verloop in die geskiedenis val.

Dogma, had nog altyd ‘n vernietigende en hartseer effek in die hand van ideologiese meesters en in die mens se geskiedenis.

Vandag is Johanna ‘n salig gestorwene; ‘n hemeling; ‘n uitverkorene van God deur die einste Katolieke (met ‘n groot K) wat haar verbrand het, verklaar.

“As Johanna van Arkel ‘n hart gehad het, sou sy dit ...?”

Johanna van Arkel se hart, lewe en sterwe, boei my hele lewe lank.

Ek deel hierdie besondere pêrel in musiek en beeld met almal met ‘n hart:

Jesus Christus onse HERE het nie die Roomses, Protestante of enige ander organisasie en dogma kom red nie – GOD se liefde en genade is om jou en elke ander mens op aarde se hart.

Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en Johanna van Arkel se hart tussen ons seën.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 1

Kommentaar

  • Beste Cornelius,

    Ek dink jy het jou feite verkeerd. Johanna van Arkel was mos Noag se vrou, nie waar nie?
    Groete,
    Angus
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top