bosgroet

  • 0

bosgroet

ons het in die
bos gaan groet

jou oë dowwedenne
as jy opkyk in die ooplugblou

jou hande koud
soos ’n bergbries

jou mond tortel
ru-ku-ku
toe die great sadness
skadu’s oor my woorde trek
en ek net lig-lig aan jou lyf
kon raak

jy stap stil weg
oor die naaldtapyt
maar met jou omkyk
sien ek sagte duiwe
in jou oë mot

en ek weet
ons groet was goed

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top