Bokomo-brekfisbrief; 07/06/08: Aardverwarming of Global Warming, en Obama, sommer net terloops!!

  • 0

Mag mens hoegenaamd die hele aardverwarming-feit in twyfel trek? Ek meen, as selfs die bekendste mense die feite so ooglopend noem, wie is ek, gewone mens om die magdom bladsye te betwyfel?

Tog ruik ek hond. Ek meen, dit is die buzz-woord deesdae soos die gat in die osoonlaag so ʼn jaar of tien of twintig gelede was. En toe het ons nie almal verskroei nie! CFC's is voorgehou as hierdie groot bedreiging wat die mensdom en sy voortbestaan op aarde bedreig. En toe groei die gat sommer so in ʼn paar jaar terug. Selfs die mees gerekende wetenskaplikes het juis gesê dat dit ʼn PAAR GENERASIES sal neem vir die "gat" om te herstel. Hel, nie eens my geheue is SO kort om nie die geskrifte te onthou nie!

Ek trek nie die edel beginsels agter die beweging om uitlaatgasse te verminder in twyfel nie, allermins! Wat ek in twyfel trek is die feite waarop die beweging gegrond is, en die rede daaragter. Ek meen, oor al die eeue heen probeer maghebbers, gelowe, diktators, klein politieke mannetjies, en almal wat bereid is om op die wa te spring om die mensdom te verenig agter Die Een Groot Bedreiging. Dit gaan nie help om die Xtendom as die Groot Maggog te probeer identifiseer nie, veral nie as die Groot Spreekbuis juis ʼn persoon is wat oor en oor bewys is as ʼn totale leuenaar nie. Buitendien is daar nog te veel Xtene op aarde. Ditto die Moslems, Ateïste, Marsmanne en al die lekker skakerings tussenin.

Nou swymel ons oor ʼn Swart president (of die moontlikheid daarvan) vir Amerika. Asof Obama enigsins veel van Boes die P*** se beleid gaan afwyk (keep on dreaming, while it lasts!!!)? En of hy dit hoegenaamd kan bekostig????? Smaak my ons leef maar almal in ʼn droomwêreld (en hier dog ek dis net ekke hier in my eie klein skulpie!). Sure, ons juig oor Obama, maar het ons wat so juig hoegenaamd ʼn idee hoe die Amerikaanse stelsel werk? Dit maak nie saak of ʼn marsman of selfs Mugabe aan bewind is in die VSA nie!!!! Al wat uiteindelik bewys en oor gejuig word is ʼn swart man wat in beheer is van die magtigste regime (en al is wie in beheer, dit is uiteindelik net dit: ʼn regime) tans op aarde. Uiteindelik is dit maar net ʼn leë simboliese gebaar, en as ek dinge mooi luister, klink dit al meer asof die Groot geld juis vir Obama verkies synde hy veel, veel makliker BEHEER kan word as iemand wat hom nie gaan steur aan die legio belangegroepe (wat uiteindelik die land wat ons as die VSA ken, beheer) nie!

Een bedreiging wat ieder en elk van ons persoonlik raak is Global Warming. Of (en veral) jy in Groenland, Suid-Afrika, Oz, of die VSA bly, of jy wit, swart, geel, pienk of groen is, of jy lang of kort hare het, of jy sit as jy piepie en of jy staan, of jy Bill Gates of Pietie in Guguletu is, dit maak nie saak nie, jy gaan bars as die aarde te warm word (wel, Billy (dis nou die een van die hekke, of is dit nou gate?) het genoeg geld sodat Global Warming hom nooit maar nooit persoonlik hoef te raak nie (!!!!!!))!

Groot bedreiging of ʼn lekker manier om die wêreld te verenig agter een groot oorheerser wat die oplossing belowe?

Ek weet nie, maar ek ruik ʼn nat hond. En ʼn nat hond het nog nooit lekker geruik nie!

"Every five minutes another fool is born". Deesdae is dit seker: "Every five seconds", synde ons aanteel teen die tempo van wit waks en ons oorheersers dit lekker aanmoedig!

Tog dink ek die hele Global Warming-storie is ʼn foefie (ʼn groot klomp bullshit, om dit in Oester se taal te vertolk) wat gerieflik gebruik word om reeds vuisvoos verveeldes (vir wie die grootste issue (regtig!) ʼn taal en wie dit praat en wie agter die hele issue is) ʼn rede te gee om voor te veg. Alles om verveeldes besig te hou, of wat stir ek alles? Gee enigeen hoegenaamd ʼn vaal kol, of het ons te veel "issues" wat ons tog so dringende aandag verg?

"The more I see of people, the môre I love my dog." Die mees effektiewe leuen is juis nie ʼn leuen nie, dit is die waarheid wat net effens gebuig is.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top