Fotoblad: Bloemfonteinse Skrywersvereniging

  • 1

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) het op sy jaarlikse nasionale Slypskool vir Ontluikende Skrywers, wat vanjaar deur Francois Bloemhof in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangebied is, die wenners van die landswye BSV-Skryfwedstryd, geborg deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV, vereer. Elkeen het sertifikate, kontantpryse en 'n kopie van Inkvars, die publikasie met die weninskrywings en beoordelaarsverslae, ontvang. Algehele wenners is ook met wisseltrofeë vereer. Elke wenner het ook die BSV-Slypskool as deel van hul prys saam met ander slypskoolgangers gratis bygewoon. Voor van links is: Irene Raath van Langenhovenpark (eerste prys in poësie), Suzanne Jacobs (gr 9) van die Hoërskool Menlopark, Pretoria (eervol vermeld in prosa, skole – juniors), Magdaleen van Zyl, Piketberg (tweede prys in poësie), Otto Liebenberg (kurator van NALN); tweede ry: Christel van der Linde (gr 11), Hoërskool Burgersdorp, Burgersdorp (eervol vermeld in die ope afdeling, poësie), Michelle Viljoen (gr 11), Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein (derde prys in prosa, skole – seniors), Lucius Botes (dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV en borg van die wedstryd), Corlietha Swart (voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en ook dosent aan die UV); derde ry: Dunes van der Merwe, Strand (tweede prys, Afdeling C vir reeds gepubliseerdes), Hannes Haasbroek, Fichardtpark, Bloemfontein (eerste prys in afdeling C vir reeds gepubliseerdes); vierde ry: Dionne Crafford, Langenhovenpark, Bloemfontein (tweede prys, afdeling B vir ongepubliseerdes), Jan Beyers, Dan Pienaar, Bloemfontein (eerste prys, Afdeling B vir ongepubliseerdes), James Roux, Hluhluwe (eervol vermeld in afdeling C vir reeds gepubliseerdes).

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) het op Saterdag 25 Augustus 2012 sy jaarlikse nasionale Slypskool vir Ontluikende Skrywers, wat vanjaar deur Francois Bloemhof in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangebied is en deur Afriforum geborg is, aangebied. By hierdie geleentheid was (voor van links): Otto Liebenberg (kurator van NALN), Lucius Botes (dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en borg van die nasionale BSV-Skryfwedstryd),  Corlietha Swart (voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en ook dosent aan die UV), Anri Bredenkamp (skakelpersoon van die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV); agter: Sybie Kleynhans (die BSV-beurshouer vir 2012) en die rillerskrywer Francois Bloemhof (aanbieder van die BSV-Slypskool 2012). Die meer as 70 slypskoolgangers (die jongste 12 jaar oud en die oudste oor die 80) was afkomstig van oor die hele land en het entoesiasties deelgeneem aan Bloemhof se lewendige besprekings en praktiese sessies gebaseer op mediaberigte.

 

Enkele bestuurslede van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging by die rillerskrywer Francois Bloemhof, wat Saterdag die  jaarlikse nasionale Slypskool vir Ontluikende Skrywers  in die ouditorium van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangebied het. Van links na regs: Corlietha Swart (voorsitter van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging en UV-dosent), Bloemhof, Elmien van den Berg (BSV-bestuurslid) en Lelani Fourie (sekretaresse en tesourier van die BSV). Slypskoolgangers het van regoor die land gekom en die wenners van die landswye skryfwedstryd, waarby die Fakulteit Geesteswetenskappe van die UV ook betrokke was, is ook tydens dié geleentheid vereer. Uit die evalueringsvorms was dit duidelik dat die slypskoolgangers die skrywersryke NALN-milieu en uitstallings geweldig interessant gevind het en Bloemhof hul genoeg  pitkos en padkos op hul skrywerspaadjies gegee het om nog lank aan te peusel …

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top