Begroting vir die jaar 2018 en daarna

  • 2

Wat 'n euforiese beswyming het die land nie getref nie. Nuwe besem vee skoon en nuwe baas van die land word ingehuldig. Die ekonomie gaan nou regkom en alle ander verwagtinge word geskep.

Die begroting word deur 'n man wat met 'n vlieënierspak by 'n parlementsopening opgedaag het aan die volk voorgehou. Die begroting kom in kort daarop neer, vat nog meer van die wat het en gee vir die massas. Hou die gepeupel van die strate af. Ek sit en dink toe maak ek bietjie somme na die aankondiging. Wat is die persentasie van mense wat voltyds werk hetsy in private en of openbare sektore en direkte belasting betaal. Almal "betaal" BTW. Die maatskappy/werkgewers (white minority capitalists) betaal die res. Die koers wissel. Wat ek nie kan verwerk nie. Die regering betaal aan ongeveer 18 miljoen mense toelaes in een of ander vorm. Is dit nie ongeveer tussen 25 tot 30% van die wettige inwoners van die land nie? Wat my die meeste grief is die land word droog gemelk om 'n uitgediende bevrydingsorganisasietjie in die beheer te hou.

Een van die belastings wat my die meeste grief is die "sonde-belasting". Ek rook nie maar vat gereeld iets vir muskietbyt en ander dergelike lastighede soos onder andere depressie, gesuis in die ore, teleurstellings en sommer enige geleentheid of skeet wat hom voordoen. Party mense sê jy moet drink om persoonlikheid te kry. Ek drink partykeer dat ander moet persoonlikheid kry. Ek het ook al vroumense mooi gedrink, maar daar gelaat. Die enigste bekostigbare terapeutiese middel vrylik beskikbaar word nou amper buite bereik belas. In Spreuke 31 vers 6 en 7 word die situasie mooi opgesom. Ek glo dat wanneer jy iets goedkoper maak mense meer gaan koop. Maw jou omset is groter en jou inkomste ook. Moet nie die produk duurder maak nie, mense gaan dan minder koop en jou inkomste gaan krimp.

Honger is erg maar dors, haw bo, dit is baie erger.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, BTW-verhoging is billike verhoging wat ook onwettige immigrante meer laat bydra, vir hul voordele wat hul uit staat ontvang. Hul betaal geen persoonlike belasting nie.

  • Dit is 'n fout om te dink dat arm mense net voedselsoorte eet wat vrygestel is van BTW. Die ANC-regering het oor die afgelope dekade toegelaat dat die Zuma-bewind 'n reuse gat (tekort) in Suid Afrika se begroting laat. Omdat BTW ook op water , elektrisiteit, vullisverwydering en riolering gehef word, gaan die munisipale rekeninge ook styg en produksiekoste beïnvloed.
    Nou moet die verbruiker en belastingbetalers opdok vir die wanbestuur wat die ANC toegesmeer het vir meer as 'n dekade en die man aan stuur van sake talle kere, terwille van party-eenheid in die Parlement beskerm het.
    Tyd dat diegene wat verantwoordelik is vir die gemors pa staan daarvoor en meer as net inkomstebelasting betaal, maar dat ook hul salarisse vir 'n tydperk van 5 jaar vasgepen word.
    Dit is werklik skokkend dat mense in hoë poste droogmaak en dan ryklik daarvoor beloon word met 'n goue handdruk of soos pionne op 'n skaakbord na ander posisies verskuif word en as helde daar verwelkom word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top