Wynand Greffrath

Wynand Greffrath is 'n junior navorser verbonde aan die Navorsingsfokusarea: Sosiale Transformasie op die Potchefstroomkampus van Noordwes-Universiteit. Sy navorsingsbelangstellings sluit in die politiek van die ontwikkelende wêreld, die staat in 'n postkoloniale politieke omgewing en staatsverval. Hy is 'n ontvanger van die Carl en Emily Fuchs Stigting se beurs vir doktorale studie vir 'n proefskrif getiteld “State dysfunction: The concept and its application to South Africa”.

#FeesMustFall: vervreemding en protes

Menán van Heerden, André Duvenhage, Wynand Greffrath Onderhoude 2017-02-01

“Staatsingryping, wat outonomie direk bedreig, vergrote toegang en dus meer studente, swakker befondsing, verlies aan vermoë as gevolg van talle faktore en sosiale en politieke onstabiliteit is besig om die universiteitswese in Suid-Afrika in gevaar te stel.”

Perspektiewe op ’n postkoloniale Suid-Afrika en die Afrikaanse universiteit

Wynand Greffrath Universiteitseminaar | University Seminar 2016-03-01

"Universiteite was om demografiese en sosio-ekonomiese redes by verstek bestem om die lokus van hierdie ingrypende ontwrigting te wees."

’n Arabiese Lente in eietydse Suid-Afrika?

Wynand Greffrath, André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-03-03

"Gegewe die hoë vlakke van sosio-ekonomiese ongelykheid, werkloosheid en armoede in Suid-Afrika, heers daar kommer dat die heersende plaaslike politieke klimaat ook ’n teelaarde vir revolusionêre regimeverandering verteenwoordig."

Top