Willem de Vries

Willem de Vries is ’n skrywer van die Kaap. Van sy kortverhale is op LitNet en in verskeie versamelbundels te lees. Hy en sy vrou, Jorisna, woon in Boston, Bellville.

Nobelpryswenner Gurnah herlees SA skrywer Peter Abrahams

Willem de Vries Menings 2022-11-30

Waarna soek ons wanneer ons besluit om iets te weer te lees? Die skaarste van Abrahams se boeke het Abdulrazak Gurnah aan die herlees van boeke as ’n onderwerp laat dink. Gurnah, die ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 2021, het vroeër vandeesmaand in die Stellenbosch-instituut vir Gevorderde Studie die jaarlikse lesing vir geesteswetenskappe van die Wetenskapakademie van Suid-Afrika (ASSAf) gelewer, berig Willem de Vries. 

Dan Sleigh skryf VOC se retoervlootstelsel en die oorsprong van verwoestende pokke aan die Kaap oop

Willem de Vries, Dan Sleigh Skrywersonderhoude 2022-07-20

By die lees van Retoervloot – Kaapstad en die VOC in 1713 (Tafelberg), Dan Sleigh se mees onlangse geskiedeniswerk, meld ’n magdom indrukke hulle by ’n leser aan, oor die aard van ondernemingsgees en die ingewikkelde, droewige, dinamiese en steeds uitkringende nalatenskap daarvan. Sleigh het Willem de Vries se vrae beantwoord.  

FilosofieKafee: Andrew Nash bekyk opnuut Degenaar se toonaangewende vorm van gesprek

Willem de Vries Menings 2022-05-18

"Daar was ’n soort naïwiteit aan hom. Sy verhouding met die sterre was nie dié van ’n sterrekundige nie, maar van dié van iemand gevul met verwondering by die aanskoue daarvan." – Andrew Nash oor die filosoof Johan Degenaar.

Onlangse Buckfever Underground ’n sterk uitreiking

Willem de Vries Musiek 2020-06-11

"Op Last days of beautiful kom soorte hedendaagse rotskunsdrome by, tuimelende persepsies, hoop, ideale en ’n wye blik op hier- en menswees. Die snitte sing en alles is moontlik daarop."

Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?

Breyten Breytenbach, Willem de Vries Skrywersonderhoude 2020-04-24

"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."

Formateer

Willem de Vries Fiksie 2020-02-27

"’n Reuse-hert beweeg stadig deur die lug na die kyker. Dit spring van papier, na ’n glibberige strook mikrofiche en dan deur ’n rekenaarskerm waarna dit bestaan uit ’n digte, spokerig gloeiende string ene en nulle in die vorm van ’n hert."

Orwellington se nuwe album ’n trefseker uitnodiging na hul optredes

Willem de Vries Musiek 2020-01-07

"Orwellington spring met gemak die dans van die groot mark vry deur dít waarvoor hulle kennelik lief is, op ’n kompromislose wyse te doen."

Louise Viljoen stel ondersoek in na hoe Antjie Krog Nederlanders bewus maak van raakpunte met SA samelewing

Willem de Vries, Louise Viljoen Onderhoude 2019-07-10

Globalisering en die nuwe tegnologieë lei eintlik noodwendig tot interaksie tussen kulture en samelewings en dus wég van ’n insulêre bestaan, skryf die Stellenbosse literator Louise Viljoen in ’n artikel wat onlangs op LitNet Akademies gepubliseer is. Sy het Willem de Vries se vrae beantwoord oor “Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande”.

Afrikaans is a major African asset – Dele Olojede

The more we eliminate this diversity, the lesser we become, says Africa’s first Pulitzer Prize winner

Willem de Vries Onderhoude 2018-11-22

What does Afrikaans mean in the context of Africa? And what can an institution such as Stellenbosch University gain, should it make work of ensuring there is no lesser place for it? Willem de Vries spoke to Dele Olojede, who has become a supporter of the campaign, Gelyke Kanse (Equal Opportunities).

Tuin van digters en vertaalkuns: Hugo en T’Sjoen aan die woord oor literêre vertaling en die poësie van De Coninck, Van hee en Nolens

Willem de Vries NeerlandiNet 2018-09-20

"Is Belgiese Nederlands net so belangrik en interessant as Nederlandse Nederlands? Nie net soveel nie – véél interessanter, meen Hugo uit hoofde van die feit dat hy al werk van Vlaminge, sowel as Nederlandse skrywers vertaal het."

Bergplek: ’n Tweeluik

Willem de Vries Poësie 2018-07-11

"heeltyd speel as klankbaan hier buite
sang uit die klip, klink applous uit die kluite
lang riete skilder stadig, die middag verkleur
terwyl die berg wind tot musiek bekeer"

Meneer Vraagom skryf weer

Willem de Vries Fiksie 2018-03-22

"’n Leeftyd se koerante het onder in sy verbeelding ’n laag leesstof gevorm, en nou blaas die aktualiteit dit aan tot vorme en lewe: ’n Wolk vlermuise klits die lug bo ’n skryftafel waar ’n skrywer ook maar blindelings die werklikheid met sy eie radar op papier probeer aftas."

Die robot

Willem de Vries Fiksie 2017-11-14

"Die geboutjie was weg. In die plek daarvan is ’n slagboom wat rus op ’n mik. ’n Metaalboks steek vir die motoriste ’n papiertong uit. Dan lig die slagboom op."

Hedendaagse problematiek en geskiedenis praat saam in Ware mense

Willem de Vries Boeke en skrywers 2017-11-01

"Ware mense bestaan uit twee verhale, het Hugo verduidelik: Die geskiedenis en die huidige posisie van Khoi-Khoin-mense en -afstammelinge in Suider-Afrika, asook die verhaal van die navorsing, hoe De Graaff by die mense uitgekom en hul stories gehoor het."

Internasionale betrokkenheid by Afrikaans neem toe

Willem de Vries NeerlandiNet 2017-09-27

"Met die bou van brûe tussen die Weste en Afrika bly wen Afrikaans aan relevansie vir Suid-Afrikaanse én buitelandse universiteite. Die rol wat dit speel in die Suid-Afrikaanse taallandskap kring uit oor landsgrense heen."

Top