Steward van Wyk

Steward van Wyk studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), waar hy die BA-graad met onderskeiding in Afrikaans en Nederlands (1980), die Sekondêre Onderwysersdiploma (1981), Hons BA in Afrikaans en Nederlands cum laude (1984), MA cum laude (1992) en DLitt (1999) ontvang. Die titel van sy MA-verhandeling is “Die dialektiek van genre met spesifieke verwysing na Die swerfjare van Poppie Nongena (Elsa Joubert)”. Sy doktorale proefskrif handel oor “Adam Small: Apartheid en Skrywerskap”. Na ’n aantal jare in die onderwys begin Van Wyk in 1988 as junior lektor in die Departement Afrikaans en Nederlands aan die UWK en word in 2003 tot medeprofessor bevorder. Hy dien tans ook as departementele voorsitter en is lid van verskeie fakulteitskomitees. Hy doseer Afrikaanse letterkunde op voor- en nagraadse vlak en het ’n spesiale navorsingsbelangstelling in swart Afrikaanse skryfwerk, waaroor hy reeds ’n aantal artikels in geakkrediteerde tydskrifte soos Stilet, Literator, LitNet Akademies en Tydskrif vir Literatuurwetenskap (TLW/JLS) gepubliseer het. Hy het al referate gelewer by ’n aantal plaaslike en internasionale kongresse, onder andere in Utrecht (Nederland) in 2008 en Djakarta (Indonesië) in 2010. Hy het in 2001 die Elisabeth Eybers-beurs van die SA Akademie ontvang en ’n Afrikoon-toekenning van die ATKV in 2007. Hy is die voorsitter van die Jan Rabie en Marjorie Wallace Bestuurskomitee.

Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2024: ’n onderhoud met Steward van Wyk

Naomi Meyer, Steward van Wyk Onderhoude 2023-10-19

"Daar is absoluut geen voorskrifte of voorkeure oor wie die beurs mag ontvang nie. Die oorwegende faktor is die meriete van die aansoek waarin vernuwende elemente en bydraes tot die Afrikaanse letterkunde deur die beurskomitee opgeweeg word."

Die Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2023: ’n onderhoud met Steward van Wyk

Naomi Meyer, Steward van Wyk Onderhoude 2022-11-10

"Uit my ervaring met die keuring is dit belangrik dat aansoekers ’n deeglike voorstel voorberei waarin hulle aandui dat die boekprojek goed deurdink is, haalbaar is en binne die gegewe tyd voltooi kan word. In die gees van Rabie en Wallace se vernuwende en inspirerende kreatiewe werk kan dit dui op verruiming en kritiese omgang met die diskoerse van ons tyd."

PJ Philander-huldiging, Tuin van Digters 2021: ’n Oorsig

Naomi Meyer, Steward van Wyk Boeke en skrywers 2021-10-29

’n Gesprek rondom PJ Philander se lewe en skryfwerk het op Saterdagmiddag 23 Oktober 2021 by die Tuin van Digters plaasgevind. Hier is ’n oorsig van die geleentheid. Kyk ook na ’n video oor Philander wat daartydens vertoon is.

kykNET-Rapportpryse 2021: Wenner van Fiksieprys – commendatio

Steward van Wyk Boeke en skrywers 2021-09-11

"Skepsel is tegelyk ’n lieflike, poëtiese elegie vir die mens se geskiedenis op aarde en ’n vooruitskouing van ’n posthumanistiese wêreld waarin die mens nie meer die sentrum van die heelal is nie. Dis ’n uitdagende roman wat die verbeelding tot die uiterste strek."

Ampie Coetzee: die Sestiger van die literêre kritiek

Steward van Wyk In memoriam 2020-10-20

"Ampie Coetzee was ’n Sestiger. Wat sy tydgenote en skrywersvriende Breyten Breytenbach, John Miles, André P Brink en vele ander vir die letterkunde gedoen het, het hy vir die literêre kritiek gedoen."

Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs: Steward van Wyk se repliek

Steward van Wyk Seminare en essays 2019-12-11

"Onteenseglik is die beurs iets wat ’n skrywer se lewe onherroeplik verander. Dit sou dwaas wees om dit toe te ken aan iemand sonder ’n skryfrekord."

Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2020: ’n onderhoud met Steward van Wyk

Naomi Meyer, Steward van Wyk Onderhoude 2019-09-25

Steward van Wyk, sameroeper van die Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs, praat met Naomi Meyer oor hierdie geldelike inspuiting wat bloeiende jong skrywers vir ’n tyd lank sal genees van ’n groot finansiële kopseer.

Huldigingswoord: Erelidmaatskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan Adam Small

Steward van Wyk, Wessel Pienaar Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016-10-12

Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is die hoogste toekenning van die SA Akademie. Erelidmaatskap is vanjaar postuum aan Adam Small toegeken as erkenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal.

'n Onderhoud oor elke skrywer se droom: die Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs

Steward van Wyk, Naomi Meyer Onderhoude 2015-11-05

"Ons kyk na die projekomskrywing en die werkplan, want ons wil weet of die projek haalbaar is, suksesvol afgehandel kan word en uiteindelik tot ’n publikasie sal lei. Ons wil ’n idee kry van die bewese skryfvermoë van die aansoeker, maar die agtergrond en aansien van die aansoeker is nie ’n faktor nie."

Huldeblyk: Steward van Wyk oor André P Brink

Steward van Wyk 2015-02-09 "Met die afsterwe van André P Brink het die Afrikaanse letterkunde ’n reus verloor. Op ’n aantal vlakke het Brink se skryfwerk my lewe geraak en ’n blywende indruk gelaat."

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Steward van Wyk

Naomi Bruwer, Steward van Wyk 2014-10-16 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Steward van Wyk was een van die beoordelaars van die Fiksie-kategorie.

Jan Rabie Marjorie Wallace Skrywersbeurs: Steward van Wyk vertel

Steward van Wyk, Naomi Meyer 2013-10-08 Aansoeke word ingewag vir die Jan Rabie Marjorie Wallace Skrywersbeurs. Naomi Meyer het met Steward van Wyk, mede-professor en voorsitter van departement Afrikaans Nederlands aan die UWK, gesels. Steward dien in die algemene bestuurskomitee wat die fonds hanteer, en in die beurskomitee wat aansoeke oorweeg en aanbevelings aan eersgenoemde komitee maak.

“Net domastrant vir spite”: Grepe uit die lewensgeskiedenis van S.V. Petersen

Steward van Wyk 2012-12-11 "Die konvensionele biografie behels gewoonlik die beskrywing van ’n lewe, in spreekwoordelike terme, van die wieg tot die graf en kry beslag in ’n narratief van ’n gesentreerde subjek."

Konferensie-verslag: bruin identiteit

Steward van Wyk 2012-12-05 "Hoe vry kan ons ons werklik dink van kleur- en kultuurkonstrukte, inhoud gee aan wat dit beteken om jouself nierassig of swart te verklaar?" Steward van Wyk doen verslag oor Towards Histories of South African Intellectual Traditions: The Histories and Life Trajectories of Coloured/”Coloured”/coloured/Coloured Intellectuals: An Interdisciplinary Conference."

Jakes Gerwel: 18 Januarie 1946 – 28 November 2012

Steward van Wyk 2012-11-28 "Die Departement Afrikaans en Nederlands huldig Jakes Gerwel as ’n gewaardeerde kollega, dosent en mentor en grondlegger van die departement. Ons wat onder hom studeer het en met hom saamgewerk het, is dankbaar vir die voorreg om in die kragveld van sy ryk gees te kon leef."
Top