Siep, akroniem vir “Siel in Elke Persoon”, ook bekend as Siepsokkie, is ’n MC (rapper), beatmaker, producer en eienaar van Ill Major Movement.
Die style is boom-bap, met taalgebryk soos alliterasie, personifikasie, beeldspraak, metafore en vergelykings, social awareness en komedie. Hy is ook deel van die groep Boesmankamp.
Siep se nuwe gelyknamige album, Siel in Elke Persoon, word vrygestel 30 November 2017. Die album dien as die transformasie van Siepsokkie na Siep. Dit feature MC’s (rappers) van Kaapstad, George en ’n beat maker van België.
Werke:
Swaarte Krag, EP
Wiskunde, EP
Stokes Kinnes, Album
Executive producer Longontsteking, Album (Niko10Long)
Executive Producer Boesmankamp, Album
Feature op Ghoema nominated artist, Jerome Rex se Nr. 1 hit single, Doenit Man, op GHFM se charts vir 20 weke
Feature op Linkris se Bloed is Dikker as Water album
Featured beat op Forward the Sword Album van Garlic Brown aka Knoffel Brein
Siep het op nog unreleased projekte gewerk van ander kunstenaars wat binnekort gedrop word.
Siep reël hip-hop workshops en parkjams in die Kleinvlei-gemeenskap, en glo dat hip-hop die potensiaal het om ’n groot verskil in bruin gemeenskappe kan maak, waar unemployment, gangsterism en geweld regeer.