SE Visagie

Stephan Visagie is ’n boorling van die Karoo en het op ’n skaapplaas naby Middelpos (tussen Sutherland en Calvinia) grootgeword. Na sy skoolloopbaan wat hy op Calvinia voltooi het, het hy diensplig verrig en is sederdien by die Universiteit van Stellenbosch. In hierdie tyd is hy getroud en het drie seuns ryker geword. Hy het vele nie-wiskundige belangstellings waaronder ’n aktiewe belangstelling in genealogie (wat hy met sy pa deel).
Hy het die grade BSc (Fisika), MSc (Toegepaste Wiskunde), MPhil (Vervoer en Logistiek) en ’n PhD (Operasionele Navorsing) aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Hy het in 1998 by die Departement Logistiek aan die Universiteit van Stellenbosch begin doseer en is tans medeprofessor in Operasionele Navorsing by hierdie departement. Sy navorsingsbelangstelling sluit in nie-lineêre knapsakprobleme en die toepassing van optimeringstegnieke soos heeltallige programmering en metaheuristieke in diverse velde soos landbou, produksie, logistiek, skedulering en stemteorie.

Aanpassing van grootte-mengsels tydens voorraadtoewysing in ’n kettingwinkel

Elmien Thom, Jason Matthews, SE Visagie LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2014-12-03

Hierdie artikel beskou 'n gevallestudie van die probleem van voorraadtoewysing aan Pep Stores Bpk. (PEP), een van die vernaamste kleinhandelaars in Suid-Afrika.

Toewysingsheuristieke om die volgorde van bestellings vir 'n uitsoeklyn te bepaal

SE Visagie, AP de Villiers LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-03-20

Hierdie artikel ondersoek 'n sisteem vir die opmaak van bestellings deur middel van heuristieke. Die uitsoek en opmaak van bestellings in 'n distribusiesentrum wat deur Pep besit word, word ondersoek.

Top