Rianne van Vuuren

Rianne van Vuuren is ’n boorling van Bloemfontein. Hy behaal in 1985 ’n BA-graad met Staatsleer en Internasionale Politiek as hoofvakke aan die Universiteit van Suid-Afrika. In 1986 voltooi hy ’n BA Honneurs in Internasionale Politiek aan die Universiteit van Pretoria en in 1987 ’n BA Honneurs in Staatsleer aan dieselfde universiteit. In 2004 behaal hy ’n Meestersgraad met lof aan UNISA. Die tema van sy tesis is “Nuclear Non-Proliferation: The South African Experience in Global Context”. Sedert Januarie 2008 is hy besig met ’n doktorale studie in toekomsstudie aan die Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch. Die tema van sy verhandeling is “Information Warfare as Future South African National Security Threat”. Hy is werksaam as ’n analis in Beijing.

 

Opgedateer/Updated: 2011-07-27
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Toekomsstudie-perspektief: Wat sal die impak van Marikana op Suid-Afrika wees?

Rianne van Vuuren 2012-09-20 "Gaan die gemeenskaplike-oogmerk-moordklag en die U-draai (nadat dit uit verskeie oorde veroordeel is) in die toekoms beskou word as rigtinggewend vir Suid-Afrika of nie?"

YouTube-onderhoud: Rianne van Vuuren

Rianne van Vuuren 2011-11-17 Toekomsstudies is relatief jonk – dis nie voorspellings nie, maar daar word na die toekoms gekyk met moontlike alternatiewe van wat kán. Toekomsstudies is ’n praktiese instrument om iets te beheer wat ons nog gedeeltelik kan bepaal. Rianne ...

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping

Rianne van Vuuren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-28

"Om oor die toekoms te dink, is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. Die mens is ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en gevolglik streef die mens daarna om toepaslike beelde van toekomstige realiteite (futura) te skep."

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping

Rianne van Vuuren 2011-07-28 Om oor die toekoms te dink, is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. Die mens is ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en gevolglik streef die mens daarna om toepaslike beelde van toekomstige ...

Inligtingsoorlogvoering, die opkomende magprojekteringinstrument: soeke na ’n definisie

Rianne van Vuuren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-07-31

"Inligtingsoorlogvoering het ’n integrale deel van bykans alle internasionale konfliksituasies geword, met die mees prominente onlangse voorbeelde die Hamas-Israel-konflik, die Estland–Rusland-kuberoorlog en die Georgië-Rusland-oorlog."

Top