René van Grieken

René van Grieken begin sy opleiding in die laat sestigerjare by die Universiteit van Gent in België, waar hy sy MSc- en PhD-grade in chemie behaal. Gedurende 1972–1973 tree hy as besoekende professor op in die Departement Oseanografie by Florida State University in die VSA. Sedert 1973 is hy professor van analitiese en omgewingschemie aan die Universiteit van Antwerpen in België. In 1985 word hy bevorder tot vol professor. Hy was medestigter van die Mikro- en Spooranalise-sentrum (Micro and Trace Analysis Centre, of MiTAC) in die Departement Chemie, en is nog steeds die direkteur van die sentrum. MiTAC het ongeveer 70 navorsers wat ondersoek doen in verskillende afdelings en hy lei die omgewingsanalisegroep (geakkrediteer as ’n sentrum vir uitmuntendheid deur die universiteit) met ongeveer 15–20 voltydse navorsers.

Hy is hoofredakteur van die wetenskaplike tydskrif X-Ray Spectrometry, webwerfredakteur vir spectroscopyNOW, mederedakteur vir Journal of Radioanalytical and Nuclear Chemistry, lid van die redaksie van onder andere Eurasian Journal of Analytical Chemistry (EJAC), e-Preservation Science, International Journal of Pure and Applied Chemistry, die Chinese joernaal Spectroscopy and Spectral Analysis en Atmospheric Pollution Research, mederedakteur, stigter en afdelingsredakteur vir Wiley se Encyclopedia of Analytical Chemistry, lid van die Belgian Royal Academy of Sciences, mededirekteur van die IUPAC-IOCD Working Party on Environmental Analytical Chemistry in Developing Countries, lewenslange erelid van die European X-Ray Spectrometry Association, adviseur vir die International Foundation for Science, lid van die organiseringskomitee van die Denver X-Ray-konferensies, e.d.m.

Hy het al verskeie toekennings ontvang, soos die Delcroix Award for the Marine Environment and Health in 2003 in Oostend (België), die Birks Award in X-Ray Spectrometry in 2008 in Denver (VSA), die CSI Award in 2009 in Budapest (Hongarye), en in 2010 die Outstanding Career Award in X-ray Spectrometry van die European X-ray Spectrometry Association in Coimbra (Portugal).

Hy is outeur en mede-outeur van ongeveer 560 artikels in internasionaal-geakkrediteerde joernale en is al meer as 8 000 keer aangehaal volgens die Web of Sciences. Daar het ook al ongeveer 210 bydraes van hom in konferensieverhandelinge en as boekhoofstukke verskyn, met ’n verdere 13 boeke waarvan hy die outeur of redakteur was.


Die risikoprofiel van Pb en Cr in stedelike padstof

Sanja Potgieter-Vermaak, Herman Potgieter, René van Grieken LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-10-24

"Omgewingsdeeltjies beïnvloed die mens en die omgewing op verskeie maniere en die omvang daarvan hang van ’n aantal faktore af. Hierdie deeltjies hou ’n risiko in vir mens en dier, omdat dit opgeneem word deur inaseming (hetsy deur die mond of neus) en dus biobeskikbaar kan raak."

Top