Pieter Verster

Pieter Verster is op 22 Oktober 1954 in Heilbron in die Vrystaat gebore. Hy het sy skoolloopbaan aan Vrede-laerskool begin, voortgesit by Willem Postma-laerskool in Bloemfontein, en voltooi aan Grey Kollege in Bloemfontein. Hy studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria, waar hy ’n BA (UV), BA Hons ((Grieks) (UP), BD (UP), MA (UV), DD (Sending- en Godsdienskunde) (UP) en DD (Dogmatiek en Etiek) (UP) behaal. Hy is tans navorsingsgenoot en afgetrede professor in Sendingwetenskap van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Verder is hy lidmaat en geordende leraar van die NG Kerk. Hy het in 1996 die prys vir die beste aanbieding by CUM/Radiosondergrense se skrywerskompetisie behaal met die boek Wie het die waarheid beet?. In 2008 is sy boek A theology of Christian mission: What should the church seek to accomplish? (New York: Edwin Mellen Press) gepubliseer. Sy New hope for the poor verskyn in 2012 by SunMedia. Sy mees onlangse boek (2017) is Jesus Christus, Seun van God, is ons versoening: ’n missionêre Christologie. Hy behaal ’n C3-gradering by die NNS (NRF). Pieter is getroud met Ernéne en hulle het twee dogters, Wanda, getroud met Wilhelm Odendaal, en Frida, en ’n seun, Pieter Lafras.

Ligloop op jou lewenspad deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2022-11-01

"Dit is geen oppervlakkige reis van ’n gelowige nie, maar dit lei tot ’n diepgaande ontmoeting met God. Selfs diegene wat uiters onseker geword het en in twyfel verval het, kan met vrug die reis saam met Vos meemaak."

Inferno, vertaal en verklaar deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2022-04-19

"Hy hou in Afrikaans met rym vir die kanto’s van Inferno vol en slaag ook daarin om die essensie van Dante se poësie deur te gee."

Afrikaner-Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2021-09-21

"Onder die huidige omstandighede is dit juis ’n boek wat gelees moet word om meer begrip vir die Afrikaner en sy geskiedenis te vorm en ook te verstaan waarom sekere optredes gevolg het."

Onder die vlerke van jou liefde deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2021-07-30

"Cas Vos se liefdeswerk in hierdie bundel is nie alleen ’n loflied oor die liefde nie, maar is inderdaad ook ’n loflied oor die wyse waarop Afrikaans Bybelse en antieke tekste lewend maak."

Beskut teen vrese deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2020-11-26

"In geheel gesien is die bundel inderdaad ’n bundel wat tot nadenke stem in die krisistyd waarin die mensdom hom tans bevind. Talle verse getuig van groot vakmanskap."

Investigating Christian poetry in Afrikaans with reference to the anthology Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017)

Pieter Verster Academic research 2020-06-11

"Various interpretations of what constitutes religious poetry exist. Should any poem that has some or other religious implication be classified as a religious poem?"

’n Ondersoek na Christelike digkuns in Afrikaans na aanleiding van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017)

Pieter Verster LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-06-11

"Wanneer kan ’n gedig as godsdienstig beskou word? Moet daar spesiale kriteria vir godsdienstige gedigte wees?"

Intiemer tongval

Pieter Verster Poësie 2017-02-13

"net jakobregops is trots
as kappertjies vergeel in die sagte wind,
soos intiemer woorde."

A theological-ethical investigation of the influence of Christian mission on moral values in South Africa

Pieter Verster Academic research 2016-12-14

"The question to be posed is, if it is indeed not in God's law that God determines the relationship with humans in its moral orientation, where should it be?"

’n Teologies-etiese oorweging van die christelike sending en die invloed daarvan op morele waardes in Suid-Afrika

Pieter Verster LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2016-12-14

"Kan die klem op die evangelie en God se wet tot ’n christelike lewens- en wêreldbeskouing lei, asook tot die opbou van ’n gemeenskap en tot moreel-etiese herstel, in ’n tyd waarin korrupsie algemeen is en die waarde van respek vir lewe so misken word?"

The search for God in N.P. Van Wyk Louw’s “Groot ode”

Pieter Verster Academic research 2015-11-20

"The existence of N.P. Van Wyk Louw’s struggle with God is well known."

Die soeke na God in “Groot ode” van N.P. Van Wyk Louw

Pieter Verster LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-11-20

"Ons weet nie ons weet nie
hoe ver die liefde lê nie
die wat sê die weet nie
die wat weet die sê nie."

LitNet Akademies-leesgoed: Pieter Verster

Pieter Verster 2014-04-01 Watter tekste beïnvloed ons akademici? Navorsers en kundiges deel hulle top 3 tekste van die afgelope tyd met LitNet.

Versoening met God in 30 Nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden

Pieter Verster 2013-04-10 "In hierdie artikel word gepoog om die uitgangspunte van Etienne van Heerden in die roman 30 Nagte in Amsterdam rakende die versoening met God te oorweeg."
Top