Phillip Louw

Dr Phillip Louw het 'n D.Litt. in Leksikografie (met die fokus op skoolwoordeboeke) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy het sy loopbaan as deeltydse dosent in die departement Afrikaans en Nederlands aan die US begin, waarna hy na die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal getrek het. Na sewe jaar as mederedakteur van die WAT, het hy in 2005 as senior redakteur by Oxford University Press Southern Africa aangesluit. Sy eerste projek as redakteur vir OUP, die Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek School Dictionary, het die ATKV-Woordwystoekenning in 2008 ontvang. Hy was ook die hoofredakteur van die eentalige Oxford Afrikaanse Skoolwoordeboek wat in 2012 verskyn het. Tans dien hy as “Bestuurder: Woordeboekinhoudsontwikkeling en Tegniese Stelsels” by OUP SA. Sedert 2013 is hy lid van Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en het meegewerk aan die 11de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls

Buite werksverband lees hy graag wetenskapfiksie, grafiese romans en enige literatuur oor outisme. Sy gunstelingskrywers is Neil Gaiman en Alan Moore, en hy kyk graag na enigiets wat Joss Whedon op die skerm sit. Hy is ook 'n onwrikbare Blou Bul-ondersteuner. Sy grootste uitdaging in die lewe is om sy outistiese seuntjie te help en om hom beter te verstaan.

 

Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Phillip Louw Onderhoude 2023-06-05

"[D]ie WAT is die plek waar enige mense wat Afrikaans praat of skryf, hulle taalgebruik geboekstaaf moet vind."

Afrikaans se gideonsbende: die oud- en huidige Taalkommissielede se seminaar op 3 Augustus 2017 – persoonlike waarnemings

Phillip Louw Boeke en skrywers 2017-08-11

"Elke woord wat geskep of vasgelê word, elke poëtiese of prosaïese uiting en sekerlik elke hoëre funksie wat deur die bloedsweet van vele taalstryders verwerf is, is ’n gawe en voorreg. Dit moet gekoester en beskerm word, ja, maar die voorregte moet ook ruimhartig gedeel word."

Oxford Afrikaanse Skoolwoordeboek "bewaar Afrikaans deur skoolonderrig te ondersteun".

Phillip Louw, Naomi Meyer 2013-01-22 "Ek dink byvoorbeeld dat die fokus op Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch tans baie mense se aandag aftrek van ’n veel belangriker saak – die voortbestaan van Afrikaans en die uitbou van die ander amptelike tale as onderrigtale op skoolvlak. Ek sou graag wil sien dat meer akademici en belangegroepe hulle intellektuele energie hieraan bestee."
Top