Petro van Niekerk

Petro van Niekerk matrikuleer in 1969 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria. Sy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar sy haar BA en HOD verwerf. Daarna onderrig sy vir 8 jaar Afrikaans Eerste Taal en Latyn by verskeie skole. Sy doseer in 1983 in die Departement Klassieke aan Unisa. Sy is sedert 1987 verbonde aan Unisa se Fakulteit Opvoedkunde, waar sy in 1992 haar MEd en in 1998 haar DEd in die Vergelykende Opvoedkunde verwerf, met  haar proefskrif getiteld "Transforming education: the role of epistemology". Sy is tans as ‘n vol professor werksaam by Unisa en hoofsaaklik gemoeid met onderwysersopleiding, toesighouding van nagraadse studente en die publikasie van navorsingsartikels. Sy is lid van ‘n aantal vakverenigings soos SASRF (South African Science and Religion Forum), PSSA (Philosophical Society of South Africa), SAERA (South African Education Research Association) en dien al vir 19 jaar op die uitvoerende komitee van SACHES (Southern African Comparative and History of Education Society). Haar akademiese belangstellings sluit onder meer in: die onderliggende invloed van waardestelsels en ideologieë op die onderwysstelsel, die verband tussen kennis en waardes, asook die rol wat teorie deurgaans in die Opvoedkunde speel. Haar mees onlangse navorsing word geïnformeer deur neurowetenskap en kompleksiteitsteorie in hoër onderwys.

Kan leerders uitstyg bo moeilike omstandighede? Ja, hulle kan!

Petro van Niekerk, Estelle Kruger Onderhoude 2017-08-21

"As kinders by hulle opvoeders die boodskap kan kry dat hulle nooit slagoffers van enige situasie hoef te wees nie, dat hulle altyd ’n keuse kan uitoefen om self verantwoordelikheid op te neem vir hulle eie bestemming, kan dit ontsaglik baie tot innerlike veerkragtigheid bydra."

Neuroscientific findings on learning and becoming: Insights from two case studies

Petro van Niekerk Academic research 2017-08-10

"Neuroscience advocates for educational policies and curricula to embody a greater emphasis on humaneness and wholeness, and a lesser emphasis on the measuring of achievements, in order to bring about significance (meaningfulness), reverence and a sense of wonderment."

Neurowetenskaplike insigte oor leer en wording aan die hand van twee gevallestudies

Petro van Niekerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-10

"Indien opvoeders in voeling is met hulle eie waardevoorkeure en affektiewe dimensies, waaronder ook emosionele intelligensie en vermoë om ander te motiveer of te inspireer, kan hulle ’n groot invloed uitoefen op hulle leerders se volwassewording."

Top