Peet Venter

Peet Venter se eerste roman, Die alleenlopers, is reeds in 1979 gepubliseer. Daarop volg ’n verdere nege werke, meestal speurrillers, maar ook geskiedkundige verhale, asook ’n aantal kortverhale in verskeie bundels, almal gepubliseer deur JP van der Walt / LAPA Uitgewers. ’n Verskeidenheid kort- en vervolgverhale verskyn ook in Keur. Venter was aan ’n raadgewende ingenieursfirma in Pretoria verbonde. Hy woon tans op sy plaas in die Dinokeng-bewaria.

Brand: ’n onderhoud met Peet Venter

Peet Venter, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-12-11

"Die kernverhaallyn gaan oor die politieke riller waarin ons land haar bevind. Die pres en sy kliek besef hulle tyd om te roof raak min, maar hulle wil so lank as moontlik aan die mag klou."

Onderhoud: Peet Venter

Peet Venter, Izak de Vries, Carla van der Spuy Skrywersonderhoude 2015-10-02

Peet Venter op 75: "Om ’n meganiese stelsel te kan ontwerp moet ek dit eers in my geestesoog kan sien. Dieselfde met karakters en hulle handelinge. Ek moet hulle kan sien, hoor, voel."

Peet Venter oor Ou Bloed, boosheid en oorbodige woorde

Peet Venter, Carla van der Spuy 2013-08-27 "Is hy soos sy pa, maar net op ’n bloedige manier? Is gewelddadigheid deel van sy psige? Is daar ’n diep, donker plek in hom waar boosheid broei?"
Top