Michele van der Merwe

Michele van der Merwe is as senior dosent in Afrikaansonderrig verbonde aan die Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch. Haar navorsingsfokusse is leksikografie, vakleksikografie, opvoedkundige leksikografie, e-leksikografie, asook taalkunde-onderrig en rekenaargesteunde taalonderrig. Sy is onder andere ’n wenner van die Nuffic-beurs vir postdoktorale navorsing by die Universiteit van Leiden in Nederland. Haar sosiale-impak-projekte sluit die Suid-Afrikaanse Drietalige Wynindustriewoordeboek (finalis vir ’n ATKV Woordveertjie vir leksikografie), sowel as MobiLex-glossarium in.

Task-based grammar education in Afrikaans Home Language grade 4: an innovative approach

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe Academic research 2023-11-27

"Language is described as an instrument for thought and communication which affords learners the opportunity to collect knowledge, to share their identity, feelings and ideas with self-confidence, and to manage their own reality."

Taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vernuwende benadering

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-11-27

"Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie wat leerders bemagtig om kennis te versamel, hulle identiteit, gevoelens en idees met ander te deel en om hulle realiteit te bestuur."

’n Korpusgedrewe benadering tot taalonderrig in Afrikaans

Michele van der Merwe Seminare en essays 2023-11-16

"Die term korpus beteken letterlik 'liggaam', en op die gebied van taalstudie verwys korpus tipies na ’n 'body of texts', ’n versameling van tekste. ’n Korpus is elektronies beskikbaar en kan uit miljoene gesproke en geskrewe woorde bestaan. Dit bevat outentieke taalgebruik en weerspieël dus werklike taalgebruik van taalgebruikers."

Hoe belangrik is ’n boek soos Pharos se KABV-geskikte Grondslagfasewoordeboek? ’n Onderhoud met Michele van der Merwe

Naomi Meyer, Michele van der Merwe Skole 2022-08-16

"Ek wil ’n pleidooi tot die Departement van Basiese Onderwys rig dat woordeboeke nie as aanvullende leermateriaal nie, maar wel as verpligte, voorgeskrewe leermateriaal in skole beskou word. Elke klaskamer moet oor ’n voldoende aantal woordeboeke beskik, sodat onderwysers dit daagliks in lesse kan integreer. As ander Afrika-lande dit kan doen, waarom nie ook ons nie?"

The bridging of pedagogical and technological pedagogical knowledge gaps of Afrikaans Home Language teachers

Ria Taylor, Michele van der Merwe Academic research 2022-04-08

"The investigation determines how teachers develop and broaden their own knowledge bases with regard to the integration of learning technology in order to supplement gaps. The role of the teacher as a lifelong learner was therefore also raised in this investigation."

Die oorbrugging van pedagogiese en tegnologiese pedagogiese kennisleemtes van Afrikaans Huistaalonderwysers

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-04-08

"Die ondersoek bepaal hoe die onderwysers self hul eie kennisbasisse ten opsigte van leertegnologie-integrasie ontwikkel en verbreed ten einde leemtes aan te vul. Die rol van die onderwyser as lewenslange leerder kom gevolglik in dié ondersoek ter sprake."

Focused tasks for the communicative teaching of grammar in the Afrikaans Home Language classroom: a first exploration

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe Academic research 2021-11-10

Nadine Fouché, Marné Pedro and Michele van der Merwe: "In addition, we show that a task-supported grammar lesson can deviate from the design based on the present-practise-use style with which it is usually associated."

Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-10

"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"

Blended learning in the Afrikaans Home Language classroom: teaching approaches and learning technology in harmony

Ria Taylor, Michele van der Merwe Academic research 2021-10-26

"The results of the case study indicate that technology can be the 'vehicle' with which the skills needs of the 21st-century learner can be met through the Afrikaans Home Language curriculum."

Vermengde leer in die Afrikaans Huistaal-klaskamer: onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-10-26

"Hierdie tydperk van afstandonderrig het ook mettertyd in ’n tydperk van hibriede leer (’n variasie op vermengde leer) verander, want onderwysers het terselfdertyd aangesig tot aangesig en virtueel leerders onderrig."

Word ’n aanlyn resensent: ’n multimediagids vir die onderwyser vir ’n resensieles

Marné Pedro, Michele van der Merwe Skole 2020-05-26

Hierdie artikel dien as toeligting vir onderwysers om leerders te help rondom die skryf van sinvolle filmresensies.

Graad 9: Afrikaans Huistaal – Aanlyn resensieles

Marné Pedro, Michele van der Merwe Skole 2020-05-26

Wil jy leer hoe om ’n goeie fliekresensie te skryf? Hier is ’n aanbieding met riglyne wat Marné Pedro en Michele van der Merwe vir LitNet saamgestel het, sowel as ’n klankopname vir elke skyfie.

Vervlegte leer as onderrig-en-leer-benadering vir die 21ste-eeuse leerder – ’n onderhoud

Remona Voges, Marné Pedro, Michele van der Merwe Onderhoude 2020-05-11

"Selfoontegnologie moet egter nie buite berekening gelaat word nie, en juis tydens die inperking weet ons van baie onderwysers wat deurentyd foto’s van leermateriaal, notas en take aan hulle leerders via WhatsApp stuur."

Grendeltyd en e-onderrig: kreatief met kreatiewe skryfwerk

Ria Taylor, Michele van der Merwe Skole 2020-04-28

"Kurrikulum speel steeds die deurslaggewende rol, en tegnologie is slegs die middel waardeur die les afgelewer word. Die onderwyser se rol is steeds dié van beplanner en ontwerper, maar as fasiliteerder neem die onderwyser beheer van die 'muis' en nie andersom nie."

Nasionale inperking: Só kan Afrikaansonnies aanlyn onderrig

Michele van der Merwe, Marné Pedro SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-03-31

"Tydens die korona-afsondering kan taalopvoeders hierdie leervoorkeure van die 21ste-eeuse leerder inspan om te verseker dat onderrig en leer nie gedurende die 21-dae-inperking agterweë bly nie."

Top