Martjie Bosman

Martjie Bosman studeer aan die Universiteit van Pretoria, waar sy in 1985 ’n meestersgraad in Afrikaanse letterkunde behaal. Sy gee twee jaar Wiskunde aan die Hoërskool Warmbad. In 1981 word sy as letterkundenavorser by die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing van die RGN aangestel, maar doen later veral navorsing oor sosiale vraagstukke en landelike ontwikkeling. Sedert 2000 is sy argivaris vir Afrikaanse radioprogramme by die SAUK en word in 2004 as redakteur by Protea Boekhuis aangestel.

Van haar gedigte verskyn sedert 1990 in literêre tydskrifte en sy debuteer in 2003 met die bundel Landelik, waarvoor sy die Ingrid Jonker-prys ontvang. Haar tweede bundel, Toevallige tekens, verskyn in 2010.

Haar belangstelling in Afrikaanse musiek het op twee akademiese artikels uitgeloop, te wete “Het Afrikaanse rock iets vir die Afrikaanse poësie te sing?” in Stilet XV(1), Maart 2003, en “Die FAK-fenomeen: populêre Afrikaanse musiek en volksliedjies” in Tydskrif vir Letterkunde 41(2), Winter 2004.

 

Opgedateer/Updated: 2011-03-08

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Klinkklaar deur Daniel Hugo: ’n resensie

Martjie Bosman Resensies 2021-08-16

"Hierdie bundel met sy skone, grys omslag bevat meer as selfbewuste skrywery oor die rymery; dit staan in die teken van die groter wete van die dood wat onsigbaar skuil in die lewensasem, die besef dat die helder werklikheid kleur verloor het ..."

Charles Malan: 'n Huldeblyk

Martjie Bosman 2011-08-30 Ek sal altyd onthou hoe Charles Malan soggens in die Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) by die RGN se gang afgestap het: met sulke lang treë, aktetas in een hand, ’n klomp boeke onder die arm vasgeknyp. Soms het hy ...

Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Martjie Bosman reageer

Martjie Bosman, Martjie Bosman 2011-03-23 Martjie Bosmanreageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A ...
Top