Marianne de Jong

Marianne de Jong was senior lektor in Literatuurteorie aan Unisa.   Sy studeer aan die Universiteit  Stellenbosch, en die Konstanz-  en Goethe-universiteite in Duitsland.   Sy spesialiseer in resepsieteorie, poststrukturalistiese teorieë, Feminisme en verwante rigtings, asook in die werk van JM Coetzee.   Vir die destydse Suidafrikaan en kleiner literệre tydskrifte het sy satiriese werk gepubliseer. Sy is tans onafhanklike  navorser en skrywer.

Die byvoordele van maskers

Marianne de Jong Menings 2020-12-22

"My vlugkodes skakel aan. Ek word onmiddellik buitengewoon prakties en vinnig. Masker, bra, sleutels – masker want daar is nie tyd om tande te borsel nie; bra al gaan dit ekstra sekondes vat, want ek is bo sestig; sleutels want daar is net twee bosse en die tweede een is by die eienaar in ’n ander dorp. Ek vergeet heeltemal van die virus."

Kunsverwydering by die UK: Marianne de Jong gee haar mening

Marianne de Jong Universiteitseminaar | University Seminar 2016-05-03

"Dit tref my al lankal dat die korporatiewe universiteit en 'transformasie' sulke goeie bedmaats is. Trouens, hulle het saam-saam, soos ‘n akteursegpaar, op die Suid-Afrikaanse akademiese toneel verskyn."

Boekresensie: The Good Story deur JM Coetzee en Arabella Kurtz

Marianne de Jong Resensies 2015-12-02

"Die boek is nie bloot gemik op literêre belangstellendes en Coetzee-aanhangers nie. Lesers wat self al terapie, veral psigoanalitiese terapie, beleef het, sal identifiseer met die pasiënt se frustrasie as ‘n terapeut nie ‘n 'waarheid' oor homself, sy familie of sy baas wil onthul nie. Hulle sal waarskynlik saamstem met Coetzee se verbygaande opmerking dat psigoanalitiese terapie lank en duur is."

Resensie: JM Coetzee and the Life of Writing deur David Attwell

Marianne de Jong Resensies 2015-06-24

"The Life of Writing bring die leser  effektief en intiem van aangesig tot aangesig met die al skrywende skrywer JM  Coetzee."

Top