Louis van der Riet

Louis van der Riet is ’n teoloog, navorser en fasiliteerder. Hy het in 2021 sy doktorsgraad verwerf deur ’n gedeelde graadprogram aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch (US) met die titel “Avowing truth, embodying justice: A theological analysis of truth-telling and transitional justice in South Africa”. Hy is verbonde aan die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy ’n navorsingsprojek oor rasversoening in die Nederduitse Gereformeerde Kerk lei. Hy was van 2019 tot begin 2021 predikant by die  NG Parke-Gemeente in Kraaifontein.  

Van dink na doen: ’n onderhoud met Louis van der Riet

Lidia Rauch, Louis van der Riet Onderhoude 2021-04-01

Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die teoloog Louis van der Riet. Louis het onlangs ’n gesamentlike doktorsgraad aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch voltooi. Hy en Lidia gesels onder meer oor die verband tussen waarheid en oorgangsgeregtigheid, die versoeningsdiskoers in Suid-Afrika, en witwerk.

Geestelike geletterdheid en die sekspolisie

Louis van der Riet Seminare en essays 2015-10-23

"Ons maak foute in die kerk. En dit is goed so. Want is worsteling (dood) en vreugde (opstanding) nie die enigste manier om ons te verlos van onsself nie – van wie ons dínk ons is en van ons vals keuses nie?"

Top