Leon van Nierop

Leon van Nierop is in 1953 in Brakpan gebore. Hy het as omroeper-regisseur by die SAUK in 1975 begin en werk ook as TV-draaiboek-redakteur by die SAUK in die middel 80’s. Hy onderskei hom as regisseur en skrywer van radio- en TV-reekse soos Wolwedans in die skemer, Ballade vir ’n enkeling en Stralerjakkers. Laasgenoemde het vir 1,367 halfuur-episodes geduur. Dit is ook gedeeltelik as TV-reeks op kykNET uitgesaai. Hy het 25 romans geskryf waaronder Vuurvreter wat binnekort by LAPA Uitgewers verskyn, asook ’n kabaret wat by kunstefeeste opgevoer is. Hy skryf al 35 jaar resensies vir verskeie publikasies soos Huisgenoot, You, Drum, DEKAT, Citizen en Beeld. Hy skryf ook rubrieke, verhale, resensies en artikels onder verskeie skuilname.

Hy was vir byna 4 jaar lank hoof van die Filmskool by die Tshwane Universiteit van Tegnologie en was professor in film daar. Hy het twee boeke oor rolprentwaardering geskryf: Seeing Sense on Film Analysis en Movies Made Easy, albei by Van Schaiks. Hy vervaardiger 4 DVD’s waarop sy lesings verfilm is en wat nou by LAPA uitgegee word, gee landwyd klas vir onderwysers in rolprentwaardering en lewer bydraes oor rolprente tot verskeie akademiese voorgeskrewe publikasies.

Hy bied verskeie kursusse in visuele geletterdheid in townships, by skole en by Wits aan. Hy dien op die komitees van verskeie rolprentpryse soos die SAFTAS en dien op die komitee van die Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hy saai op RSG uit en doen ook Monitor se weeklikse rolprentresensies. Hy skryf RSG se eerste en hoogs suksesvolle jeugvervolgverhaal Ratels. Hy was ook TV-vervaardiger van DEKAT TV, het reis insetsels voor die kamera aangebied en die teks en stem vir die program gedoen.  

Hy wen die Caxton Toekenning as beste skrywer van die jaar in 2009 en hy wen die tweede prys in die landwye radiodrama-skryfkompetisie by Sanlam vir gevestigde skrywers in 2009 vir sy drama Twyfelberg. Hy skryf reisartikels vir DEKAT reis+kuier en van sy kortverhale word in voorgeskrewe bundels vir skole ingesluit. Hy reis deur die wêreld waar hy reisartikels oor lande soos Alaska, Suid-Amerika, Amerika en Kuba gedoen het. Hy skryf tans aan ’n nuwe roman Verklikker en werk aan ’n akademiese boek saam met M-Net oor Suid-Afrikaanse rolprente.



Opgedateer/Updated: 2010-03-08
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

 

Het die Oscars nog bestaansreg?

Leon van Nierop Film 2024-03-13

"Alhoewel diversiteit natuurlik baie nodig is, het sekere akteurs daarteen te velde getrek en persoonlik probleme daarmee geopper, omdat 'die regte kunstenaars nie altyd benoem word nie vanweë hierdie reëls'.  Dit word beskryf as die tinsel-faktor, om te skakel met Hollywood se bynaam Tinseltown. Versiering, vergulding en om goud oor te strooi is hier ter sprake."

Nostalgie en films

Leon van Nierop Seminare en essays 2024-03-06

"’n Kyker mymer onlangs: 'Ek is gek oor Ballade vir ’n enkeling, want dit speel af in ’n tyd toe daar nog treine en stasies was', terwyl hy 'Tussen treine' hartseer en uit sy hart sing. Ja. Hoe het tye verander, en die rolprent bied ’n mate van tydelike troos. Pleister op ’n besmette emosionele wond wat nie meer kan genees nie."

All of us strangers: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2024-02-12

"Die rolprent is nie onstuimig in die sin van ’n storm op die flieksee wat jou springmielies oor die rand laat stort nie. Dit krap die siel om."

2024 se Golden Globes was rampspoedig

Leon van Nierop Leefstyl 2024-01-10

"Hoeveel keer het jy gaan koffie maak gedurende die uitsending?"

 

Killers of the flower moon: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-11-27

"Oppenheimer en Killers of the flower moon is amper ’n soort grafskrif vir die krag van ’n rolprent op die wyedoek. Jy moet verdwerg raak deur ’n reuseskerm om werklik geraak te word deur die intieme gruwelstorie wat voor jou afspeel."

Fingernails: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-11-22

"Die rolprent verdien aandag, nie net omdat dit ’n unieke nuwe invalshoek bied op ’n swart komedie nie, maar omdat dit liefde en die aantrekkingskrag tussen mense tegnies in ’n distopiese wêreld ontleed."

Talk to me: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-10-16

"Dit is die grieselrige reis na die eindbestemming wat Talk to me een van die suksesvolste skokfilms van die afgelope paar jaar gemaak het."

Sound of freedom: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-09-12

"Is hierdie vertelling in die oortreffende trap nie dalk die beste manier om die publiek, wat dikwels slegs prentjies kyk, se aandag sodanig te kaap dat hulle gedwing word om emosioneel betrokke te raak nie?"

Akademiepryse 2023: Deleen Bekkerprys vir Beste Draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans – Nico Scheepers

Leon van Nierop Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2023-09-01

Lees Leon van Nierop se huldigingswoord aan Nico Scheepers, die ontvanger van vanjaar se Deleen Bekkerprys vir Beste Draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans.

Leon van Nierop oor Duiwelsroos by Momentum Beleggings Aardklop én Toyota US Woordfees 2023

Naomi Meyer, Leon van Nierop Skrywersonderhoude 2023-08-28

"Niks kom by ’n goeie boek nie. Ek skryf natuurlik ook vir verskeie ander platforms, maar sommige verhale leen hulle absoluut tot die geskrewe woord en die gevoel van papier tussen jou vingers. Dit het Agatha Christie my geleer."

Oppenheimer: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-08-08

"Eintlik gaan Oppenheimer veral oor die geniale fisikus se hoed. Opmerklik dat hy een van die min karakters is wat ’n hoed dra in ’n era toe alle mans met hoede gespog het. Dit isoleer hom nie net visueel van die menigte koue wetenskaplikes wat hom omring of leegtap nie; dit skerm soms gedeeltes van sy gesig of oë af. Maar wanneer Nolan hierdie veelbesproke figuur in fokus kry, pen sy ysblou oë jou teen die muur vas."

Unieke, ontsenuende reeks: Perfume, ’n resensie

Leon van Nierop Film 2023-07-13

Die reeks, "dikwels te stadig en verwronge, smokkel met die kyker se emosies en gewaarwordinge. Dis televisie wat jou vir ure na ’n eerste kennismaking steeds sal teister."

Asteroid City: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-06-19

"Interessant om na te kyk, lekker om oor te debatteer, koel om as ’n meesterstuk te bestempel. Maar vreemd, man, vreemd."

Beau is afraid: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-05-16

"Berei jou dus voor op ’n onthutsende ervaring wat min mense tot die einde sal laat deursit. Sommige mag dit as die grootste meesterstuk van die jaar beskou. Ander mag uitroep: 'Wat de hel?'"

Close: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-04-12

"Letsels mag op die oppervlak heel, maar nie in die siel nie."

Top