Kerneels Breytenbach

Gebore in Johannesburg, word groot in Alberton en matrikuleer aan Hoërskool Alberton 1969. Ná kortstondige argitektuur-studie (Univ. Natal, Durban) spandeer ek 'n jaar in Volkskas voordat ek na Stellenbosch gaan. Verwerf MA in 1976. Daarna verslaggewer by Beeld en Die Burger, waarvan die laaste sewe jaar as Kunsredakteur by DB. Boekeredakteur van 1981 tot 1984. Sluit in 1989 by Human & Rousseau aan, hoofbestuurder van 1995 af tot met samevoeging van H&R en Tafelberg in 2001, waarna ek dien as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers tot met aftrede in 2009. Skryf van 1977 tot 1994 vir Huisgenoot (later ook YOU) oor popmusiek, en oor restaurante onder skuilnaam Braam Kleinhans in Die Burger. Het ook 'n restaurant-rubriek vir Insig behartig. Verwerk Deon Opperman se TV-reekse Hartland en Donkerland in romanvorm. Voorsitter: PEN Afrikaans.

Publikasies:

1992 Morsdood van die honger, Human & Rousseau
1993 Glimlag, Human & Rousseau
2001 Die skoon grapboek, Human & Rousseau
2005 Die lekkerste lekker, Human & Rousseau
2009 Die ding tussen man en vrou, Human & Rousseau
2010 7de Laan Kookboek (skrywer) Human & Rousseau
2011 Piekniek by Hangklip, Human & Rousseau
2011 Blou Maandag (samesteller)
2012 Hartland (verwerker)
2013 Donkerland (verwerker)

Bekronings:

CNA-debuutprys (1993) – Morsdood van die honger

Oor Pete Townshend, Peter Gabriel en meer

Kerneels Breytenbach 2012-11-13 "Die gedagte wat ek toe vandeesweek moes leer aanvaar, is dat daardie selfversekering wat so uit die rubrieke gestraal het, net ’n front was. Die man daaragter was diep onseker van homself en sy rol binne die konteks van populêre musiek."

Oor Therion, Glen Hansard, Diana Krall, AC Newman en Donald Fagen

Kerneels Breytenbach 2012-10-31 "Dit is asof mens skielik in die hemel is. Donald Fagen het nou al vier solo-plate gemaak sedert die ontbinding van Steely Dan."

Oor Jeff Lynne, Kip Hanrahan, Koos Kombuis en John Cale

Kerneels Breytenbach 2012-10-18 "Wat hom nog altyd gered het, is die feit dat hy ‘n besonder goeie produksieleier is, en ‘n bo-gemiddelde komponis ..."

Tempest: Begin by die titel ...

Kerneels Breytenbach 2012-09-27 "Dink net: laat-loopbaan se tema, musiek kon vroeg-loopbaan gewees het …"

Jeugdige onskuld

Kerneels Breytenbach 2012-09-07 Kerneels Breytenbach dink terug oor Malcolm Gooding se Going Gooding op die ou Radio South Africa en maak ’n aftellysie van Gooding se grootste geskenke aan sy luisteraars.

Die perverse genot van dan en wan luister

Kerneels Breytenbach 2012-08-16 "Dit gee my so ’n perverse genot om so elke dan en wan weer na iets te luister wat só uit die mode is dat mens half lekker voel daaroor."

Mal perde en Serbiese blues

Kerneels Breytenbach 2012-08-03 Kerneels Breytenbach bekyk Neil Young en Crazy Horse se jongste album en die werk van die Serbiese blues koningin, Ana Popovic.

Dexys, 27 jaar later

Kerneels Breytenbach 2012-07-19 "Soms word ek snags wakker van drome oor musiek. Ek droom oor CD’s wat só wonderlik is, maar wanneer ek wakker word, is daar geen kans dat hulle bestaan nie."

Psigedeliese kitaarnote en selferkende vegans

Kerneels Breytenbach 2012-07-05 Kerneels Breytenbach luister na Richard Hawley, Blackie and The Rodeo Kings, Joe Jackson, Fiona Apple en Jason Mraz.

Die kat kom terug

Kerneels Breytenbach 2012-06-22 Nuwe uitreikings deur ou bekendes: Billy Bragg & Wilco, Willie Nelson, Patti Smith, Smashing Pumpkins en The Beach Boys.

In Zuma se hande

Kerneels Breytenbach 2012-05-28 Mense lag, huil en baklei daaroor. Die sosiale media gons. Kerneels Breytenbach gee sy mening oor die Brett Murray-skildery.

Boekedag 2012: Kerneels Breytenbach kies 'n karakter

Kerneels Breytenbach 2012-04-19 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Afrikaanse Skrywersunie: inligting oor die stigtingsvergadering

Kerneels Breytenbach, Andries Visagie 2012-02-29 Hierdie kennisgewing word gerig aan almal wat belangstelling uitgespreek het om by die Afrikaanse Skrywersunie aan te sluit.

Kerneels Breytenbach se ses bestes

Kerneels Breytenbach 2012-01-10 Hierdie week kies Kerneels Breytenbach sy gunsteling-webwerwe wat hy dink jy op die proef moet stel.

John Kannemeyer (31 Maart 1939 – 25 Desember 2011) en die uitgewers

Kerneels Breytenbach 2011-12-28 Die afsterwe van John Christoffel Kannemeyer op Kersdag 2011 het groot literêre betekenis vir Afrikaanssprekendes. Dit is nie ’n gewone afsterwe van ’n skrywer of literator nie, maar een wat op unieke wyse die oorgang van een tydvak na ’n volgende in die Afrikaanse letterkunde markeer.
Top